- Klik om te vergroot.
RAAMWERK VIR DIE AANLEER VAN KLANKE IN DIE GRONDSLAGFASE
Dit is nie ‘n moet dat die skryf van klanke noodwendig in dieselfde volgorde aangebied of aangeleer word nie. ‘n Gids wat uit 1997 dateer gee die volgorde as: “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, d, g, s, f, e, aa, ee, oo, uu, ou, ui, eu, ei.”
Hier volg ‘n moontlike kombinasie van klanke en patrone:
Perdjiespring– of wolfpatroon:
Drukskrif: v, w en k (y as die skool die “skerp y” gebruik) – ook later x en z
Hasie hoppatroon:
Drukskrif: m, n, r, l, h, b, p
Swaai– of “Tarzan”patroon:
Drukskrif: u, y, i, j (as die skool die “geronde y” gebruik)
Brander– of seepatroon:
Drukskrif: o, a, e, s, d, g, f, t – en later c en q
Woorde