Die Krieket Wêreldbeker word vanjaar gesamentlik deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Weet jy hoe Australië en Nieu-Seeland lyk? Australië is bekend vir sy koala-beertjies, kangaroes en eendbekdiere. Nieu-Seeland is baie kleiner as Australië en lê suid-oos van Australië. Die land is veral bekend vir die kiwi vrug en die kiwi voëltjie. Loer gerus na ‘n wêreldkaart om te sien waar dié twee lande is en vind ‘n bietjie meer oor hul unieke eienskappe uit.
Suid-Afrika neem aan die Krieket Wêreldbeker deel. Jy kan die toernooi op jou Android of Apple toestel volg, maar dit bly altyd lekkerder om na die wedstryde te kyk. Loer gerus na die Afrikaanse terme vir veldplasings en kyk of jy dit tydens gesprekke kan gebruik.
Deelnemende lande:
Groep A: Engeland, Australië, Bangladesj, Nieu-Seeland, Afganistan, Skotland, Sri Lanka
Groep B: Indië, Ierland, Pakistan, Suid-Afrika, Wes-Indië, Verenigde Arabiese Emirate, Zimbabwe
Nog Krieket les idees.
Feb 10, 2015 @ 16:28:58
Baie dankie vir al die wonderlike idees wat ons altyd ontvang. Ekâs egter in die nood!! Ek moet die menseregtedag vierings by ons skool hanteer, en het nie ân lekker idée wat om met die grondslagfase kinders te doen nie. Ek wil vanjaar dat die kinders self deelneem, en nie na ân toespraak of iets dergliks luister nie! Ek moet bysê dat die leerders van ons skool nie veel hulpbronne tuis het nie, en ek wil nie nog meer op die juffrouens laai nie. Help asb met ân praktiese idée!!
Groete
Riekie Brink
LikeLike
Feb 12, 2015 @ 03:21:10
Hallo, Riekie 😉 Menseregte dag, is een wat ‘n mens versigtig moet hanteer. Ek het vir jou ‘n paar idees saam gestel. Loer gerus na die skakel hierbo 😉
LikeLike
Feb 25, 2015 @ 10:27:12
Hallo, My naam is Uzanne, ek het nou ‘n seun in Gr 1 en sjoe ek sukkel om hom te kry om te leer. Ek verstaan dat Gr 1 is nuut, ek wil net nie hê hy moet agter raak met die werk nie. Hy lees die leesstuk ( Kalla en Biebie) uit sy kop uit maar kyk vir die dak as hy dit lees, wanneer ek dan van die woorde vra kan hy dit nie sê nie. Sy juffrou het gister gesê hy is intelligent hy gebruik net nie sy brein nie. Het jy asb idees hoe ek hom kan kry om te leer en dat dit vir hom lekker sal wees dat hy die sigwoorde sal kan onthou, of selfs geheue speletjies vir ons het nie?
Dankie Uzanne
LikeLike
Mar 06, 2015 @ 03:39:05
Hallo, Uzanne 😉 ‘n Mens kan op sy visuele en ouditiewe geheue fokus – in kombinasie met die hersiening van klanke en sigwoorde. Tik gerus soekterme soos “visuele, ouditiewe, tuis idees, abc, klanke, sigwoord, flits, hersien, ogies…lees, leeslys, nuwe leser, leesreeks…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in vir verskeie idees om te probeer.
LikeLike