Advertisements
Tuiste

Goedjies

Lewer kommentaar


Ek hoop dat jy tans lekker uitrus met ‘n goeie boek, onder ‘n warm kombers.  Iemand het onlangs vir ‘n lysie produkte gevra.  Die drukbare lysie produkte is aan gevul en ‘n paar nuwe goedjies is op die winkelrak geplaas.  Loer gerus hier na enkele voorbeelde:

My Klaskamer Produkte

 

 

Onthou dat jy hier op My Klaskamer ook heelwat soekterme kan in tik vir verskillende tema’s en konsepte.  Indien dinge effens lol, kan jy my met liefde kontak.  Ek help graag.

Advertisements

Kleur

Lewer kommentaar


beerkleur

Watter kleur pas by die beertjie?  

Gebruik hierdie aktiwiteit as ‘n “stil speletjie” of gee vir elkeen ‘n stel.  Sodra hulle die kleur gekies het, kan die kleingoed hul kaarte wys.

  • Druk die bladsye in kleur, sny die blokke uit en lamineer.
  • Jy kan dit ook op karton/manilla druk en met breë verpakkingskleeflint beskerm of…
  • plaas die prente in ‘n foto-grootte foto album.
  • Gee ‘n houer vol wasgoedpennetjies* om die antwoorde mee aan te dui of…
  • sit die bladsy teen ‘n yskas of skryfbord vas en gee klein magnete om bo-op die antwoorde te plaas.
* Die wasgoedpennetjies sal help met fynspierontwikkeling.
Tik gerus ook soekterme soos “kleur, fynspier, handspier, potloodgreep” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in vir nog idees.

kleur

Lewer kommentaar


kleurScreen Shot 2015-09-02 at 8.49.07

Hiermee ‘n paar feite oor kleure-en-die-kleurwiel; asook kleur-en-beskrywende-sinne (die hersiening en toepassing van kleurwoorde in beskrywende sinne).  Dit word dikwels benodig vir kunslesse, maar is sommer handig vir algemene kennis.  Hersien die name van kleure in Engels en doen ‘n paar eksperimente met voedselkleursel.

kleurwoorde (skryf in kleur)

colour trace

kleur flitswoorde

colour wheel

Hoezit artikels:  Kleur 1, Kleur 2, Kleur 3

Kleur

%d bloggers like this: