getallyn
Augustus 27, 2013
afrikaans getallyn 5 Kommentaar
Hoe kan ‘n mens Graad 1’s met getallyne help? Ongelukkig is daar min getallyn voorbeelde in Afrikaans beskikbaar. Loer egter gerus na die Engelse opsies.
‘n Belangrike aspek om te onthou is dat die outjie moet kyk na die rigting waarin die getalle styg of daal. Loop die getallyn van links na regs? af? op? (Dink aan ‘n termometer.) Begin by ‘n gegewe getal en tel dan terug/aan (plus/minus). Speletjies soos “slangetjies en leertjies” help om hierdie konsep te ontwikkel en dan kan ‘n mens natuurlik ‘n liniaal inspan as plaasvervanger as die regte opsie ontbreek. Kyk na ‘n kalender en probeer om dit as ‘n getallyn te gebruik.
Aug 27, 2013 @ 20:48:12
n 100-blok kan ook gebruik word.
LikeLike
Aug 28, 2013 @ 18:43:19
Ja. Daar is een onder die drukbare bladsye beskikbaar 😉
LikeLike
Feb 13, 2014 @ 21:20:18
Getallelyne is baie belangrik nie net vir die ontwikkeling van heelgetalle maar ‘n later stadium ook desimale breuke. Om ‘n getallelyn van links na regs voor te stel is soms moeilik vir die kleintjies.
Getallelyn op die vloer
Begin om ‘n getallelyn op die grond te teken. Laat die kind op die strepie staan wat 0 sal wees. Vra dan die kind om die eerste tree te gee tot by die tweede strepie. Laat die kind weer agtertoe tree. Se dan aan die kind dat ons by 0 begin en dan een stappie vorentoe stap.
Ek
Vertikale getallelyn
Teken ‘n getallyn lyn op die muur of plak met maskeerband. Die eerste strepie is op die vloer, en dan dan volg die tweede strepie. Se vir die kind dit is soos ‘n gebou. Jy staan op die grondvloer, dit is nul, en dan gaan een stappie op, dit is een.
Horisontale getallelyn
Die een wat ons ken.
Ek kan vir jou diagramme stuur wat dit wys.
Dit is ook belangrik om vir die kind getallelyne te gee sonder getalle, fokus meer op die semi-konkrete vlak.
As die kind tot 10 kan tel op ‘n getallelyn is dit belangrik dat hy of sy dan in tiene tel (gaan google “empty number line”) ons maak baie keer die fout om direk in 2s, 3s, 4s, 5s wil tell maar na 1 kom tel in 10ne want ons werk in die desimale sisteem.
Die inleiding van die “empty number line” gebruik mens krale. So wanneer die kinders gevra word om vir jou bv, 34 te wys dan tel hul 10, 20, 30,…31, 32, 33, 34….dit demonstreer ook die groot verskil tussen “count all” en “count on”.
Die bostaande is n opsomming van my werkswinkel wat ek al vir 8 jaar aandbied oor getallelyne. Ek doen ook nog baie meer lekke aktwiteite tot en met die optel van 2 syfer getalle.
Groete,
Liezel
LikeLike
Feb 08, 2018 @ 22:18:39
Help my asb met getallyn vir 75 100_ 150_
LikeLike
Feb 09, 2018 @ 15:22:05
Hallo, Gwennith 😉 Jy kan ‘n honderdblok en ‘n 1 000-blok hier kry of op die skakels onderaan die skrywe klik vir getallyn opsies.
LikeLike