Die nuwe Onderrigplanne is einde April gepubliseer.
Grade 2 Life Skills: Die Onderwysdepartement het ‘n Wiskunde Onderrigplan gelaai.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
April 28, 2021
2021, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, vraestelle ATP, Basislyn, Onderrigplanne 4 Kommentaar
Die nuwe Onderrigplanne is einde April gepubliseer.
Grade 2 Life Skills: Die Onderwysdepartement het ‘n Wiskunde Onderrigplan gelaai.
April 27, 2021
April 18, 2021
Pay it Forward Dag is een van daardie dae wat ‘n mens eintlik elke dag in gedagte kan hou. ‘n Mens kan mos maar altyd die deur vir iemand oop hou of ‘n kompliment gee. Met die huidige gesondheidsmaatreëls is die mededeelsaamheid effens moeilik, maar daar behoort tog iets te wees wat ‘n mens kan doen om ‘n glimlag op ‘n medemens se gesig te plaas.
Dit maak nie saak wat ‘n mens vir die ander persoon gee of doen nie, solank jy nie iets in ruil verwag nie. Hou dit eenvoudig, haalbaar en goedkoop. Jy hoef natuurlik nie ver te soek nie. Daar is altyd iets in en om die huis waarmee jy kan help 🙂
April 18, 2021
2021, lees boeke, boeke nag, boekmerk, boekmerkies, lees Lewer kommentaar
Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
April 16, 2021
April 13, 2021
2021 Bybel, Bybelstories, Hemelvaart, lofsang Lewer kommentaar
Ons vier Hemelvaart op die 13de Mei. Loer gerus hier na ‘n paar liedjies en idees vir dié spesiale dag.
Hemelvaart: Drukbare lesidee
Die Hemel: Oudioboek (vir kinders), Groter prente (inkleur), Kleiner prentjies
Heaven: Audiobook for children, Larger pictures to colour, A smaller version, Colour
Allerbeste Stories uit die Kinderbybel, Volume 3
April 2, 2021
2021, Inklusiewe Onderwys, outisme outisme Lewer kommentaar
Outisme dek ‘n enorme spektrum – wat daarop dui dat elke kind met outisme, ‘n unieke kombinasie uitvalle en besondere talente kan hê. In Amerika, is die voorkoms van ASD (Autism Spectrum Disorder of Outisme) bykans 1 uit elke 58 kinders en wêreldwyd word soortgelyke statistieke gelys. Die moontlikheid dat jy waarskynlik kinders op die spektrum in jou klas kan kry, bestaan wel en alhoewel ons nie alles reg kan doen nie, sal ‘n bewustheid, deernis en aanpassings ‘n goeie beginpunt wees. Sover moontlik, sal dit altyd wenslik wees om as ‘n span saam te werk om elke kind se unieke vaardighede te ontwikkel en om hom of haar bes moontlik te ondersteun. Gesels met die ouers, betrokke terapeute en kollegas om te verseker dat almal saam werk om haalbare doelwitte te bepaal.
Hoe lyk outisme of watter kenmerkende eienskappe het jy al waar geneem?
Praat gerus met ‘n arbeidsterapeut (wat opleiding in sensoriese integrasie het), om raakvat idees vir elke unieke kind te kry.
Ons gaan beslis nooit alles kan verstaan of reg kan doen nie, maar die bereidwilligheid om meer te leer, werkswinkels by te woon, verslae te lees en om ‘n pad met die leerder (en ouers) te stap – is reeds ‘n goeie tree vorentoe. Gebruik April (die maand ter bewusmaking van Outisme) om ‘n bietjie meer te wete te kom.
Woorde