Op die 10de Augustus word daar op die bewaring van leeus gefokus. Versier jou klas, sing liedjies, lees stories en besoek dalk sentrums waar leeus bewaar word.

© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Augustus 5, 2022
afrikaans leeu, wilde diere Lewer kommentaar
Op die 10de Augustus word daar op die bewaring van leeus gefokus. Versier jou klas, sing liedjies, lees stories en besoek dalk sentrums waar leeus bewaar word.
Junie 20, 2022
afrikaans giraffe, kameelperd, wilde diere Lewer kommentaar
Op die 21ste Junie fokus ons op die bewaring van kameelperde. Maak kunswerke, maak vingerpoppe, verbind die kolletjies, volg ‘n doolhof, maak ‘n kunswerk of maak ‘n masker.
September 11, 2021
afrikaans renoster, wilde diere Lewer kommentaar
Die 22ste September is Wêreld Renosterdag – ‘n dag ter bewusmaking van die beskerming en bewaring van renosters.
Augustus 10, 2020
afrikaans olifant, wilde diere Lewer kommentaar
Olifantdag fokus op die bewaring en versorging van olifante. Waarom is dit belangrik en hoe kan ons ‘n bewustheid skep? Dink aan verskillende idees of gesels daaroor terwyl julle op takies en kunsvlyt fokus.
Maart 1, 2012
afrikaans autumn, dieretuin, engels, fall, herfs, herwin, kitchen, kombuis, recycle, Riley, sea, see, Tine, wilde diere, zoo Lewer kommentaar
Op Boeke Dag het ek ‘n oulike stel leesboekies gekry vir die jongspan. Die stel bestaan uit vyf verskillende stories met pragtige illustrasies. Dit dek temas soos ‘n besoek aan die see, herfs, herwinning, kombuispret (bak en brou) en die dieretuin.
Die stel is ideaal vir voorlesing en ook vir outjies wat self wil probeer (Graad 2 en ouer). Die reeks is tans net in Engels beskikbaar, maar die skrywer, Melanie Bosman, hoop om dit een van die dae in Afrikaans uit te gee. Die bedrag is tans R150 vir vyf leesboeke, maar sluit ook ‘n kleurvolle kunsvlytboek (crafts) en posgeld in.
September 15, 2011
afrikaans beer, geluid, geluide, haan, hen, hings, hoender, kuiken, lam, luister, merrie, ooi, perd, plaas, plaasdier, ram, skaap, sog, vark, vul, wilde diere 8 Kommentaar
Op die plaas is daar baie diere, maar vir die kleinspan moet ‘n mens die getal verminder. Ek fokus eers net op hoenders, perde, beeste / koeie, varke… ‘n Idee om die tema bekend te stel is om van die diere se geluide te speel sodat die leerders dit moet identifiseer (Wat maak so?). Die kleintjies kan raai, maar vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n geheime koevert gee. In Graad 1 is die koevert gevul met prentekaartjies (met die dier se naam daarby), maar in Graad 2 is die koevert gevul met prentekaarte en los klanke. Die outjies moet in Graad 1 die prent wys en die naam lees, maar in Graad 2 bou hulle self die name en pas dit by die prente. Die outjies kan in groepies of pare werk vir ‘n bietjie spangees. Soos hulle die diere reg raai, kan jy die vergrootte prente teen die bord aanbring. Smile het ‘n oulike legkaartstel (met ‘n kasset of CD vol dieregeluide) gehad. Ek is seker dat hulle dit steeds verkoop. As jy die diere gaan bespreek, kan jy die onderskeie produkte op die plakkate aanbring of uit stal.
Wat eet die onderskeie diere? Waar woon elkeen? Wat noem ‘n mens die mannetjie, die wyfie en die kleintjie? Watter aksies voer hulle uit (wei, skrop, kekkel, snork, rol, gallop…)? Vir dialoog- of fantasiespel kan die outjies in groepe verdeel word en maskers gebruik om plaassake te bespreek.
Maak dalk julle eie maskers tydens die kunsles. Vir varkmaskers kan ‘n mens mediese maskers pienk kleur (flou, rooi voedselkleursel) en ‘n snoet bo-op plak of met drukwerk aanbring. Jy kan ook ‘n papiermasker maak vir die dialoog gedeelte. Koeie kan met swart kolle versier word en perde kan in bruin vingerverf getooi word. ‘n Skaap kan ‘n lagie wol uit wit watte kry. ‘n Hoender kan ‘n parmantige haan of ‘n sagte hen wees. As jy regte vere kan kry, plak dit bo-op die kop en verf die bel en kam bloedrooi. As jy reeds die maskers gemaak het, kan julle ‘n luisterspeletjie speel deur die onderskeie diere geluide te speel. As die outjie sy dier hoor, moet hy opstaan. Dit kan ‘n lekker uitvangspeletjie word. Afhangende van die ouderdomsgroep kan die outjies wat opstaan die dieregeluide benoem, bv. runnik, loei, blêr, kekkel…
Vir oulike Engelse diere geluide en gedigte kan jy hier gaan loer. Hulle dek ‘n verskeidenheid diere en gedigte.
Tel die diere of leer om die dierename in Engels te skryf.
As julle ‘n muur collage wil maak met plaasdiere, skep eers die agtergrond. Verf ‘n groot vel papier in twee dele – blou lug en groen gras of selfs koringlande. Bring ‘n skuur aan en rig ‘n windpomp op. As julle tyd het kan die kinders die agtergrond met sponswerk bedruk voordat julle die skuur en die windpomp plak. Maak die diere van papierborde, die hoenders van uitgeknipte handafdrukke of uit papier. Knyp ingekleurde of geverfde diere in wasgoedpennetjies vas sodat dit sommer as bene dien of maak vingerpoppe of handpoppe van papiersakke.
Maak ‘n varkie deur kurkproppe as bene te plak en papier maché bo-oor ‘n ballon te doen. Dit neem lank om droog te word, maar sodra dit hard en droog is, kan jy die varkie verf en versier. Lekker speel en leer!
Augustus 1, 2011
afrikaans karnivore, luister, vleiseter, wilde diere 3 Kommentaar
Anna het genoem dat sy ‘n kritles moet gee oor Karnivore. Hiermee dan so ‘n paar idees om dalk te gebruik.
Wat is ‘n Karnivoor? Dit is ‘n dier wat jag vir sy prooi, dit dood maak en dan eet. ‘n Mens kry karnivore wat mak is en ander wat wild is. Hulle het slagtande wat ideaal is vir hierdie jagproses. Daar is gewoonlik twee in die bo- en twee in die onderkaak. Anders as planteters (herbivore), het karnivore skerp tande om vleis mee te skeur en te eet. Kan jy die karnivore van die herbivore onderskei in hierdie prente?
Watter ander eienskappe sal ‘n karnivoor nodig hê om sy prooi te vang?
Hulle is dikwels goed gekamoefleer – met kolle, strepe of pelse wat spesifiek by hul omgewings pas. Waar woon die wilde karnivore? Hierdie unieke pelse help die diere om lank genoeg weg te kruip of hulself weg te steek, sodat hulle die prooi kan bekruip. Die karnivoor sal spesifieke bewegings hê om die prooi uit te oorlê – spring, sterk, besonderse vinnige atleet, sluip…’n Karnivoor het ook dikwels skerp kloue om die prooi mee te vang en vas te hou.
Ek sou graag wou hê dat so ‘n les ‘n opvoedkundige uitstappie moes volg of inlei, sodat die outjies met die ware jakob kan kennis maak. Kies een spesifieke karnivoor as voorbeeld en bou die les dan rondom die spesifieke dier. As jy byvoorbeeld toegang tot ‘n jagluiperd het en ‘n kuiertjie kan reël, sal die outjies die tande, die pels, kloue en atletiese bou kan aanskou. As jy dalk ‘n kort video kan maak van ‘n kuiertjie by so ‘n dier, kan jy dit dalk aan die klas wys. As jy regtig nie by ‘n wilde karnivoor kan uit kom nie, kan jy selfs makker outjies soos ‘n huiskat inroep en na die kleiner outjie kyk.
Bou dalk ‘n karnivoor uit pottebakkersklei of teken en verf die spesifieke dier as deel van ‘n kunsles. Hersien die terminologie verbonde aan die dier as deel van Natuurwetenskappe en Huistaal (pote, kloue, slagtande, welpie, leeuwyfie, leeumannetjie, pels). Kies ‘n paar karnivore, soek sketse van hul tande of kake en betrek dit by tel oefeninge en wiskunde somme (Watter karnivoor het die meeste / minste tande? Hoeveel tande het die __ meer as die __?).
Kyk ook na die skrywe oor wilde diere en die volgende oulike skrywes elders.
Junie 5, 2010
afrikaans inkleur, land, nasionale, patrioties, simbole, Suid-Afrika, vlag, volkslied, wilde diere 2 Kommentaar
Met die oog op die Wêreldbeker en verwante sake, kan ‘n mens seker ‘n bietjie patrioties raak. Gebruik die laaste paar dae voor die vakansie om vlae te maak. Plak dit in die ruite op of stuur dit huis toe vir die motorruite.
Vlytige vingers: Skeur en plak die korrekte kleure (uit ou tydskrifte) om die vlag te versier…of laat die kleingoed in groepe werk om ander landsvlae ook te versier. Maak ‘n collage (in ‘n venster) wat sigbaar van die pad af is. Onthou dat die rooi gedeelte altyd bo is of as die vertikaal vlag hang, is die rooi deel aan die linkerkant.
Ander Suid-Afrikaanse embleme:
Januarie 13, 2010
afrikaans, klaskamer, onderwys, skool idees, leeu, les, wilde diere, wildtuin 10 Kommentaar
Lily het gevra vir ‘n paar gedagtes vir lesse oor die wildtuin. (Ek was nog self nie daar nie en sal die hulp en gedagtes van oudbesoekers waardeer.) Ek gee so ‘n paar gedagtes en skakels om die gedagtes aan te wakker.
Gebruik ou kinderliedjies / -rympies om lesse af te sluit of in te lei. Bv. As jy praat oor
Dit is dalk nie heeltemal “wildtuin”-musiek nie, maar ek dink die liedjie van Madagascar “I like to move it” kan gebruik word. (Dit word tog baie direk met die fliek oor wilde diere verbind.) Werk ‘n eenvoudige aksie uit en leer dit vir die kinders aan. As die liedjie speel moet almal geluidloos die aksie saam doen – om hul aandag te kry. Jy kan dit dalk ook gebruik om die kinders van die mat na die tafels te laat beweeg of om die vingers vir skriflesse op te warm. Dit is ‘n opgewekte en vrolike liedjie – en is tog beter as die alewige klokkies wat so dikwels skril lui.
Gepraat van skrif: Die apie-swaai patroon pas perfek!
Nog skakels na oulike werf-idees is: Lessonplanspage, Bekendstelling aan die Engelse name van diere (oulik), St.Aidens, Danielle, Diere geluide, luister na die wêreld se natuurgeluide…
Woorde