Maart 18, 2017
Juffer
afrikaans
engels, Google Chrome, Inklusiewe Onderwys, vertaling

Tegnologie (en aanlyn hulpmiddels) maak aanpassings en toeganklikheid vir outjies met lees en spel uitvalle ietwat beter. Google Chrome se aanvullings bied spraak-na-tik, vertalingsfunksies, en dies meer.
Die Chrome Web Store verskaf verskaf verskeie gratis opsies soos Instant Translate wat ‘n webblad kan vertaal (en selfs lees). ‘n Elektroniese stem lees die stukkie as jy op die luidspreker klik. Die vertalings is nie altyd 100% korrek nie, maar gaan beslis die boodskap oordra. Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Sesotho en Shona is beskikbaar.
Indien jy slegs die voorleesfunksie gebruik, haal dit die spanning uit al die moeilike woorde. Vir meer lees-en-luister werk, kan jy Speak It installeer. Verlig of kies die gedeelte waarna jy wil luister en klik op die luidsprekertjie.
As die outjies Google Docs gebruik, kan jy nou by die aanvullings ‘n stemherkenningsfunksie aanskakel en praat sodat die rekenaar die dokument tik. Daar is opsies vir Afrikaans beskikbaar en wanneer jy jou boodskap op geneem het, sal die woorde in die dokument verskyn. Klik op Add-ons, dan Speech Recognition (om die Suid-Afrikaanse aksent of opsie te kies) en Config om aanpassings vir die leestekens te maak. ‘n Mens sal na afloop van die skryfwerk hier en daar ‘n aanpassing maak (bv. vraagtekens invoeg), maar die program maak die taak ietwat ligter.
Read&Write for Google Chrome sal Engelse webblaaie vir jou lees en Google Translate of Mate Translate sal ‘n verligte teks lees – Afrikaans ook.
Tik gerus gerus soekterme soos “toeps, apps, e-boek, inklusiewe, Google” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Like this:
Like Loading...
Februarie 23, 2016
Juffer
flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, huiswerk, hulpmiddels, klaskamer, lees, school, skool, wiskunde
alfabet, dekor, engels, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, hulpmiddels, kalender, koop, plakkaat, taakkaarte, teacha, tema, weerkaart, werkboekies, werkkaarte, werksvelle, winkel
Julie 14, 2015
Juffer
afrikaans, engels, English, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk
EAT, engels, Phonics

Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan. Die prente is voorbeelde daarvan.
Hoe spreek ‘n mens die klanke uit? Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister? Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind?
Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in sinne te gebruik. Kies ‘n flitskaartgroep en gebruik die woorde saam met die verskillende sigwoorde in beskrywende sinne. Skryf sinne met die kleurwoorde (of selfs hoeveelhede en dae) in die spesifieke kleure. Speel “snap” of ‘n geheuespel indien jy twee stelle van die woorde (flitskaarte) gedruk het. Indien jy die stippelsigwoorde gebruik, kan jy die woorde natrek wat jy reeds gebruik het om sodoende rekord te hou.
Hersien die klinker kombinasies (vowel blends/digraphs) en voltooi sinne met die onderskeie woorde. Bespreek die moontlike vangplekke. Kan die outjie ‘n persoonlike inligtingsvorm in Engels voltooi? Hersien die skrif tesame met Engelse letterrympies.
Loer in die biblioteek na reekse soos Letterland – ‘n goue oue wat stories en liedjies vir elke letter of klank het. Die storieboeke (ABC, Beyond ABC en Far Beyond ABC) sluit dikwels ‘n liedjie CD in en is ook in skryfbehoefte winkels beskikbaar. Daar is heelwat gratis toeps (apps) vir selfone en tablette beskikbaar – wat aktiwiteite en luisterstories insluit. Indien jy hierdie aspekte wil ondersoek, tik gerus soekterme soos iPad, Android, Leesreeks, e-boek, Engels…Teacha…by die bruin soekblokkie regs bo-aan dié blad in of loer na die lysie skakels onder die “Geletterdheid”-hofie aan die regterkant.
English FAL Grade 1
English FAL Grade 2
Like this:
Like Loading...
April 11, 2015
Juffer
afrikaans
abc, afrikaans, alfabet, engels, klanke, letters, skrif, skryf, syfer
Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig. Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt. Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig.
robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy)
Wat kan jy met hierdie kaarte doen?
- Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering). Gebruik dit net so of druk op helderkleurige karton.
- Liaseer dit in lêersakkie. Skryf daarop met witbord veselpenne.
- Oefen skrif deur met elke kleur in die krytpakkie daarop te skryf (reënboogskrif). Verf met effens verdunde voedselkleursel.
- Skeur en plak fyn stukkies gekleurde papier (bv. uit ‘n tydskrif) daarop.
- Skryf die letter en oefen die letter op die wit agtergrond.
- Skryf die syfer en plak soveel soortgelyke prente rondom. Bv. 6 eiers, 2 skoene.
- Plak prente wat met die letter begin, op die wit agtergrond. Versigtig: Die klinkers moet soos ‘n klinker (a vir appel, e vir emmer, i vir in, o vir op, u in die middel van bus) en nie soos ‘n dubbelklank (aa, ee, oo, uu) klink nie.
- Hou die kaarte in lêersakkies of lamineer. Rol klei in lang wurms en vorm die letters of syfers daarmee bo-op die sakkies.
- Smeer gom binne-in die simbole om sand, sout, poeier, blinkertjies, ens. bo-oor te strooi.



Vir soortgelyke idees, tik gerus soekterme soos “abc, skrif, skryf, alfabet, syfer, klanke, fynspier, handspier… tuis idees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die “Drukbare Bladsye”-hofie.

Like this:
Like Loading...
Desember 5, 2014
Juffer
afrikaans
EAT, engels, FAL, Grade 1

a – z words (Also available in Afrikaans)
Match the pictures and words. Roll a die, count the words and make a sentence with that word. Do this with each page.
In Grade 1: Write the sentence or chosen word at the top of a page and draw a descriptive illustration. (Write difficult words on a separate page for the learner to copy when writing his/her sentences.)
In Grade 2: Try to use more than one word in a sentence. E.g. The ant ran across the axe and the apple.

Like this:
Like Loading...
Mei 10, 2014
Juffer
afrikaans
afrikaans, ANA, ANA's, engels, English, HL, HT, huistaal, Jaarlikse Nasionale Assessering, JNA, mathematics, maths, taal, vraestel, wiskunde
Hiermee skakels na voorbeeldvraestelle vir die ANA/JNA-toetse:
2012 Vraestelle en Memo’s:
Huistaal:
Graad 1 (2012), Stel 3
Grade 1 (2012, Engels), Stel 3
Graad 2 (2012)
Grade 2 (2012, Engels), Stel 3
Graad 3 (2012), Stel 3
Grade 3 (2012, Engels), Stel 3
Graad 4 (2012)
Grade 4 FAL (2012)
Grade 4 HL (2012)
Grade 5 (2012)
Graad 5 EAT (2012)
Graad 5 (2012)
Grade 5 FAL (2012)
Graad 6 (2012)
Grade 6 (2012)
Graad 9 (2012)
Grade 9 (2012)
Wiskunde:
Graad 1 (2012), Stel 3
Grade 1 (2012)
Graad 2 (2012)
Grade 2 (2012)
Graad 3 (2012)
Grade 3 (2012)
Wat die vraestel mag bevat…
2013 Vraestelle en memo’s
Graad 1 (2013) Taal en Wiskunde
Grade 1 (2013) HL
Graad 2 (2013) Taal en Wiskunde
Grade 2 (2013) HL and Maths
Graad 3 (2013) Taal en Wiskunde
Graad 4 (2013) Taal en Wiskunde
Grade 4 (2013) HL and Maths
Graad 5 (2013) Taal en Wiskunde
Graad 5 EAT (2013)
Grade 5 HL (2013) and Maths
Graad 6 (2013) Taal en Wiskunde
Grade 6 HL (2013)
2014 Vraestelle en memo’s
Graad 1 Taal en Wiskunde
Grade 1 HL and Maths
Graad 2 Taal en Wiskunde
Grade 2 HL and Maths
Graad 3 Taal en Wiskunde
Grade 3 HL and Maths
Graad 4 (2014) Taal en Wiskunde
Grade 4 HL and Maths
Graad 5 (2014) Taal en Wiskunde
Grade 5 HL and Maths
Graad 6 (2014) Taal en Wiskunde
Grade 6 HL and Maths
Graad 9 (2014) Taal en Wiskunde
Grade 9 HL and Maths
2015 Riglyne
Graad 1 Afrikaans Huistaal
Graad 1 Wiskunde
Graad 2 Afrikaans Huistaal
Graad 2 Wiskunde
Graad 3 Afrikaans Huistaal
Graad 3 Wiskunde
Graad 4 Afrikaans Huistaal
Graad 4 Wiskunde
Graad 5 Afrikaans Huistaal
Graad 5 Wiskunde
Graad 6 Afrikaans Huistaal
Graad 6 Wiskunde
Graad 7 Afrikaans Huistaal
Graad 7 Wiskunde
Graad 8 Afrikaans Huistaal
Graad 8 Wiskunde
Graad 9 Afrikaans Huistaal
Graad 9 Wiskunde
Handleiding (Engels)
Navorsing
Daar is nog vraestelle in ander tale en grade beskikbaar. Loer gerus hier en na die skakels aan die regterkant wat met “vraestel” gemerk is. Indien jy eksamenvraestelle en toetse in gedagte het, loer hier.
Like this:
Like Loading...
Desember 9, 2012
Juffer
afrikaans
Ander, biologie, engels, kuns, lees, natuurwetenskap, supernova, tegnologie, tieners, vakansie, wetenskap

Dis die einde van die jaar en die begin van ons sonskyn vakansie. Indien jy van nuuskierige navorsertjies weet, kan hierdie tydskrif dalk net die regte leesstof bied.
Supernova is ‘n engelse tydskrif – gemik op kinders van sowat 9 tot 14 jaar oud. Dit is ‘n kleurvolle tydskrif – gedruk op papier wat nie sommer sal frommel nie en behoort in leeshoekies en skoolbiblioteke te hou. Die twee uitgawes wat ek onder oë gehad het, bevat oulike inligtingstukkies oor omgewingsake (soos herwinning en klimaatsveranderinge), artikels oor die ruimte, strokiesprente, die kunste (bv. ballet en kunsbewegings) en biologie (bv. parasiete, simbiose). Dan is daar verskeie “maak jou eie” en “hoe om ‘n … te maak” inskrywings vir outjies wat graag dinge wil maak en boonop kan skole én leerders pryse in die kompetisies wen.
Gaan loer gerus na Supernova se webtuiste vir verdere besonderhede.
Like this:
Like Loading...
Maart 1, 2012
Juffer
afrikaans
autumn, dieretuin, engels, fall, herfs, herwin, kitchen, kombuis, recycle, Riley, sea, see, Tine, wilde diere, zoo

Op Boeke Dag het ek ‘n oulike stel leesboekies gekry vir die jongspan. Die stel bestaan uit vyf verskillende stories met pragtige illustrasies. Dit dek temas soos ‘n besoek aan die see, herfs, herwinning, kombuispret (bak en brou) en die dieretuin.
Die stel is ideaal vir voorlesing en ook vir outjies wat self wil probeer (Graad 2 en ouer). Die reeks is tans net in Engels beskikbaar, maar die skrywer, Melanie Bosman, hoop om dit een van die dae in Afrikaans uit te gee. Die bedrag is tans R150 vir vyf leesboeke, maar sluit ook ‘n kleurvolle kunsvlytboek (crafts) en posgeld in.
Like this:
Like Loading...
Augustus 21, 2011
Juffer
afrikaans
Ander, Burt Books, engels, taal, werkboeke, werksvelle, wiskunde
Coreen Burt het ‘n splinternuwe webtuiste vir onderwysers en ouers begin. Sy is ‘n oud-Suid-Afrikaner wat in Engeland woon en is al jare lank ‘n opvoeder. Sy het verskeie boeke geskryf – wat syferkundigheid en taal in sluit. Dit bevat baie oulike lesmateriaal en werksvelle. Dit is ideaal vir outjies wat Engels moet leer skryf, lees en spel. Gaan loer gerus in.
Like this:
Like Loading...
April 14, 2011
Juffer
afrikaans
afrikaans, Ander, engels, huistaal, kinderwerf, taalontwikkeling, tweede taal

Kinderwerf is ‘n webwerf wat fokus op taalontwikkeling by kleingoed en is reeds welbekend vir hul oulike pakkette om klanke en lees bekend te stel. Die program verskaf elke maand ‘n pakket aan hul lede – wat opvoedkundige aspekte aanspreek. Kinderwerf het nou ook ‘n Engelse program ontwikkel om lewensvaardigheidslesse aan te vul en om die aanleer van phonics te ondersteun. Die programme is ideaal om die aanleer van ‘n huistaal én ‘n tweede taal te ondersteun. Gaan loer gerus by die Clever Kids Club in vir verdere inligting.
Like this:
Like Loading...
Woorde