
April is Outisme Bewustheidsmaand en die 2de is Outisme Bewustheidsdag. Loer gerus hier na inligting oor kenmerkende gedrag of kentekens. Dr. Temple Grandin is iemand wat haar eie ondervinding en kennis deel. Mense wat hul eie stories deel, bring ‘n nuwe perspektief. Ek werk daagliks met outjies op die spektrum. Dit is altyd interessant om elkeen se unieke talente en belangstellings te leer ken. Snuffel gerus en luister na elkeen se stories. Hoe meer ons leer, hoe beter kan ons ondersteun.

Aarde Dag is een van daardie spesiale dae waarop ons kinders van goeie gebruike kan leer. Waarom moet ons omgee en ons omgewing skoon hou? Hoe kan ons dit doen en ons omgewing oppas?

Op die 23ste kan ons Boeke Dag, Boeke Nag en Kopieregdag vier. Gesels met die bibliotekaresse oor oulike boeke wat ‘n mens gedurende die dag en nag kan lees. Is daar boeke oor nagtelike manewales of diere wat in die nag baljaar (byvoorbeeld uile)? Wat beteken kopiereg en hoekom is dit so belangrik? Bespreek gerus die onderwerp en moedig eie werk aan.


Pikkewyndag is ‘n oulike dag waarop ‘n mens soos ‘n pikkewyn kan loop en kyk hoe hulle beweeg en lewe. Dra swart en wit, maak maskers en samel geld vir ‘n gepaste organisasie soos Sanccob in.

Bespreek die oorsprong van die dag. Dra gerus klere in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag of iets wat jou aan die Suid-Afrikaanse embleme herinner.

Onbaatsugtigheidsdag of Pay it Forward Day is geskoei op ‘n fliek of ‘n idee wat in die vroeë 2000s ontstaan het. Die idee is om ander te help en te motiveer om self ander te help. Sodoende kring die beweging weier en weier uit. Daar is verskillende webwerwe met oulike idees beskikbaar.


































Laat 'n boodskap