
Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?
Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.
Lekker lees!

Laat 'n boodskap