Maart 30, 2012
Juffer
afrikaans
oë, ogies, sien, visueel, visuele persepsie

Net soos die ouditiewe persepsies (gehoor/luistervaardighede), is visuele persepsie bitter belangrik vir die ontwikkeling van leer by jong kinders. Hulle gaan immers die meeste leer deur na verduidelikings te luister en deur demonstrasies na te doen. Hiermee dan ‘n paar werksvelle om die visuele persepsies te ontwikkel. Kyk na die voorbeelde, skep dan jou eie of loer gerus in aktiwiteitsboeke vir ‘n paar voorbeelde.
- Soek dieselfde simbool
- Soek en pas die korrekte skaduwee
- Soek die prentjie/simbool wat nie pas nie
- Soek die versteekte prente
- Sorteer die items (bespreek die redes vir die groepering)
- ‘n Bietjie fynmotoriek/oog-hand koördinasie
- Volg die lyntjie (Belangrik – werk van links na regs volgens die leesrigting en probeer om nie die hand te lig nie.)
- Volg die doolhof/pad
- Knip op die lyn
- Bou legkaarte
- Teken eenvoudige simbole of vorms wat die outjie moet na teken.
Tik gerus ook terme soos persepsie, visuele, visueel, VMI, oogsorg en ogies by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.
Like this:
Like Loading...
Maart 8, 2012
Juffer
afrikaans
22 Maart, water, waterdag, waterweek

22 Maart
Dit is een van die dae weer WATERDAG. Wees waterwys en wys die kleintjies hoe dit gedoen word.
Like this:
Like Loading...
Maart 1, 2012
Juffer
afrikaans
autumn, dieretuin, engels, fall, herfs, herwin, kitchen, kombuis, recycle, Riley, sea, see, Tine, wilde diere, zoo

Op Boeke Dag het ek ‘n oulike stel leesboekies gekry vir die jongspan. Die stel bestaan uit vyf verskillende stories met pragtige illustrasies. Dit dek temas soos ‘n besoek aan die see, herfs, herwinning, kombuispret (bak en brou) en die dieretuin.
Die stel is ideaal vir voorlesing en ook vir outjies wat self wil probeer (Graad 2 en ouer). Die reeks is tans net in Engels beskikbaar, maar die skrywer, Melanie Bosman, hoop om dit een van die dae in Afrikaans uit te gee. Die bedrag is tans R150 vir vyf leesboeke, maar sluit ook ‘n kleurvolle kunsvlytboek (crafts) en posgeld in.
Like this:
Like Loading...
Woorde