Tuis

Wiskunde Dae, Pi Dag

2 Kommentaar


Die 3de Maart is Wêreld Wiskunde Dag en die 14de dien as beide Pi en die Internasionale Wiskunde Dag. Hoe en wanneer gebruik ons wiskunde? Hoe ver kan julle tel? Kan julle van daardie getal af terug tel? Hoe ver kan julle in verskillende veelvoude tel?

Verskillende idees vir Pi Dag.

Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of tik soekterme soos ‘geld, tyd, voor en na, meer en minder, vorms, syfers, woordsom, wiskunde huiswerk, getallyn, veelvoude, uitdeel, maaltafels, deling…’ by die soekblokkie aan die regterkant in.

Moedertaaldag, Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?

Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.

Lekker lees!

My Valentyn

Lewer kommentaar


Wanneer laas het die skooljaar na Valentynsdag begin? Snuffel gerus hier na vorige jare se idees. Vanjaar sal ontsmettingsmiddels (met ‘n boodskappie) en elektroniese boodskappe veiliger wees.

Mag hierdie jaar besonders wees. Gesondheid en beterskap vir jou en jou geliefdes.

Biddag vir Onderwys

Lewer kommentaar


Makliker Terug Skool Toe

Lewer kommentaar


Snuffel gerus deur hierdie idees, maar loer ook na soortgelyke skrywes onderaan hierdie skrywes.

Ken mekaar idees

”Welkom Terug”-idees

Boeke oortrek (idees en voorblaaie)

‘n Terug-skool-toe lysie

Kosblik idees

Stories

Naamkaartjies (etikette): 1, vissies, olifante, lieweheersbesies, bye, volstruise, uile, merk skryfbehoeftes.

Naamkaart vir die tafelblad

Tafelbladkaarte: 1, 2, 3

Welkom vlaggies: Potlode, Blou,

Welkom raamlysie

Riglyne of reëls (Engels)

Riglyne vir Virus veiligheid (meer)

Dekor en idees om jou klaskamer te versier

Luidleesdag is hier

Lewer kommentaar


Lees vandag ‘n bietjie langer en ‘n bietjie meer. Lees flitskaarte, opskrifte, byskrifte, pamflette, boeke, boekmerkies en muurkaarte. Lees die koerant, rympies en lirieke. Lees vir iemand, lees vir jou speelgoed of ‘n troeteldier. Luister na ander wat lees en maak beurte om te lees.

Geniet die ekstra geleentheid om ‘n liefde vir lees te kweek.

Skool Toe

Lewer kommentaar


In ‘n oogwink is die somervakansie verby. Verlede jaar was onvoorspelbaar en het soveel kinkels in die draadwerk van ons alledaagse bestaan gemaak. Elke opvoeder het beslis ‘n lysie nuwe vaardighede en bekwaamhede op die CVs aangevul. Met die nuwe skooljaar wat nou begin, mag die nuwe uitdagings ‘n mens ietwat oorweldig. Bou vanjaar op verlede jaar se suksesse voort, ruil idees met kollegas uit, onthou om jouself ruskanse te gun en om gereeld by My Klaskamer in te loer.

Alles van die beste vir die nuwe skooljaar!