Tuis

Boomplantweek en Lentedag

Lewer kommentaar


Tradisioneel vier ons Boomplantdag op die 1ste September.  Vanjaar se Bome van die Jaar is die Essenhout (Ekebergia Capensis Cape Ash) en die Kremetart Bome (Adansonia Digitata).

Vanjaar gaan dit dalk moeilik wees om fisies self blomme te plant en bome te versorg.  Neem gerus ‘n organisasie wat die natuur versorg in ag vir ‘n fondsinsamelingsprojek.  Loer gerus hier na idees in verband met Lente.

Mag September met warmer en meer kleurryke dae begin.

Heuningbydag, 15 Augustus

Lewer kommentaar


Ons vier Heuningbydag vanjaar op 15 Augustus.  Kom gerus meer oor heuningbye te wete en ook waarom hulle beskerm word.  Byeboerdery is baie interessant, gewild en waardevol.

Bye Velle pdf

 

Taaldag, 14 Augustus

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Taaldag vind jaarliks op die 14de Augustus plaas.  Dit is ‘n dag waarop jy ekstra aandag aan Afrikaans – as taal – kan skenk.  Besoek die Taalmuseum of Taalmonument aanlyn en kom meer oor die geskiedenis van Afrikaans te wete.

Taaldag Woordsoek

Olifantdag, 12 Augustus

Lewer kommentaar


Olifantdag fokus op die bewaring en versorging van olifante.  Waarom is dit belangrik en hoe kan ons ‘n bewustheid skep?  Dink aan verskillende idees of gesels daaroor terwyl julle op takies en kunsvlyt fokus.

  1. Gom die bladsy op karton of druk dit op karton.  Sny die kop en bek van die olifant uit.  Steek jou hand in ‘n ou sokkie (duim in die hak en vingers regop).  Plak die dele op die sokkie vas.
  2. Druk ‘n olifantvingerpop uit en pons ‘n gat vir die slurp.  Steek jou vinger deur.  Indien die kop groot genoeg is, kan jy ‘n trompettertjie deur die gat glip.
  3. Takie met getalle 1 tot 20.
  4. Maak ‘n olifantkaartjie.
  5. Teken ‘n olifant.
  6. Teken verskillende olifante na of kleur hulle in.
  7. Trek ‘n doolhof na.
  8. Verskeie idees.
  9. Druk olifantflitskaarte (naamkaarte).
  10. Olifante: Les 1, Les 2, Les 3

Olifantvelle

Gelukkige Vrouedag

Lewer kommentaar


Gelukkige Vrouedag!

%d bloggers like this: