This slideshow requires JavaScript.

Madibadag het begin met 67 minute gemeenskapsdiens of -hulp op die 18de Julie, maar ‘n mens hoef dit nie tot een dag en ‘n paar minute te beperk nie.

  • Maak “Omgee”-pakkies (saam met jou ouers) op om by tehuise (bv. ouetehuise), gemeenskapsdienswerkers (bv. maatskaplike dienste, brandweer, polisie, verpleegsters, weermag…) uit te deel.  ‘n Motiverende boodskap is dikwels skaars en beteken baie.
  • Help vir Mamma of Pappa by die huis.  Probeer dit meer gereeld.
    • Maak die badkamer of kombuis netjies.
    • Vou die skoon wasgoed op.
    • Dek die tafel en dek dit na ete af.
    • Help hulle om inkopies te doen.
  • Help iemand in jou woonbuurt.
  • Skakel jou Oupa en Ouma of skryf vir hulle ‘n brief.
  • Maak jou kamer aan die kant en versamel ou speelgoed, kryte, inkleurboeke en krale om by ‘n skooltjie, ‘n nasorgsentrum of die kerk af te gee.
  • Lees ‘n boek vir ‘n boetie of sussie.
  • Hou jou ou flitskaarte en skoolwerk om vir ‘n maat, ‘n boetie of sussie te gee.
  • Kuier by bekendes en onbekendes in die hospitaal of ouetehuis.
  • As jy oulike vaardighede het (bv. rekenaarvaardighede, handwerk, kunstig), kan jy dit inspan om iets vir ander te skep of om vir iemand te help.
    • Bied aan om die rekenaaronderwyser te help – al is dit net om die rekenaars af te skakel aan die einde van die skooldag.
    • Brei of hekel lappies om ‘n wêreldkombers te skep.
    • Brei komberse in samewerking met jou klas of familie.
    • Ontwerp en stuur serpe vir Story Scarves.

Onthou dat jy nie noodwendig geld hoef te spandeer nie.  Hulpvaardigheid en ‘n glimlag is gratis.

madiba

Die getal: 67