Die Krieket Wêreldbeker word vanjaar gesamentlik deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Weet jy hoe Australië en Nieu-Seeland lyk? Australië is bekend vir sy koala-beertjies, kangaroes en eendbekdiere. Nieu-Seeland is baie kleiner as Australië en lê suid-oos van Australië. Die land is veral bekend vir die kiwi vrug en die kiwi voëltjie. Loer gerus na ‘n wêreldkaart om te sien waar dié twee lande is en vind ‘n bietjie meer oor hul unieke eienskappe uit.
Suid-Afrika neem aan die Krieket Wêreldbeker deel. Jy kan die toernooi op jou Android of Apple toestel volg, maar dit bly altyd lekkerder om na die wedstryde te kyk. Loer gerus na die Afrikaanse terme vir veldplasings en kyk of jy dit tydens gesprekke kan gebruik.
Deelnemende lande:
Groep A: Engeland, Australië, Bangladesj, Nieu-Seeland, Afganistan, Skotland, Sri Lanka
Groep B: Indië, Ierland, Pakistan, Suid-Afrika, Wes-Indië, Verenigde Arabiese Emirate, Zimbabwe
Nog Krieket les idees.
Woorde