Tuis

April

Lewer kommentaar


April is Outisme Bewustheidsmaand en die 2de is Outisme Bewustheidsdag. Loer gerus hier na inligting oor kenmerkende gedrag of kentekens. Dr. Temple Grandin is iemand wat haar eie ondervinding en kennis deel. Mense wat hul eie stories deel, bring ‘n nuwe perspektief. Ek werk daagliks met outjies op die spektrum. Dit is altyd interessant om elkeen se unieke talente en belangstellings te leer ken. Snuffel gerus en luister na elkeen se stories. Hoe meer ons leer, hoe beter kan ons ondersteun.

Aarde Dag is een van daardie spesiale dae waarop ons kinders van goeie gebruike kan leer. Waarom moet ons omgee en ons omgewing skoon hou? Hoe kan ons dit doen en ons omgewing oppas?

Op die 23ste kan ons Boeke Dag, Boeke Nag en Kopieregdag vier. Gesels met die bibliotekaresse oor oulike boeke wat ‘n mens gedurende die dag en nag kan lees. Is daar boeke oor nagtelike manewales of diere wat in die nag baljaar (byvoorbeeld uile)? Wat beteken kopiereg en hoekom is dit so belangrik? Bespreek gerus die onderwerp en moedig eie werk aan.

Pikkewyndag is ‘n oulike dag waarop ‘n mens soos ‘n pikkewyn kan loop en kyk hoe hulle beweeg en lewe. Dra swart en wit, maak maskers en samel geld vir ‘n gepaste organisasie soos Sanccob in.

Bespreek die oorsprong van die dag. Dra gerus klere in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag of iets wat jou aan die Suid-Afrikaanse embleme herinner.

Onbaatsugtigheidsdag of Pay it Forward Day is geskoei op ‘n fliek of ‘n idee wat in die vroeë 2000s ontstaan het. Die idee is om ander te help en te motiveer om self ander te help. Sodoende kring die beweging weier en weier uit. Daar is verskillende webwerwe met oulike idees beskikbaar.

Boeke Dag en Nag

Lewer kommentaar


Op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag en baie mense vier ook Wêreld Boeke Dag. Dit is ook Kopieregdag. Wat is dit en hoe kan ‘n mense met ouer kinders oor kopiereg gesels wanneer hulle navorsing doen en take skryf? Moedig gerus ‘n bronnelys of bibliografie aan.

Deel gerus ‘n leeslysboekmerkie, lees boeke op ‘n toestel (rekenaar, slimfoon, tablet), skakel die onderskrifte vir videos aan lees saam. Trek soos ‘n boekkarakter aan of versier die klasdeur soos jou gunstelingboek se voorblad.

Boeke en Sprokies

Lewer kommentaar


Ons vier Sprokiesdag op die 26ste Februarie. Trek soos ‘n sprokieskarakter aan of lees ‘n storie in meer as een taal. Hoe verskil die weergawes en hoe kom dit ooreen?

Op die sewende Maart, is dit Wêreld Boeke Dag en op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag. Lees boeke oor ‘n spesifieke tema of boeke wat deur ‘n spesifieke outeur geskryf is. Kies ‘n bekende storie en kyk of julle dieselfde storie in ander lande kan opspoor. Hoe lyk Rooikappie se voorblaaie in verskillende wêrelddele of hoe lyk die tale (bv. Afrikaans, Engels, Spaans, ens.).

Trek die gordyne toe om die vertrek donkerder te maak en versier die klas met sterre. Bou ‘n fort in die klas en lees met behulp van flitsligte of lampies.

Biblioteekweek duur van die 18de tot die 24ste Maart. Lees ‘n boek of luister gerus na ‘n storie. Herrangskik julle leeshoekie, samel geld in vir ‘n nuwe boek of vra gerus vir skenkings. Lekker lees!

Boeke, Boeke, Boeke

Lewer kommentaar


Tydens die eerskomende Biblioteekweek fokus ons daarop om die biblioteekdienste te herontdek. Daar is ‘n Boeke Dag op die 3de Maart (Verenigde Koninkryk) en een op die 23ste April. Die 23ste April dien ook as Boeke Nag – wanneer ‘n mens ‘n lees aand by die skool of tuis kan reël.

Wêreld Boeke Nag

Lewer kommentaar


Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.

Wêreld Boekedag

Lewer kommentaar


1 Maart en 23 April word onderskeidelik as Wêreld Boekedag beskou.  23 April is ook Boekenag.

lekker om te lees [boekmerk]

Het jy ‘n wenslys van boeke wat jy graag sou wou lees?  Vir wie sou jy dit lees?  Sou jy vir jou maat, ‘n onderwyser, ‘n troeteldier of ‘n speelding wou lees?

Wat kan jy lees?  ‘n Digbundel, lirieke, stories, resepte, advertensies, die koerant, flitskaarte, ‘n tydskrif of wat van iets op ‘n tablet?

Trek soos jou gunstelingkarakter aan en vier dié dag op ‘n prettige wyse saam met jou klasmaats.

Tik gerus soekterme soos “lees, komponente, flits, sigwoord, leeslys, leesreeks, boeke dag, boeke nag, boekmerk, biblioteek…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir idees uit vorige jare.

 

Wêreld Boeke Nag

Lewer kommentaar


boeke nag

23 April is Wêreld Boeke Nag.  Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister.

Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees.

Boeke Nag, 23 April

2 Kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.

boekenag

Klik gerus op die onderstreepte woorde om na verskillende skrywes te gaan.  Tik ook soekterme soos “biblioteek, boek, boekedag, lees, boekmerk, nuwe leser, taal” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees om tuis te probeer.

boeknag boekmerk boekmerk nag Boekmerk wit Lees boek

Wêreld Boeke nag

Lewer kommentaar


  • Pak vanaand die boekrak reg,
  • rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur),
  • maak boekmerkies vir elke gesinslid,
  • begin ‘n boeke spaarblikkie,
  • besoek die biblioteek,
  • raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie,
  • lees vir mekaar,
  • maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en
  • neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek.  Druk die foto’s uit maak ‘n muurcollage.  Indien jy dit in jou klas se leeshoekie wil begin, neem maandeliks foto’s en inspireer mekaar.
  • Indien julle boeke het om te skenk, plaas ‘n boodskappie voor-in.

Lekker lees!

Tik ook soekterme soos “boek, biblioteek, taaldag, lees, eboek, leeslys, leesreeks” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.