Die internet is vol webwerwe (Engelses) waar kinders hul maaltafels kan oefen. Van die maniere waarvolgens dit oorgedra word, is ‘n storie assosiasie, ‘n Grafiek, outomatiese flitskaarte, die drukbare vorm en prentjies. ‘n Vroeë stadium van maaltafels is om in veelvoude te tel. Dít word ingelei deur normaalweg in ene te tel en om die spesifieke veelvoude harder te sê terwyl die tellers aangeskuif word: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 Skuif die krale een-een, maar as jy die getal hardop sê vat jy die laaste twee krale saam om te wys dat jy begin om in groepe te tel. Hoe meer dit gebeur, hoe makliker begin die kind die voorbeeld volg. Gebruik ‘n honderdblok – dit lyk soos ‘n slangetjies en leertjiesbord sonder al die prente en kleure. Vra dan die kind om elke tweede blokke in te kleur binne ‘n bepaalde getalgebied (bv. 1 tot 20). Is daar ‘n patroon. Ja, al die getalle eindig op ‘n 2, 4, 6, 8 of 0. As ek hierdie getalle tussen my en ‘n maat uit deel, kry ons ewe veel lekkers! Tel (lees) die getalle ritmies terwyl julle aksies doen soos hande klap, knieë tik, ens. Belewing help baie… Tel weer soos bo (op dieselfde ritme) terwyl jy tellers twee-twee van een posisie of houer na ‘n ander skuif. Dis goed as ouer en kind elkeen sy eie honderdblok en tellers het, sodat julle albei aktief besig is. ‘n Getallyn is ‘n ander manier om die skuif of aantellery aan te dui. Gebruik ‘n knoop of Monopoly-skuifstuk en hop na die getalle soos julle tel (Ma se maatband werk baie goed hier). Nou ‘n stappie verder: 2 x 3 = … 2 maal 3 beteken 2 keer 3…of 2 groepies van drie Pak nou krale in 2 groepe van 3. Tel: 1, 2, 3 en 4, 5, 6 Herhaal die proses en vat dan saam. “3 en 3 maak 6” 2 keer 3 gee vir ons (maak ‘n gebaar van samevatting of groepering bo-oor die krale)…6 krale. 2 x 3 is dus 6 Op die honderdkaart wat reeds die veelvoude wys, druk ons op die eerste “3” en dan op die volgende “3”. Waarop druk jy? 6! Ek het gevind dat ‘n verskeidenheid honderblokke – elk ingekleur volgens ‘n afsonderlike veelvoud (2, 3, 5, 10…selfs 4, 6, 7) ‘n goeie visuele hulpmiddel is en ‘n goeie verwysingsbron is – teen die muur. Oefen ook eers die patroon van: 2×1=2 2×2=4 2×3=6 en wys die kind daarop die antwoorde telkens “2 meer” is. Hou maar eers by ‘n spesifieke veelvoud per lessie en moenie die tafels sommer net meng nie. ‘n Mens moet darem die bult eers in ‘n laer rat op kruie voordat jy die langpad teen ‘n hoër rat aandurf!
Het iemand nog idees?
- Maaltafels: Flitskaarte, “self oefen” legkaarte
- Dot-to-dot in veelvoude van 2.
- 2x taak
- 3x taak
- 4x taak
- 5x taak
- 6x taak
- 7x taak
- 8x taak
- 9x taak
- 10 taak
- 11x taak
- 12x taak
- Veelvoude aktiwiteite (kyk na skip counting).
- Verskeie oulike wiskunde werkvelle – vir tel en allerlei syferkonsepte…
- Maaltafels
- maaltafelwaaier
- Leer die maaltafels tot 12
- Toets jou kennis van maaltafels – aanlyn.
- Meer Wiskunde hulpmiddels
- Ook: Wiskunde Huiswerk
Afrikaanse Maaltafelliedjies [iTunes, Google Play/Android]
Engelse Maaltafelliedjies [iTunes, Google Play/Android, Amazon]
Feb 17, 2009 @ 10:31:20
Goeiemore
Ek sien nou eers hierdie en sê baie dankie daarvoor! Ek gaan die honderdblok idee probeer, my ma het reeds laas jaar vir die laaitie ‘n boek oor tafels gekoop waar jy honderdblokke inkleur en ek het al bietjie vergeet daarvan. Dit gaan in elk geval nou al beter met die tafels, ek dink hy verstaan nou waaroor dit gaan. Ek het met die juffrou ook daaroor gaan praat en sy sê sy laat hulle nog toe om op hulle vingers te tel tot almal beter regkom so ons moet maar net meer oefen by die huis. Op die ou end is dit tog maar al wat help: oefen!
LikeLike
Nov 24, 2022 @ 10:18:25
Goeie dag.
Ek is opsoek na die 7x, 8x, 9x puzzel flits kaarte.
Ek het die ander gekry.
Die 7x tafel link wil ook nie oopmaak nie.
Sal jul asb kan help
LikeLike
Nov 24, 2022 @ 13:43:00
Hallo, Michelle 🙂
Die legkaarte is almal in een pakket beskikbaar:
https://www.teacharesources.com/product/times-tables-maaltafels/ (dalk ook: https://myklaskamer.com/2013/05/14/veelvoude/)
Probeer gou weer die 7x maaltafelvel. Dit maak tans by my oop:
Click to access circletimestable7.pdf
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Feb 17, 2009 @ 15:33:15
Ek glo dat jy moet gebruik wat jy het. As jy vingers het – gebruik hulle! Dis ‘n kruk totdat die outjies selfversekerd genoeg is om self te wil probeer. Doen gereeld tel-oefeninge. Tel in veelvoude van 2, 3, 4, 5, 10…en kyk of julle in veelvoude kan terugtel (gebruik die ingekleurde honderdblokke as ‘n kruk).
Dis soos fiets ry – driewiel, dan het jy wieletjies nodig vir ondersteuning op ‘n tweewiel, dan ry jy versigtig en later “wheely” jy! 😆 voorspoed
LikeLike
Nov 17, 2009 @ 11:12:18
Daar is ‘n webblad http://www.multiplication wat vol rekenaar tafels of maal speletjies is waarvan jy sommige gratis kan aflaai.
Ook ‘n uitstekende boek wat ‘n storietjie vir elke tafel het bv. skate x skate = sticky floor (8×8=64) Ongelukkig slegs in Engels wat dalk vir jou minder vaardige taalkenners ‘n probleem kan wees. Ek wens ek het al vroeer daarmee begin (Gr 2 is ideaal)
LikeLike
Nov 18, 2009 @ 18:14:35
Dankie, Madi! Ag, as ons nie die Engels verstaan nie, kan ons mos maar altyd vra 😉 Ek kry dikwels oulike werkvelle in Engels. Dan prakseer ek maar ‘n soortgelyke een in Afrikaans en gee die fensie een vir my Engelse kinders.
LikeLike
Feb 22, 2013 @ 21:18:02
Hi ek wil net vir Juffer bedank vir die gr 1 font-ek volg jou slaafs na-dankie vir al die waardevolle inligting en oulike idees!
LikeLike
Feb 23, 2013 @ 08:13:12
Dis ‘n plesier, Zelma 😉
LikeLike
Apr 26, 2013 @ 19:23:06
Hallo, Bettie
Ek hoop jy sien dié boodskap. Loer gerus hierna en dan na die bladsye onder die “drukbare bladsye” hofie (Maaltafelwaaiers, ens.)
LikeLike
Jul 11, 2016 @ 09:02:15
Hi da, ek is opsoek na afrikaanse maaltafel liedjies. die vidoes op die blad maak nie oop nie. sal dit waardeer as jy my dalk kan help.
LikeLike
Jul 11, 2016 @ 13:56:02
Middag, lizelle 😉
Dit lyk asof die maatskappy al hul liedjies van YouTube onttrek het, maar dit is steeds op die app / toep beskikbaar (itunes of android).
LikeLike
Sep 05, 2017 @ 09:03:46
Ek is so dankbaar vir al hierdie hulp. Hier in Stilbaai ondersteun ons Ouma Lena se huis, waar ons straatkinders en kinders wat “time out” van die skool kry, help met Lees en Spel sowel as Wiskunde.
LikeLike
Sep 05, 2017 @ 13:47:10
Wonderlik, Elsa 😉 Daar is heelwat gratis idees hier op my blog beskikbaar. Loer gerus na die “Drukbare Bladsye”-hofie, maar tik ook soekterme soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Loer gerus weer in.
LikeLike