Môre! Vir dié wat graag die dubbel-, twee- en drieklanke wil vaslê of ‘n muurkaart wil maak het ek so ‘n paar voorbeelde geplaas…(loer onder drukbare bladsye)
- Knip elke blok apart uit en plaas dit op ‘n A4-karton sodat julle nog woorde met die klanke daarin kan byvoeg…Steek dit teen ‘n kennisgewingbord vas of liaseer dit in ‘n lêer of selfs ‘n ou skoolboek.
Gebruik die woorde in beskrywende sinne of om dit selfs lekkerder te maak, kan julle ‘n dobbelsteen gooi en daardie aantal woorde aftel om ‘n woord vir die sin te kies. Die dobbelsteen werk goed vir outjies wat regtig nie van sinne hou nie.
- ‘n Ander opsie is om deur ou tydskrifte te blaai en om woorde met hierdie klanke uit te sny. Kies woorde uit opskrifte om op die onderskeie blaaie te plak (natuurlik kan die kleingoed die knip en plak werk doen as jy die bladsy uit geskeur het).
- Kies ‘n woord (bv. met behulp van die dobbelsteen) en kyk hoeveel rymwoorde julle kan vind. Kan julle jul eie rympies vir elke klank maak?
- Druk die dokument genaamd “Tweeklanke woordsoeke” wat ek tydens die Sokker Wêreldbeker opgestel het uit. Gebruik verskillende kleure om die onderskeie woorde te kry.
- Kyk ook na die legkaarte onder “drukbare bladsye” en die verskillende idees of aktiwiteite om volgens kalenderdae te doen.
Lekker speel en lekker leer 😉
Jul 21, 2011 @ 16:28:23
Hallo Juffer
As oud- Graad 1 juffrou is Klanke nog altyd na aan my hart! Dalk is daar mammas of juffrouens wat my wil kontak.
Afgesien van die rubberstempeltjies, maak ons natuurlik ook klein magneet -klankstelletjies vir woordbou vir leerders se individuele gebruik op die yskas tuis of op blik-skinkborde en bakplaatjies, asook metaal klaskamerskryfborde.
Die lekkerte is dat daar nie gedurig hordes los kaartjies oor die vloer gesaai is nie!
Groete
Alta Scholtz
083 462 8822
LikeLike
Jul 21, 2011 @ 20:03:23
Hallo, Alta! Ek het net vanmiddag nog van jou stempels gebruik 😆 Ek het nie besef dat julle magnete ook maak nie – sal dadelik my kollegas laat weet 😉
LikeLike
Jul 21, 2011 @ 20:12:46
Ek is n leerondersteuningsjuffrou, wil graag meer weet van die rubberstempels en magnete.
LikeLike
Jul 23, 2011 @ 09:07:03
Môre, Marina 😉 Ek het ‘n voorbeeld van die stempels, maar jy sal vir Alta direk moet skakel om ‘n volledige pamflet te vra. Hulle verkoop klaar gemaakte stempels én jy kan jy eie stempels (met naam en verstelbare datumstempel) laat maak.
LikeLike
Mei 23, 2016 @ 11:18:17
More, baie dankie vir die goeie wenke, ek pas dit suksesvol toe. Ek is ‘n afgetrede opvoeder en help Hkosa sprekende leerders om hul Afrikaans te verbeter en pas u wenke toe. Weer eens baie dankie.
Peggy
LikeLike
Apr 13, 2022 @ 14:10:28
Hoe kan ek die kaarte by jou koop of aflaai
LikeLike
Apr 13, 2022 @ 16:04:58
Hallo, Cornelia 🙂
Jy kan ‘n gratis profiel op Teacha skep en dan hierdie skakels direk na die onderskeie kaarte, ens. volg. Laai dit in jou mandjie en sodra jy gereed is om te betaal, kan jy op die trollie bo, in die hoek van die webblad klik om deur die stappe te gaan. Toets die proses gerus eers met ‘n gratis produk of twee:
https://www.teacharesources.com/product/sinne-klanke-en-woorde/,
https://www.teacharesources.com/product/n-enorme-klanke-mengelmoeskardoes/
Sien ook:
https://www.teacharesources.com/seller/my-klaskamer-juffer-se-winkel/?filter=1&pa_language=afrikaans&min_price=0&max_price=30&pa_caps=afrikaans,afrikaans-first-additional-language,afrikaans-home-language
en
Loer gerus hier aan die regterkant na die verkorte inhoudsopgawe om meer artikels te lees – wat dikwels gratis dokumente insluit – asook na die hofie ”Drukbare Bladsye” bo-aan My Klaskamer. Daardie dokumente (soos die flitskaarte en gratis velle), kan jy direk aflaai of uitdruk.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike