Tuis

2012

Lewer kommentaar


Het jy al jou kind by die nuwe skool gaan inskryf vir 2012?  Opskud!  Tyd vlieg, die skole raak vol en die derde kwartaal is alweer hier.

 

 

‘n oulike perspektief

Lewer kommentaar


kleur

Lewer kommentaar


kleurScreen Shot 2015-09-02 at 8.49.07

Hiermee ‘n paar feite oor kleure-en-die-kleurwiel; asook kleur-en-beskrywende-sinne (die hersiening en toepassing van kleurwoorde in beskrywende sinne).  Dit word dikwels benodig vir kunslesse, maar is sommer handig vir algemene kennis.  Hersien die name van kleure in Engels en doen ‘n paar eksperimente met voedselkleursel.

kleurwoorde (skryf in kleur)

colour trace

kleur flitswoorde

colour wheel

Hoezit artikels:  Kleur 1, Kleur 2, Kleur 3

Kleur

dokter

Lewer kommentaar


T het gevra vir buitespel idees met die tema dokter.

Dokter is ‘n bietjie moeilik as ‘n mens die veiligheids-aspek in ag moet neem. ‘n Mens kon seker lekker spuitwerk met verskillende (naaldlose) inspuitings gedoen het by die waterspelbak, maar dalk gee dit die outjies die verkeerde idee.

Wat van fantasiespel? Gee eenvoudige stetoskope en repe materiaal vir verbande. Gee ‘n matrassie vir die ondersoektafel, handskoene en maskers vir die “kieme”. Jy kan dalk iets soos ‘n botteltjie seep eenkant neersit en dan die belangrikheid van higiëne en higiëniese omstandighede in bring. As die skoolgrond ‘n voertuig of klimraam in die vorm van ‘n voertuig het, kan jy dit met ‘n laken en ‘n rooi kruis in ‘n ambulans omskep.

Wat van ‘n hindernisbaan? Die outjies trek dan doktersjassie aan of sit ‘n stetoskoop om die nek. Dan moet hulle jou getekende aanwysings volg om deur die skool se speelgrond te beweeg tot by die noodsituasie – soos ‘n pop wat seer gekry het. Teken ‘n roetekaart wat byvoorbeeld aandui dat hulle na die swaai moet gaan. Daar moet hulle ‘n uitdaging of ‘n taak verrig soos om hulle hande te was met ‘n higiëniese sepie of om ‘n pop se koors te neem. Daarna kry hulle nog aanwysings tot by die volgende punt – soos in The Amazing Race.

Dink aan dinge wat in ‘n hospitaal te vinde is soos ‘n x-straal masjien. Gryp sommer ‘n ou raam of sny een uit karton – spuit of verf dit met swart verf en span ‘n swart sak in die gat. Siedaar! ‘n X-straal masjien waar agter die outjies moet staan. As jy genoeg tyd het, kan jy ‘n gleuf teen die kant in sny. Verf dan deel van ‘n geraamte (ribbekas, bene…) op verskillende kartonne wat in die raam sal pas. Die outjies skuif dan kamma die gepaste x-straalplaat by die skerm in om te kyk wat fout is. Dalk ken jy iemand wat ou plate kan afstaan vir die doel. Dalk kan jy ‘n uitdaging hê waar die outjies liggaamsdele moet benoem…

Ek hoop dit kan dalk ‘n bietjie help.