Hiermee ‘n paar gehoor-oefeninge vir ekstra oefening…
- Oë toe. Ma maak geluide en kinders identifiseer dit. (nies, hoes, lag, maak ‘n ritssluiter oop)
- Oë toe. Luister na geluide in die huis en identifiseer of dit ver of naby is.
- Speelgoeddiere: Leerders maak telkens die geluide van die diere hardop na. (Ma of Pa wys)
- Kyk na prente van bv. voertuie, diere, ens. Maak telkens die geluide na.
- Nonsens-opdragte: Voer realistiese opdragte uit. Sit stil indien opdrag onrealisities is. (Soos Simple Simon)
- Voer een opdrag uit. (Maak seker dat boeta luister: “Maak die deur toe”)
- Voer meertallige opdragte uit (Gee tot drie opdragte op een slag: “Maak die deur toe, skink ‘n glas water en neem dit vir Pappa”).
- Klap ‘n eenvoudige ritme en die kinders volg dit na. (** –, *-*–***)
- Leer ‘n twee-reël liedjie met die eggo-metode aan. Bv. ‘n Groetliedjie. (Goeie môre, Jana. Dit is ‘n lekker dag. Goeie môre, Mamma. Dit is ‘n lekker dag…)
- Noem een woord. Kinders herhaal die woord.
- Noem twee of drie woorde. Kinders herhaal die woorde. (pap, appel, tafel, tone)
- Absurditeite: As opdrag uitvoerbaar is, klap die kinders hande. Indien nie, sit hulle stil.
- Vrae: Wat is dieselfde aan ‘n storie- en ‘n inkleurboek?
- Vrae: Wat verskil tussen ‘n storie- en ‘n inkleurboek?
- Konsepvorming: Wat het ek alles nodig om my tande te borsel / koffie te maak?
- Konsepvorming: Waarom kan mense nie vlieg nie? (Lei deur vraagstelling.)
- Wys ‘n prent van ‘n hond. Sê “hon” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “hond”.
- Wys ‘n prent van ‘n kat. Sê “at” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “kat”.
- Sê die eerste reël van ‘n kinderversie bv. “Hompie kedompie” en laat die laaste woord uit. Die kind voltooi.
- Sing die eerste reël van ‘n bekende kinderliedjie bv. “Hansie slim” en laat die laaste woord uit. Die kind voltooi.
- Samestellings: Wys prent van ‘n roomys. Sê “roomy” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “roomys”.
Sukkel jy om jong kinders se aandag te kry?
‘n Mens kan ook ‘n alternatiewe speletjie hê waar ‘n mens ‘n fluitjie blaas of ‘n klokkie lui. Die outjie/groep wat eerste sit, hand opsteek of kyk, kry ‘n bitter klein lekkertjie of ‘n spesiale plakker. As daar kinders is wat moontlik nooit ‘n lekkertjie sal kry nie, kan ‘n mens hulle in ‘n aparte groep betrek. Gee dan ‘n eenvoudiger aktiwiteit waarvoor jy vergoeding gee, sodat hulle ook die sukses kan smaak. ‘n Mens sal hierdie outjies later by van die ander groepe wil indeel sodat hulle mekaar kan help. Gee dan ‘n vergoeding vir die groep – al is daar ‘n outjie wat sukkel. Herhaal, herhaal, herhaal.
Feb 14, 2009 @ 17:10:52
‘n Oulike onderwerp vir jou kan ook Assosiasies wees/begrippe. Toe my kinders baie klein was, veral as ons lang pad gery het, was dit nogal pret om in die kar dit te speel, veral my dogtertjie was goed daarmee. Jy noem ‘n woord en dan noem hulle iets waarmee hulle dit assosieer, bv. jy noem “wolk” en hulle se “water/reen/dam/emmer/” ens. Wat sy geniet het was as jy ‘n woord noem, dan sing sy ‘n liedjie wat gaan oor daardie woord…of die woord in die liedjie gehad het. bv. “Sing”…”Sing jy van blomme of sing jy van geld..” ek dink dit stimuleer kinders nogal en hulle geniet sulke lang-pad-speletjies waar hulle ook bietjie leer. 🙂
LikeLike
Feb 14, 2009 @ 20:12:04
Dis behoorlik iets soos “brain storming 101”! 😆
LikeLike
Nov 22, 2010 @ 21:37:26
hi. ek het n seuntjie wat in Gr R is, hy sukkel met ouditiewe persepsie, is daar dalk n paar opdragte wat ek met hom kan doen?
LikeLike
Nov 23, 2010 @ 18:57:16
Hello, Jeane 😉 Probeer die paar idees wat ons as juffrouens dikwels doen. Kyk ook na die oefeninge vir voorskoolse outjies. Onthou dat ‘n Graad R- en ‘n groot deel van ‘n Graad 1-jaar bestaan uit luister (na instruksies, verduidelikings…). Dit sal dus ‘n goeie idee wees om jou seuntjie na ‘n spraak- en taalterapeut te neem vir ‘n konsultasie. Indien die fooie nie tans haalbaar is nie, kan jy altyd vir ‘n tuisprogram vra of met die plaaslike staatshospitaal se terapeute gesels. Hoe vroeër ‘n mens die moontlikheid van uitvalle / probleme uitskakel, hoe makliker kan ‘n mens die “groot skool” binne gaan. Baie sterkte 😉
LikeLike
Apr 10, 2014 @ 22:08:58
Hi Juffer Ek het n 2ling nou in Gr1 en hulle altwee sukkel met ouditiewe sintese
Kan jy help?
Lilanie
LikeLike
Apr 14, 2014 @ 18:23:16
Middag, Lilanie 😉 Probeer die idees hier bo. Ek laat die outjies hulle oë toe maak en klank dan saam met hulle die woord. Bv. k-a-t. As ‘n mens dit uit rek of al vinnig sê, kan party kinders die eenheid begin hoor. Indien dit te veel lol, sal ‘n mens ‘n spraak- en taalterapeut moet raadpleeg vir idees of ‘n tuisprogram. 😉
LikeLike
Apr 02, 2015 @ 21:29:03
Hi juffrou, my seun is in gr 5 vir kinders met spesiale behoeftes. Hy sukkel met leesbegrip so veral lees en luistertoetse is n probleem. Dit kom voor in sy wisk met woordsomme ook. Soek graag idees om by die huis te oefen.
LikeLike
Apr 03, 2015 @ 22:45:51
Middag, Kariena 😉 Hier is heelwat idees. Tik gerus soekterme soos “lees, sigwoord, hersien, leeslys, motivering, f en v, b en d, verkleinwoord, ogies, oogbeweging, aandag, e klink soos i, stories, rympies, boeke, vraestel, woordsom, deling, maaltafels, veelvoude, afrond…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die skakels onder “Hulpmiddels”, “Geletterdheid”, “Wiskunde” en “Vraestelle” aan die regterkant. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mei 11, 2015 @ 09:54:51
Goeie Môre Juffer!
My Gr1 seuntjie het begin met spraak terapie, al 2 lesse gehad. Ons kry tuis oefeninge veral ouditiewe persepsie, waar ons ñ sin moet lees en hy moet herhaal wat hy gehoor het. Party van die sinne voel ek is nogals ingewikkeld vir ñ Gr1. Daar is groot woorde, dan skrik hy oor die groot/snaakse woord en verloor dan die hele sin. En dan ook die volgorde van die woorde in die sin.
Is daar ñ manier om dit vir hom makliker te maak, miskien eers ons eie sinne maak sodat hy selfvertroue kry? Want op die stadium raak hy moedeloos.
Ons wil dit vir hom interessant maak en nie dat dit voel soos nog huiswerk nie. Enige idees?
LikeLike
Mei 12, 2015 @ 01:13:26
Middag, Angelique 😉 Ek sou vir hom luisterstories wou gee (soos Storieman) of ander elektroniese stories. ‘n Mens kry heelwat stories wat op die selfoon (iPhone of Android) gelaai kan word en waarna hy kan luister. Dit behoort te help met die uitbreiding van sy algemene woordeskat en sal hom blootstel aan vreemde woorde.
Wanneer julle dan die sinne aanpak, kan julle miskien vlugtig die moeiliker woorde verduidelik – indien dit hom afskrik. ‘n Mens kan ook probeer om ‘n effense ritme by die sin in te voeg. Dit werk vir sommige kinders. 😉 Vra egter net eers of die spraakterapeut dit sou toelaat. Baie sterkte.
LikeLike
Mar 31, 2017 @ 09:34:15
More Juffrou. Ek wil graag weet nou dat dit vakansie is, watse huiswerk ek vir my graad 1 meisie kan gee? Sy word eers in Desember 7 en vat die werkies moeilik om te doen.. Enige raad sal waardeer word. Baie dankie
LikeLike
Mar 31, 2017 @ 21:23:36
Hallo, Krizanne 😉
Tik gerus soekterme soos “wiskunde huiswerk, meer en minder, voor en na, bewerkingsteken, vlindersom, veelvoud, lees, komponente, flits, sigwoord, tuis idees, tuis oefen, abc uitspraak, abc skryf, omkering, hersien, klanke…ouditiewe, visuele, middellyn, spiertonus, potloodgreep, knip, Graad 1” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie idees. Indien jy die soekterm “Teacha” in tik, kan jy na ‘n lysie loer wat ander oefeninge/dokumente volgens graadvlak lys.
Ek sou voorstel dat julle deur die kwartaal se huiswerkvelle loer, saam boeke lees en dinge in ‘n ligte luim hou. Hoor dan na die vakansie of die juffrou intervensie (ekstra) klassies aanbied of voorstelle het, sodat julle op spesifieke aspekte kan fokus.
Lekker rus 😉
LikeLike
Apr 09, 2021 @ 14:00:40
Kan u vir my n pryslys stuur van produkte.
LikeLike
Apr 10, 2021 @ 00:05:48
Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur 🙂
LikeLike
Mar 02, 2022 @ 13:22:06
Vreeslik Dankie vir die oulike idees
LikeLike
Mar 02, 2022 @ 14:06:28
Dis ‘n plesier, Tirinta 🙂
Kom loer gerus weer in.
LikeLike