Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou. Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken. Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie. Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik. Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank. Die naam vir “a” is A (“aa”). Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”). (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T. Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)
Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy. Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”. Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink. Om die “i” of “uh” te vermy:
1. Sê die klank baie sag.
2. Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.
Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:
‘n Interaktiewe video om te help.
Laai die gratis TinyTap toep op jou foon of tablet en speel dan die bogenoemde video daarop (soek “klank” of kies die Suid-Afrikaanse vlag vir meer).
- a soos die begin van appel
- b soos in rob
- c word in Engels uit gespreek C
- d soos in dak
- e soos in ek
- f soos in fiets
- g soos in gom
- h soos in hoed
- i soos in is
- j soos in jas
- k soos in kat
- l soos in lepel
- m soos in muis
- n soos in hen
- o soos in ot
- p soos in pot
- q soos die naam Q
- r soos in roos
- s soos in son
- t soos in tand
- u soos in rug
- v soos in vis
- w soos in water
- x soos die naam X
- y soos in ys
- z soos in zet
Woorde