Hiermee ‘n paar oefeninge vir Graad R, 1 en 2 outjies. Lekker speel!
Liggaamsbeeld:
1. Laat die kind sy/haar groot liggaamsbewegings oefen. Demonstreer ‘n liggaamsbeweging en laat die kind dit nadoen. Gebruik eers beide teenoorstaande liggaamsdele saam en dan net een liggaamsdeel. Daarná kan die kante van die liggaam afwisselend gebruik word. (Maak dit ‘n na-aper speletjie en kyk of julle mekaar kan uitvang.)
2. Ná bogenoemde aktiwiteite kan liggaamsbewegings met apparaat gedoen word. Die kind kan byvoorbeeld ‘n hoepel net om een arm swaai, terwyl hy/sy die ander arm stil hou…doen sommer snaakse en lawwe goed.
3. Laat die kind op een been staan en aanvanklik met die nie-dominante hand teen die muur staan. Die kind moet dan met die teenoorgestelde hand ‘n bal bons of hop en vang.
4. Laat die kind soos bo staan, maar die muur los en met sy/haar nie-dominante hand agter die rug staan, terwyl hy/sy ‘n bal hop en vang. (‘n gewone 25cm – 30cm bal is reg)
5. Laat die kind op een been staan, met die nie-dominante hand agter die rug. Die kind moet die bal nou ± 30 cm in die lug op gooi en vang.
6. ‘n Ou kussing of slaansak kan uit die dak uit gehang word. Die kind moet nou die slaansak met die dominante hand slaan, terwyl die ander hand in die sy gehou word.
7. Wanneer bogenoemde opdrag maklik uitgevoer word, kan die dominante en nie-dominante hand om die beurt gebruik word om die slaansak mee te slaan.
8. ‘n Links-regs pyltjiekaart. Gee ‘n opdrag, bv. “hop op hierdie been”. Wys na ‘n pyltjie wat in die verlangde rigting wys. Bv. na regs of na links
9. Gebruik weer die pyltjiekaart en volg weer bogenoemde speletjie. Kombineer egter nou net die opdragte. Bv. “Hop op hierdie been” “na hierdie kant toe” .
10. Voer groot bewegings op die skryfbord (of ‘n groot stuk koerant teen die muur of deur) uit. Laat die kind met lateraliteitsprobleme die skryfbord met groot hale van links na regs met sy/haar dominante hand vee. Hou die nie-dominante hand agter die rug.
11. Voer groot bewegings op die skryfbord uit. Laat die kind met lateraliteitsprobleme die skryfbord met groot hale van links na regs met sy/haar dominante hand vee. Hou die nie-dominante hand langs die sy.
12. Laat die kind groot sirkels op die skryfbord maak met die dominante hand, terwyl die nie-dominante hand agter die rug is.
13. Laat die kind groot sirkels op die skryfbord maak met die dominante hand, terwyl die nie-dominante hand langs die sy is.
Visuele geheue:
1. Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit geskommel. Die kind moet dit weer in die regte volgorde pak.
2. Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit bedek. Die kind moet sê / noem wat hy gesien het.
3. Skryf ‘n klank of syfer neer. Tel tot drie en hou toe. Die kind moet dit herroep en skryf.
4. Voeg telkens ‘n klank by totdat die hele naam geskryf word.
Visuele diskriminasie:
1. Speel met enige tipe domino.
2. Teken ‘n klomp prente van verskillende tema’s op ‘n bladsy. Die kind moet nou bv. al die kosprente omkring, ens. Dieselfde kan met klankies (kleinletters) gedoen word.
3. Skryf ‘n klomp klanke rond en bont op ‘n bladsy neer. Die kind kan nou klanke soek wat in sy naam voor kom.
Lateraliteit (kennis van links en regs):
Belangrik: Moenie van “dom hand” of “slim hand” praat nie.
1. Indien daar trappe by die huis is, kan julle “Klippieskool” speel. Die kind sit op die onderste trap terwyl u ‘n klippie of muntstuk agter die rug hou. Die kind raai dan in watter hand die klip is deur mondelings die regte hand te kies. ‘n Verkeerde keuse beteken dat die kind op die trappie bly. Dié speletjie verskaf groot pret as die hele gesin saam speel.
2. As u kind in die bad sit, kan u hom vra om sekere liggaamsdele te was en ook klem lê op links en regs. Bv. “Was jou linkerarm en dan jou regterarm…en nou jou linkerkieliebak en dan die regterkieliebak. Was tussen jou tone aan jou linkervoet en dan tussen jou tone aan die regtervoet, ens.” Gebruik soortgelyke opdragte wanneer die kind homself aan- en uittrek.
Middellynkruising:
1. Speel ‘n lekker op-en-wakker liedjie waarop julle kan dans. Neem die kind by die hand en laat hom in die rondte tol – eers na die een kant toe en dan na die ander kant toe. (“jive”!)
2. Dans saam met u kind en doen sommer enige lawwe beweging waar u oorkruis aan u knieë, skouers, enkels, ens. raak. Dit is belangrik dat u kind dit probeer nadoen.
3. Speel ook “Follow the leader” en doen oorkruis bewegings soos bo. Laat u kind ook toe om nou en dan die leier te wees.
Posisie in die ruimte:
1. Wys na ‘n pyltjiekaart. Die kind moet met sy arms in daardie rigting wys en sê waarheen hy wys (links of regs).
2. As u in die motor ry, kan u vir u kind vra waarheen die rigtingwysers / padtekens wys.
3. Rigtingwoorde soos bo, onder, agter, voor, bo-op, tussen, ens. is hier ter sprake. Gebruik dit eerder as hier en daar.
…en vir die Engelse klasse:
Herewith a few exercises for Grades R, 1 and 2 guys. Have fun!
Body image:
- Have the child practice his / her major body movements. Demonstrate a body movement and allow the child to imitate. First use both opposite body parts together and then just one body part. Thereafter the sides of the body can be used interchangeably. (Make it a copycat game and see if you can catch each other out.)
- The above-mentioned activities can be done with various apparatus. The child could, for example swing a hoop around an arm, while he / she still holds the other arm in the air … or whilst doing other funny and silly activities.
- Have the child stand on one leg – initially with the non-dominant hand on the wall. The child must then bounce and catch a ball with the opposite hand.
- Let the child put his / her non-dominant hand against the wall, while he / she is bouncing and catching the ball with the other hand (a ball 25cm – 30cm in circumference would be perfect).
- Let the child stand on one leg, with the non-dominant hand behind the back. The child then needs to throw the ball ± 30 cm into the air and try to catch it.
- An old pillow or punching bag can be hung from the roof. The child must now hit the punching bag with the dominant hand whilst the other hand is held against the side or on the hip.
- When the above-mentioned command is easily carried out, the dominant and non-dominant hand can be used in turn to beat the punching bag.
- A Left-Right arrow chart: Give a brief example. “Hop on this leg.” Point to an arrow pointing in the desired direction. E.g. to the right or to the left
- Again, use the arrow chart and follow the above-mentioned game. However combine the assignments. E.g. “Hop on the leg”, “to this side.”
- Do large movements on the blackboard (or a large piece of paper on the wall or door). Let the child wipe the board with large strokes from left to right with his / her dominant hand. Hold the non-dominant hand behind the back.
- Do large movements on the blackboard. Let the child make large strokes (a wiping motion) from left to right with his / her dominant hand. Like the non-dominant hand down beside the body.
- Let the child make large circles on the chalkboard with the dominant hand, while the non-dominant hand is behind the back.
- Let the child make large circles on the chalkboard with the dominant hand, while the non-dominant hand is on the hip.
Visual memory:
- Draw or put 4 to 6 pictures in a row. The child observes for a count of five and then the pictures are jumbled up. The child should put them in the right order.
- Draw or put 4 to 6 pictures in a row. The child looks for a count of five and then the pictures are covered. The child should say / recall what he saw.
- Write a sound or symbol. Count to three and cover. The child should recall and write it down.
- Add a sound and repeat until the whole name is written.
Visual discrimination:
- Play with any kind of domino.
- Draw a lot of pictures of different themes on a page. The child must now eg. all kosprente circle, etc. The same can be done with newsprint (lowercase).
- Write a lot of sounds down haphazardly on a page. The child can now circle e.g. all the butterflies, all the sounds, etc. to sort the pictures and symbols.
Laterality (knowledge of right and left):
Important: Do not refer to “dumb hand” or “clever hand”.
- If the house has stairs, you can play “Klippieskool” (roughly translated to Pebble School). The child would sit on the bottom step while you are holding a pebble or coin behind your back. The child would then guess in which hand the pebble is. A wrong choice means that the child remains on the step, but a correct answer would mean that the child could move up one step. This game provides great fun.
- In the bath tub, you could also focus on left and right. E.g. “Wash your left arm and right arm … and now you left foot and the right foot. Wash between your toes on your left foot and between your toes on the right foot, etc.” Use similar assignments when the child dresses him- or herself.
- Play an upbeat song that you could dance to. Take the child by the hand and let him spin – first one way and then the other side. (“Jive”!)
- Dance with your child and do any silly movement where you would touch your opposite knees, shoulders, ankles, etc. It is important that your child would try to imitate.
- Also playing “Follow the leader” and do crisscross movements as above. Change roles and let your child be the leader too.
Position in space:
- Point to an arrow chart. The child needs to point in that direction with his arms and identify the direction (left or right).
- When you are driving in the car, you can ask your child where the arrows on road signs are pointing.
- Directional Words such as top, bottom, back, front, top, between, etc. are better to use in this regard, than “here” and there”.
Feb 14, 2009 @ 17:13:55
hi Juffer, ek los nou oral hier kommentaar.. 🙂 Jy ken seker Grove se boek oor RO? en dan was daar so swart boek…was dit De Beer? met die titel iets soos “Leer-en spelling-probleme”..jong, dis baie jare terug toe ek RO op Kollege gehad het as een van my akademiese vakke en ons moes die 2 boeke aankoop, daar’s ook hope idees en oefeninge in. Nou voel dit vir my dit was Grove en Hauptfleish…iets in daardie lyn.
LikeLike
Feb 14, 2009 @ 20:15:36
Ja, ek sit met ‘n rak vol Hauptfleish en Grové boeke. Ek dink dis ‘n Nicolette De Beer wat daardie boek geskryf het. Ons dosente het spesiaal die boeke laat bestel en indien dit uit druk was, is spesiale versoeke gerig om dit te laat druk en bind spesiaal vir ons. Dit bly steeds van die mees omvattendste onderwysgidse vir Grondslagfase-opvoeders.
LikeLike
Feb 16, 2009 @ 15:57:55
Ja, dit was Nicolette A de Beer, ek onthou nou. http://www.boffinsquad.co.uk/index.aspx
Hier’s a link, nogal baie oulik, oor Multiple Intelligence…daar’s a quiz vir kinders om te neem, dit sal ook seker vir ouer kinders wees en nie gr1’s nie, jy kan dan die quiz afprint ook. Ek het hom ook sommer geneem om te kyk waaroor dit gaan. Dis nogal oulik. Ons het ‘n week “vakansie” hier..sterkte daar “onder” 🙂
LikeLike
Feb 17, 2009 @ 15:17:18
Ag, ek wens dit was lang naweek! 😉
Dankie vir die link. Ek gaan hom sommer vir ‘n paar kollega’s ook stuur.
LikeLike
Feb 17, 2009 @ 18:11:31
http://www.leadermagazine.co.uk/article.php?id=1272
Dis ‘n plesier…ek lees so pas hierdie artikel…skokkend! Ek het dit nie geweet nie…dat die Senco hier in Engeland (Senco is die SEN-Coordinator… (Special Ed Needs)- ek dink in SA het ons mos dieselfde term – nie eers ‘n gekwalifiseerde Onnie is nie! Ek gooi my hande in die lug en staan verslae!!
LikeLike
Feb 18, 2009 @ 14:59:04
Ons Koördineerders (vir die OOS: Opvoeder Ondersteuningspan of EST) kan ‘n gewone opvoeder wees, maar is meestal die LSEN juffrou. ‘n Mens moet darem seker ‘n bietjie “papiere” hê om te wys jy kan 😉
LikeLike
Mei 06, 2010 @ 19:35:51
wow, dis ‘n awesome webwerf die. ek is tans ‘n 2de jaar onderwys student by tuks. ek swot grondslagfase en my spes vak is RO wat nou bekend staan as spesiale onderwys behoeftes. ek geniet die vreeslik baie. daar is klomp nuwe boeke ook nou beskikbaar wat die oulikste idees, oefeninge ens, bied. weereens, dis ‘n baie oulike “site”
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 15:55:46
Welkom, Meryke en dankie! 😉 Stuur asseblief vir my die boeke se name aan – as jy dit byderhand het. Dalk kan ek dit hierdie kant van die land opspoor 😆 remediering@hotmail.com
LikeLike
Mei 10, 2011 @ 20:38:59
sjoe*** ek geniet elke stukkie wat ek hier raak lees!!!
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 19:28:49
Baie dankie, Eleanor 😉 Loer gerus weer in!
LikeLike
Okt 05, 2015 @ 07:58:31
Dankie vir insiggewende idees
LikeLike
Okt 05, 2015 @ 13:44:19
😉
LikeLike
Feb 08, 2016 @ 21:59:58
My dogtertjie het probleme met lateraliteit asook visuele persepsie-is daar dalk boeke of ander navorsings-stukke wat ek kan gebruik om haar te help asb?Sy is in gr 2.Ek het haar by ‘n arbeidsterapeut huidiglik-het dit opgetel toe hulle self hierdie jaar van die bord af begin skryf het.Dankie.
LikeLike
Feb 08, 2016 @ 22:12:48
Hallo, Anelda 😉
Is die ogies al getoets vir sig/visie én oogbewegings? Dit verklaar soms waarom hulle verkeerd afskryf (bv. omkerings en omruilings maak). Jy kan soekterme soos “visuele, oog, ogies, VMI…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir meer idees. Daar is ook enkele skakels aan die regterkant onder “hulpmiddels”. Die webwerf Eye can Learn het enkele aanlyn oefeninge.
Hauptfleisch & Grové het perseptuele gidse met oulike inligting. Loer gerus in die dorpsbiblioteek of vra vir ‘n juffrou by die plaaslike laerskool of julle dit kan leen. 😉
LikeLike
Feb 10, 2016 @ 08:16:00
Hallo, Ja haar oe is al die afgelope 3 jaar getoets by die skool en dan het ek haar ook self vir ‘n oogtoets geneem waar alles “normaal” geklas is.Baie dankie, ek sal bg doen en kyk of ons haar kan help. Die arbeidsterapeut help ook met oefeninge, maar ek sien dat sy steeds foutjies maak met die afskryf van die bord af….ek moet seker ook meer geduldig wees.
LikeLike
Feb 10, 2016 @ 22:24:20
😉 Vra haar om haar eie werk deur te kyk vir foute. Ek wys soms vir die kinders hoe ek dit self ook moet doen, want almal maak foute. Hulle geniet die verstrooide juffrou, maar as die outjie herhaaldelik nalatig is en nie probeer deur lees nie, maak ek stem dik. Sommige outjies het meer kans nodig, maar kom wel by die bestemming aan.
LikeLike
Feb 23, 2016 @ 14:58:49
Baie dankie vir die hulpsame bladsy. Ek does vir aktiwiteite met fl. Gr sl gl ens. U help sal wardeer word
By voorbaat dank. Ek is ‘n graad 3 onderwyser en afrikaans is hulle FAL
LikeLike
Feb 23, 2016 @ 17:33:06
Middag, Diann 😉
Tik “klanksamevloeiing” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Dit sal vir jou idees gee.
Ander soekterme vir spelwerk kan die volgende insluit: “dubbelklank, tweeklank, drieklank, f en v, woordeinde, e klink soos i, verkleinwoord, meervoud, hersien, klanke…”.
LikeLike
Apr 17, 2016 @ 20:21:54
Hallo Juffer. ASB inbox my sal dan verduidelik hoekom. Sal dit baie waaardeer.
LikeLike
Apr 17, 2016 @ 21:07:10
Ek maak so.
LikeLike
Mar 08, 2017 @ 09:21:50
Baie dankie vir die oulike blad!! Ek het tot onlangs my 2 kinders ge unschool, en het nou eers begin met n kurrikulum. My 10 jarige dogtertjie sukkel vreeeeeeslik met wiskunde, ek doen nou voorskoolse wiskunde met haar, dis asof sy die basiese goed eenvoudig nie snap nie. Boetie , 9, sukkel glad nie, en sal sommer maklik 5 grade in een jaar kan doen. Ek voel so moedeloos met sussie, ek het Brombacher se wiskunde vir laerskool aangekoop, en dis vreeslik oulik. IS daar nog iets wat jy aanbeveel wat ek kan doen? Ek vermoed sy is disleksies
LikeLike
Mar 08, 2017 @ 13:41:24
Hallo, Tina 😉
Indien sy ‘n spesifieke leerprobleem in terme van wiskunde het, sal ‘n opvoedkundige sielkundige dit kan bepaal. Loer gerus eers na die wiskunde idees hier op my blog deur soekterme soos “wiskunde huiswerk, breuke, woordsom, syfers, geld, hoe laat is dit, veelvoud, maaltafels, uitdeel, deling…vraestel” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in te tik. Die KABV-werkboeke het ook soms goeie voorbeelde.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike