Dis die einde van die jaar en die begin van ons sonskyn vakansie. Indien jy van nuuskierige navorsertjies weet, kan hierdie tydskrif dalk net die regte leesstof bied.
Supernova is ‘n engelse tydskrif – gemik op kinders van sowat 9 tot 14 jaar oud. Dit is ‘n kleurvolle tydskrif – gedruk op papier wat nie sommer sal frommel nie en behoort in leeshoekies en skoolbiblioteke te hou. Die twee uitgawes wat ek onder oë gehad het, bevat oulike inligtingstukkies oor omgewingsake (soos herwinning en klimaatsveranderinge), artikels oor die ruimte, strokiesprente, die kunste (bv. ballet en kunsbewegings) en biologie (bv. parasiete, simbiose). Dan is daar verskeie “maak jou eie” en “hoe om ‘n … te maak” inskrywings vir outjies wat graag dinge wil maak en boonop kan skole én leerders pryse in die kompetisies wen.
Gaan loer gerus na Supernova se webtuiste vir verdere besonderhede.
Des 10, 2012 @ 22:00:55
HI EK HOOP U KAN MY HELP
MY SEUN WAS IN IN GRAAD 7 EN HET NIE GESLAAG DIE SKOOL HET HOM DEUR GESIT EN GESE DAT HY DIT NIE GAAN MAAK IN ‘N HOOF STROOM SKOOL NIE EK HET GESOEK EN KON GEEN SKOOL KRY VIR HOM EK WAS VERPLIG EN STUUR HOM NA JHB NA SY PA HY DOEN BAIE GOED MAAR WIL HUIS TOE KOM MY PROBLEEM IS ONS BLY IN STRAND IN WES KAAP EN DIE HOERSKOOL HIER WIL HOM NIE VAT NIE EN EK IS AL MOEG GESOEK NA SKOLE VIR KINDERS MET LEERPROBLEME JAN KRIEL IS NIE ‘N OPSIE HY VAL NIE IN HUL KATOGORIE NIE EN EK WEET NIE MEER NIE EK WIL GRAAG MY KIND TERUG HE BY MY MAAR LYK MY NIEMAND IN DIE WESKAAP GEE OM VIR KINDERS WAT NIE IN HOOF STROOM SKOLE KAN INPAS HELP MY ASB GEE MY RAAD
LikeLike
Des 11, 2012 @ 16:33:16
Middag, Adele 😉
Ek beantwoorde jou vraag per e-pos 😉
LikeLike