Tydens die eerskomende Biblioteekweek fokus ons daarop om die biblioteekdienste te herontdek. Daar is ‘n Boeke Dag op die 3de Maart (Verenigde Koninkryk) en een op die 23ste April. Die 23ste April dien ook as Boeke Nag – wanneer ‘n mens ‘n lees aand by die skool of tuis kan reël.
Boeke, Boeke, Boeke
Februarie 17, 2022
afrikaans biblioteek, biblioteekweek, boeke dag, boeke nag, Boekedag, boekenag Lewer kommentaar
Wêreld Boeke Nag
April 18, 2021
2021, lees boeke, boeke nag, boekmerk, boekmerkies, lees Lewer kommentaar

Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
Wêreld Boekedag
Februarie 21, 2018
lees biblioteek, boeke, boeke nag, Boekedag, boekmerk, leeslys Lewer kommentaar
1 Maart en 23 April word onderskeidelik as Wêreld Boekedag beskou. 23 April is ook Boekenag.
lekker om te lees [boekmerk]
Het jy ‘n wenslys van boeke wat jy graag sou wou lees? Vir wie sou jy dit lees? Sou jy vir jou maat, ‘n onderwyser, ‘n troeteldier of ‘n speelding wou lees?
Wat kan jy lees? ‘n Digbundel, lirieke, stories, resepte, advertensies, die koerant, flitskaarte, ‘n tydskrif of wat van iets op ‘n tablet?
Trek soos jou gunstelingkarakter aan en vier dié dag op ‘n prettige wyse saam met jou klasmaats.
Tik gerus soekterme soos “lees, komponente, flits, sigwoord, leeslys, leesreeks, boeke dag, boeke nag, boekmerk, biblioteek…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir idees uit vorige jare.
Wêreld Boeke Nag
April 18, 2017
afrikaans boeke nag, lees Lewer kommentaar
23 April is Wêreld Boeke Nag. Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister.
Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees.
Boeke Nag, 23 April
April 20, 2016
Wêreld Boeke nag
April 23, 2015
afrikaans boek, boeke nag, lees Lewer kommentaar
- Pak vanaand die boekrak reg,
- rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur),
- maak boekmerkies vir elke gesinslid,
- begin ‘n boeke spaarblikkie,
- besoek die biblioteek,
- raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie,
- lees vir mekaar,
- maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en
- neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek. Druk die foto’s uit maak ‘n muurcollage. Indien jy dit in jou klas se leeshoekie wil begin, neem maandeliks foto’s en inspireer mekaar.
- Indien julle boeke het om te skenk, plaas ‘n boodskappie voor-in.
Lekker lees!
Woorde