valentynsdag (drukbare kaartjies of boodskappe)
- Maklike springmielies: Skep ‘n 1/4 koppie springmielies in ‘n bruin papiersakkie. Rol die boonste rand twee tot drie keer om (rol en druk vas). Plaas die sakkie in die mikrogolfoond en druk die “popcorn” knoppie. Dit neem ongeveer twee minute en siedaar. Plak ‘n boodskap op die sakkie en gee dit aan ‘n spesiale maat. (Die kinders kan beslis self help.)
- Gee ‘n toffie appel of ‘n vars appel met ‘n “oogappel”-boodskap vir elkeen in die klas.
- Pons ‘n gat aan die een kant van die boodskapstrokie. Bind dit met ‘n rekkie aan ‘n stokkielekker vas.
- Plak ‘n boodskapstrokie om ‘n spesiale potlood of op ‘n liniaal.
- Versier elke klasdeur met ‘n vriendskaps-, Valentynsdagboodskap of ‘n Bybelvers (in verband met liefde: Die liefde).
- Deel kinders volgens verskillende klaslyste in pare in. Skryf dan ‘n opbeurende boodskap, gedig of vers aan die maat, adresseer die koevert (bv. Johan Swart, 3A) en pos dit in ‘n Valentynsdagposbus (bv. in die voorportaal). Op Valentynsdag, kan die pos af gelewer word. Die koeverte of kaartjies kan dan in stroke teen die gangmuur geplak word as versiering.
- Kry ouers of grootouers om storieboeke in verband met vriendskap of verhoudings in die gesin voor te lees. Hulle kan ook stories van hul beste herinneringe aan speelmaats deel. Skep ‘n halfuur op die rooster om dan na die stories te luister.
Tik gerus ook soekterme soos "valentyn" of "valentynsdag" by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir idees uit vorige jare.
Feb 06, 2015 @ 11:28:08
Baie oulike idee, dit sal hulle laat deel voel van die menswees en die opgewondenheid daarom. Ek sal bv dalk nou net ‘n boodskappie wou insit wat sê dat hulle ook Jesus se valentyn is en dat Hy altyd maar altyd vir hulle sal lief wees. OF nie?
LikeLike
Feb 06, 2015 @ 15:36:14
‘n Mens kan dit beslis doen. ‘n Mens moet egter versigtig wees met die bewoording om steeds eerbiedig te wees.
LikeLike
Feb 08, 2015 @ 11:21:23
Ek is ‘n Ouma, wat nou vir die eerste keer by ‘n kleuterskool werk gekry het. Ek geniet die kinderstjies geweldig, maar vind dat “die peuters” tussen een en twee jaar, nog nie volkome verstaan van inkleur, uitskeur en plak nie.
Ons het egter ‘n “leerprogram” wat gevolg moet word en ek vind dit baie moeilik om die kinders te kry om te verstaan en saam te werk. Hulle is tussen een en twee jaar oud.
Ek sal ‘n prentjie vir elke kind gee en teen die tyd dat almal ‘n prentjie het, is die eerstes reeds opgeeet, opgefrommel of in stukke geskeur. Sodra ek dan tyd kry om weer van vooraf te begin, dan is die “tydsduur van die leerproses” reeds verstreke.
Ek hoop om ‘n bietjie raad van u te kry.
LikeLike
Feb 09, 2015 @ 02:32:33
O, gits 😉 Ek is ongelukkig nie opgelei om met peuters te werk nie, maar sal help sover ek kan. Ek sou voorstel dat ‘n mens die blaaie vas knyp aan ‘n bordjie om die skeur slag te verminder. ‘n Mens sou verkieslik genoeg assistente wou hê om met die kunswerk te help. Dalk kan van die outjies ander fynspier oefeninge doen, terwyl ‘n mens met ‘n kleiner groepie (een of twee) kunswerke aan pak. Roteer hulle dan tussen die stasies. Hou ook kleiner stukkies papier gereed vir die skeurwerk, sodat die skade minder is as iets mond toe gaan. ‘n Mens kan seker ook iets gee om te kou (“chewelry” of stukkies vrugte/slaai) sodat die papier nie so aanloklik is nie 😉 Loer gerus ook na Kleuters.co.za en die Facebookgroep PEUTERS vir nog idees. Hier aan die regterkant is ook ‘n skakel na “mylpale” en “Klein Breintjies” 😉 Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 06, 2017 @ 11:20:36
Ek sou graag vir Ouma by kleuterskool raad wil gee siende ek met ‘n hele lot kleuterskole werk. Eerstens vir so ‘n klein kind kan daar nie ‘n formele program gevolg word nie. Daar is wel, maar dit is baie meer eenvoudig. Ek is bereid om dalk ‘n week se voorbeeld deur te gee as dit moet.
LikeLike
Feb 06, 2017 @ 14:04:09
Middag, Zylia 😉
Jy kan met liefde vir Ouma hierheen verwys. Ek sal graag help sover ek kan. Loer gerus ook na die program “Klein Breintjies” – hier aan die regterkant onder “Verskeie skakels” gelys.
LikeLike