Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou. Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken. Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie. Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik. Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank. Die naam vir “a” is A (“aa”). Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”). (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T. Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)
Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy. Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”. Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink. Om die “i” of “uh” te vermy:
1. Sê die klank baie sag.
2. Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.
Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:
‘n Interaktiewe video om te help.
Laai die gratis TinyTap toep op jou foon of tablet en speel dan die bogenoemde video daarop (soek “klank” of kies die Suid-Afrikaanse vlag vir meer).
- a soos die begin van appel
- b soos in rob
- c word in Engels uit gespreek C
- d soos in dak
- e soos in ek
- f soos in fiets
- g soos in gom
- h soos in hoed
- i soos in is
- j soos in jas
- k soos in kat
- l soos in lepel
- m soos in muis
- n soos in hen
- o soos in ot
- p soos in pot
- q soos die naam Q
- r soos in roos
- s soos in son
- t soos in tand
- u soos in rug
- v soos in vis
- w soos in water
- x soos die naam X
- y soos in ys
- z soos in zet
Mar 26, 2009 @ 15:35:42
ek benodig einge hulp my kind begin agter raak in die klas en jufferou ras
LikeLike
Des 06, 2010 @ 14:09:13
Hi julle. Ek is so bly dat ek op die webwerf afgekom het. Ons het ‘n dol jaar gehad en my arme kind het nog nie so baie skool gegaan nie…Die een skool was in Zambia waar dit op die engelse sisteem is en toe in Pta waar dit nou weer op die afrikaanse sisteem…Die laaste 3 mnde is sy nie in die skool nie en ek kan sien dit frustreer haar. Ek kyk nou maar oral waar ek haar kan goed leer. Ek het egter ‘n eiertjie te le…Ek het vir haar die Kleuterverse boek van D.J Opperman gekry…die boek is bietjie duur, maar daar is die oulikste rympies in en daar is verskillende afdelings in en daar is bv tel en alfabet daar in. Ek is baie beindruk! Dit is ‘n MOET he!
LikeLike
Des 06, 2010 @ 18:47:44
Oom Opperman se boeke is beslis die prys werd 😆 ‘n Seuntjie het onlangs ‘n Huppelkind-boek ontdek en omtrent gesit en giggel vir die snaakse rympies en name. Baie sterkte met die skooldinge. Ek hoop julle het reg gekom vir 2011 😉
LikeLike
Jan 25, 2013 @ 10:52:39
Skuus, wat is die boek se naam van DJ Opperman?
LikeLike
Jul 18, 2013 @ 11:53:02
EK glo assosiasie werk goed veral ,met die jonger kind soos in Gr1, prentjies versterk net die assosiasie.
LikeLike
Jul 18, 2013 @ 18:25:12
Ja, ek gebruik ook prente. Dit is ‘n vermenging van ouditiewe persepsie, visuele persepsies en skryfwerk. 😉
LikeLike
Feb 16, 2016 @ 15:06:34
Halo, ek het bietjie raad nodig. my seuntjie is in graad 1 en sukkel om die alfabet te onthou. hy ken dit as dit voor hom is maar as ek se hy moet ‘n letter skryf dan het hy vergeet.
LikeLike
Feb 16, 2016 @ 16:18:35
Middag, Chantelle 😉
Onthou dat die outjies in Graad 1 nie die alfabet leer nie, maar slegs die klanke (a vir appel, b vir bal – nie aa vir appel bee vir bal nie). Doen heelwat ouditiewe oefeninge met hom waar hy geluide moet uitken en dalk die aanvangsklanke van prente moet benoem (Wat hoor jy eerste in bal? Hoor jy d eerste in deur? Watter klank klink anders? d, p, d, d).
Hou die werk baie informeel en “spelenderwys”.
Tik gerus soekterme soos “Graad 1, ouditiewe, klanke, abc, hersien, sigwoord, flits, rym, robotkaart, tuis idees, oefen self” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees. 😉
LikeLike
Jul 28, 2016 @ 09:11:19
goeie more, ek is n werkende mamma van ‘n graad R leerdertjie en sy sukkel om klanke te identifiseer en syfers woorde is daar enige raad om maklik en n speel leer vir haar te doen?, ek is bja min by die huis maar probeer met my bietjie tyd haar ook help met skool werkies, eks regs en sy is link dis nogal n sukkel met skryf hulp, baie danki
LikeLike
Jul 28, 2016 @ 13:53:56
Middag, Zirkia 😉
‘n Mens kan op Graad R-vlak nog lekker in die motor (on the go) rympies en luisterspeletjies speel. Gebruik ‘n kombinasie van prentjies en woorde, sodat sy die assosiasies kan maak. Op syferkaarte, sal sy die kolle kan tel. Later kan ‘n mens ‘n blokkie oor die prentjies plak (soos ‘n deurtjie wat sy kan oplig as sy gou wil loer) en vra dat sy met ‘n potlood bo-op die blokkie skryf. Herhaling gaan beslis help.
Vir die skrif en ander oefeninge, kan jy soekterme soos “handspier, fynspier, potloodgreep, knip, skrif, abc skryf, skryf, patrone…oefen self, tuis oefen, tuis idees, perseptuele, links en regs, linkshandigheid, visuele, oogsorg, ogies, rympies, stories, liedjies, ouditiewe, klanke, robotkaart, flits, syfer, Graad R, Graad 1…Android, iPad, App, e-boek, Teacha” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”-hofie hier bo.
Gereelde speel- of oefentyd, gaan beslis help 😉
LikeLike
Aug 18, 2016 @ 11:04:36
Goeiemore! Enige raad om my seuntjie te help leer die letter r uitspreek? Hy vervang dit met l, en ongelukkig haak dit vas as hy die woordjie moet uitskryf. Ons het al die rympie “Rina ry ‘n rooi Ferrari” vir hom geleer, maar dit is asof hy te vinning tou opgooi, sodra hy teveel sukkel.
LikeLike
Aug 18, 2016 @ 15:01:40
Middag, Nannie 😉
Hoe oud is die outjie? Die ontwikkeling/uitspraak van die “r”-klank geskied soms later. ‘n Gesoute spraak- en taalterapeut gaan egter vir julle die beste raad kan gee – veral as die uitspraak tot spelprobleme lei.
LikeLike
Mar 02, 2019 @ 12:31:48
Ek het hierdie jaar vir die eerste keer ‘n graad R (remediërende) klassie, na baie jare in die gronslagfase. Wat is die beste volgorde om die klankies aan die outjies voor te stel?
LikeLike
Mar 02, 2019 @ 15:23:50
Hallo, Elzette 😉
Volgens ‘n ou gids, is dit “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, d, g, s, f, e, aa, ee, oo, uu, ou, ui, eu, ei.”
Tik gerus “robotkaart, abc skryf, potloodgreep, knip, handspier, fynspier, klanke, abc…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
LikeLike
Jun 10, 2021 @ 15:30:59
Goeie dag juffrou my seun sukel met klanke en sy juffrou se hy moet eers kan klank voor hy kan lees wat kan ek doen om hom te help hy 11
LikeLike
Jun 10, 2021 @ 17:49:56
Middag, Bianca 🙂
Is hy 11 jaar oud? ‘n Mens sal waarskynlik met die leerondersteuningsopvoeder wil gesels om te hoor of die skoolsielkundige die outjie kan toets om raakvat idees te gee.
Intussen kan julle die app/toep “TinyTap” aflaai en dan na hierdie aktiwiteit gaan om die uitspraak van klanke te hersien. [https://www.tinytap.com/activities/glpf/play/klanke-afrikaans] Daar is ook ‘n Engelse weergawe: https://www.tinytap.com/activities/gmpz/play/sounds-of-the-alphabet-copy.
Loer na hierdie take om die klanke te oefen en loer ook na die hofie “Drukbare Bladsye” – waar meer gratis opsies gelys is. https://juffer.files.wordpress.com/2018/08/alfabetprettake.pdf,
https://myklaskamer.com/2008/10/01/sigwoorde-of-hoe-frekwensie-woorde/, https://juffer.files.wordpress.com/2018/08/sigwoordjies.pdf,
https://myklaskamer.com/2009/12/14/komponente-van-lees/,
https://myklaskamer.com/2013/02/09/flits/, https://myklaskamer.com/2020/03/29/gratis-leesboeke/. Tik ook soekterme soos “klanke, hersien, dubbelklanke, tweeklanke, drieklanke, ogies…visuele…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die ‘verkorte inhoudsopgawe’ vir verskillende idees om te probeer.
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike