Tuis

My Valentyn

Lewer kommentaar


Wat doen julle vir Valentynsdag?  Wat van ‘n eenvoudige vriendskapsgebaar soos ‘n kolwyntjie of lekkers?  Knyp ‘n eenvoudige boodskap bo-oor die lekkergoed vas en siedaar!

Lekker Dag 

Vis-kriklike goeie maat

Loer gerus hier na idees uit vorige jare.

Valentynsdag

Lewer kommentaar


my-valentyn

  1. Vlaggies om jou klas te versier: Druk op rooi of wit papier en kram oor ‘n lintjie vas.
  2. Bou woorde met hartjie-klanke…om spelwoorde te oefen, plak op muurprente of ryg die woorde aan linte ter versiering…
  3. of hou ‘n veelvoudige keuse klasvasvra.  Gee vir die kinders die klanke of letters van A tot D en laat hulle die antwoorde oplig.                         [harte 1, harte 2]
  4. Ryg getalle in ‘n eie getallyn in.
  5. Flits vir die outjies somme binne die getalgebied 1 – 10 en laat hulle die antwoord vir jou wys.
  6. Joh 3:16
  7. Valentyn
  8. Valentine
Versierings (vlaggies), Wiskunde (+, -, x…) in die getalgebied 1- 10 en 1- 100, Klanke, Vriendskapswerk [Engels / Afrikaans]

Ouer idees:

My Valentyn: Werksvelle, Flitskaarte, Versierings

This slideshow requires JavaScript.

Valentynsdag idees vir die klas

6 Kommentaar


valentyn

valentynsdag (drukbare kaartjies of boodskappe)

  1. Maklike springmielies:  Skep ‘n 1/4 koppie springmielies in ‘n bruin papiersakkie.  Rol die boonste rand twee tot drie keer om (rol en druk vas).  Plaas die sakkie in die mikrogolfoond en druk die “popcorn” knoppie.  Dit neem ongeveer twee minute en siedaar.  Plak ‘n boodskap op die sakkie en gee dit aan ‘n spesiale maat.  (Die kinders kan beslis self help.)
  2. Gee ‘n toffie appel of ‘n vars appel met ‘n “oogappel”-boodskap vir elkeen in die klas.
  3. Pons ‘n gat aan die een kant van die boodskapstrokie.  Bind dit met ‘n rekkie aan ‘n stokkielekker vas.
  4. Plak ‘n boodskapstrokie om ‘n spesiale potlood of op ‘n liniaal.
  5. Versier elke klasdeur met ‘n vriendskaps-, Valentynsdagboodskap of ‘n Bybelvers (in verband met liefde:  Die liefde).
  6. Deel kinders volgens verskillende klaslyste in pare in.  Skryf dan ‘n opbeurende boodskap, gedig of vers aan die maat, adresseer die koevert (bv. Johan Swart, 3A) en pos dit in ‘n Valentynsdagposbus (bv. in die voorportaal).  Op Valentynsdag, kan die pos af gelewer word.  Die koeverte of kaartjies kan dan in stroke teen die gangmuur geplak word as versiering.
  7. Kry ouers of grootouers om storieboeke in verband met vriendskap of verhoudings in die gesin voor te lees.  Hulle kan ook stories van hul beste herinneringe aan speelmaats deel.  Skep ‘n halfuur op die rooster om dan na die stories te luister.
Tik gerus ook soekterme soos "valentyn" of "valentynsdag" by die bruin 
soekblokkie aan die regterkant in vir idees uit vorige jare.

Valentynsdag

Lewer kommentaar


  • Druk hartjievlaggies op gekleurde papier en gee dit vir die kinders om uit te knip.  Ouer kinders kan die hartjies en agtergrond met uitdraaikryte inkleur (druk hard)…verf dit met effens verdunde voedselkleursel of hou dit so.  Wat van pastelle?
  • Kies boodskapvelletjies (hier onder) en spasieer dit op ‘n A4-vel.  Druk dit op ‘n gekleurde vel of wit papier.  As wit papier gebruik word, kan ‘n mens die prentjies met uitdraaikryte inkleur.
    • Laat die outjies opbouende sinne skryf en plaas dit op die aansteekbord.  Dis soms net lekker om positiewe boodskappe te lees.
    • Versier die personeelkamer se deur met die opbouende boodskappe of…
    • verklein ‘n paar boodskappe op een bladsy en plaas dit in die onderwysers se vakkies.
    • …vergroot ‘n paar boodskappe, kleur die prentjies lekker helder met pastelle in en versier ‘n ingangsportaal of -deur.
    • …plaas foto’s van die boodskappe op die skool se webtuiste.

valentyn1 valentyn2 valentyn3 valentyn4

Sien ook Valentynsdag, My Valentyn en My hartjie…my liefie

valentynsdag

2 Kommentaar


Valentynsdag is amper hier.  Hiermee dan so ‘n paar idees vir geskenke en bederfies…

  • Plant ‘n hartjie:  Maak pienk papierpulp en meng met sade.  Giet dit in ‘n vormpie en laat droog word.  Gee dit as ‘n kaartjie of plaas ‘n hele paar hartjies in ‘n geskenkpakkie.
  • ‘n Hartjie vir die hempsknoop of dalk vir die oorbel?
  • Ryg harte met wol of linte
  • Maak julle eie geskenkdosies (druk die gekleurde weergawes of druk die wit templaat op gekleurde papier).
  • Hartjie koeverte:  Versier ‘n vel papier met patroonwerk (vetkryt) en verf dit met verdunde voedselkleursel.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens ‘n groot hart daarop trek, uit knip en in ‘n koevertjie vou. ‘n Mens kan ook die harte voor af met veselpenne trek of met ‘n rekenaardrukker uit druk en afrol.
  • Hande-hartjie:  Vou ‘n bladsy, trek ‘n hand af (met die duim en wysvinger teen die vou) en knip uit.  Die spasie tussen die duim en wysvinger vorm ‘n hartjie.  Dit kan as ‘n hartjie-kaartjie of as ‘n fotoraam dien.
  • Bak hartjie koekies
  • Maak ‘n verrassingsbroodjie vir die kosblik
  • Skryf op malvalekkers:  Rooi voedselkleursel op malvalekkers
  • Gebruik proppies en verskillende skakerings (pasta-agtige rooi, pienk, wit) verf  om drukwerk binne-in ‘n hartjieraam te doen.  Plaas dit in ‘n raam…of knip ‘n hart uit voordat julle die drukwerk doen om dit bo-op ‘n kaartjie te gebruik.
  • Pak droë bone, neutedoppe of pitte (soos perskepitte) in die vorm van ‘n hartjie.  Gebruik sterk houtlym of gom om nog lae by te voeg en om die dele aan mekaar te heg.  Verf dit rooi, pienk of wit sodra droog en maak ‘n lint daaraan vas (om mee te hang).

my valentyn

4 Kommentaar


http://www.thriftyfun.com/tf90299751.tip.html#

Dit is een van die dae weer Valentynsdag en tyd om jou klas of gesin te bederf…

Soentjies en hartjies:  Maak ‘n groot hart uit karton en verf dit rooi.  Trek ‘n groot hartjies en soentjies (kringetjies en kruisies) raamwerk en siedaar!  ‘n Vinnige speletjie.  Jy kan of los hartjies en kruisies knip vir die speletjie óf julle kan ‘n laag plastiek daaroor plaas.  Gebruik bloot ‘n witbordpen (koki) om die speletjie oor en oor te speel.  Indien ‘n klas dit sou wou maak, kan hulle dit as ‘n speletjiegeskenk vir die gesin maak.  Lamineer dan net die onderskeie dele.

Weef hangende hartjies.  Ryg dit in en hang voor die venster of bokant die swartbord.

Hartjiekryte:  Smelt alle los stukkies vetkryt in vormpies.  Gee vir elke kind ‘n kryt.

Kaartjies:  Hierdie skakel het verskeie oulike kreatiewe kaartjies.

Heel kleintjies:  Gee dikkerige verf in verskeie skakerings van pienk en rooi.  Laat die outjies dan met koekiedrukkers harte op papier druk om kaartjies of geskenkpapier mee te maak.

Swartbordharte:  Maak harte uit karton en verf dit swart.  Skryf dan met wit bordkryt daarop.

Liefdeslekkers:  Verpak lekkers in verskillende verpakkings.  Stik deursigtige paper in hartjievorms en vul dit met klein pienk, rooi en wit lekkertjies.

Vingers:  Sny gate uit groot harte sodat die vingers soos bene kan dans.

Verbind die kolletjies, vergelyk groottes en tel die harte.

1, 2, 3 houtwerk:  Teken die buitelyne van ‘n hartjie op ‘n afval stukkie plank.  Laat die outjie die agtergrond en hartjie met verskillende kleure verf.  Die tradisionele wit, pienk en rooi werk goed, maar jy kan selfs ‘n ligte blou hartjie op blou (ens.) maak.  Kap dan spykers op die buitelyne in of as die outjie behendig genoeg is kan hy dit self probeer.  Draai dan wol, tou, lint of dun draad om die spykers te verbind.

my hartjie…my liefie

2 Kommentaar


Dit is Sondag Valentynsdag en alhoewel die kinders nog nie die romantiese sy van Valenstynsdag ken nie, kan ‘n mens die dag op ‘n spesiale manier vier. Vier die liefde en dinge soos vriendskap en dankbaarheid.

  • ‘n Mens hoef nie die hele dag te spandeer aan Valentynsdag nie, maar kan dalk die volgende idees gebruik…
  • As deel van die Bybelles, kan jy oor aspekte soos liefde (Kor. 13?) praat. Tydens die Skrifles kan ons groot harte (met behulp van ‘n stensil / sjabloon) op ‘n bladsy trek en binne die hart skryf. Juffrou kan dalk ‘n oulike gediggie kies of “liefdessinne” skryf. Na die tyd knip die kinders die harte uit (fynspier oefeninge) en knyp dit met wasgoedpennetjies aan ‘n lang tou vas. Vir ‘n bietjie variasies kan ‘n mens die papier met verdunde rooi kleursel verf…
  • Kyk gerus na die Wiskunde sommetjies wat all kids network beskikbaar stel…As jy die kinders vra om tydens die geletterdheidsbeen stories te skryf, kan julle dít op ekstra groot harte skryf en met tou aan ‘n boom hang. Elkeen wat verby stap, sal wil loer en dit wakker nogal ‘n nuuskierigheid (en leesgierigheid) aan. Indien jy bang is vir die moontlikheid van reën, kan jy die liefdesharte aan kersboomliggies vasknyp en in die gange laat flonker.
  • As jy lus het, kan julle harte uit “filt” lappe sny – so twee verskillende groottes. Werk dit dan met growwe rygsteke al om die rand vas…
    • – om op ‘n kaartjie te plak…
    • – om aan ‘n doekspeld te heg (borsspeld)…
    • – om op ‘n magneet te plak (yskas magneet)…
    • – om op ‘n boekmerk te plak…
  • Bak eenvoudige koekies en druk harte met ‘n koekiedrukker uit. Elke kind versier dan die klaar gebakte koekies…Verpak dit in ‘n spesiale sakkie.
  • Dra jou hart op jou mou:  Maak vriendskaps-armbande uit papier, papierrolletjies en ou linte.  Jy hoef nie noodwendig ‘n hartjie te sny nie, maar kan met enige stensilpons werk.  Plak ‘n breë stukkie lint aan die binnekant van die “venstertjie” en herhaal dit as die “gespe”.  Ouer kinders kan gewone kartonstroke gebruik en oortrek met pienk, rooi of blommetjieslap.
  • Druk ‘n hartjiemotief op kardoessakkies en vul dit met lekkers of ‘n kaartjie.
  • Maak ‘n skoenlapper – met ‘n stokkielekker as die middelpunt.  Kyk ook na die knooprygwerk op dieselfde bladsy.

Verskeie werkvelle en dinge:

Gelukkige Valentynsdag!

%d bloggers like this: