Tuis

die rapport en rapportkommentaar

9 Kommentaar


rapport

Dis die einde van die jaar en ‘n mens wil die laaste rapport ekstra spesiaal maak.  Indien jy baie tyd op hande het, kan jy self ‘n oulike koevert vir elke kind maak…indien jy ‘n onderwyseres is…kan die kinders dit maak 🙂

Jessica Jones het oulike idees oor koeverte.  Ek gaan nog so ‘n paar idees noem…Gebruik A5 bruin of wit koeverte vir die volgende:

Teken die buitelyn van ‘n prent af op ‘n ou x-straalplaat – met ‘n permanente koki.  Gebruik byvoorbeeld ‘n kenteken van jou klaskamer (‘n ster, dier of selfs die Graad – bv. 2, 1 of 3) of kersfeesprente (kersboom…) en sny dit uit.  Indien jy ‘n lamineermasjien naby het, kan jy eenvoudige die prent lamineer en versigtig uitsny vir gebruik.  Plaas dit bo op die koevert en plak liggies met wondergom vas .  Nou kan jy kies wat jy met die sjabloon wil maak…

  • doop ‘n sponsie (sommer ‘n sponsie uit ‘n ou pilbotteltjie) in tandepasta-dik verf en drup die meeste verf uit…droogspons nou liggies bo-oor die sjabloon en laat droog word…skryf die kind of ouers se naam in die oop spasies
  • vul ‘n ou spuitbotteltjie met voedselkleursel – verdun effens – en spuitverf die koevert…hou egter die botteltjie hoog en ver weg sodat die koevert nie onnodige blertse kry nie…’n keelspuitjie het nogal baie woema
  • as jy netjies kan sny, kan jy die karaktertjie uitsny en een kant bêre – sodat jy die groter raam kan gebruik.  Spuitverf of spons dan die binnekant van die stensil op jou koeverte…

Neem ‘n foto van elke kind en druk dit op die koevert tesame met sy / haar naam. (Gebruik ‘n tema – bv. dra ‘n kersmus, poseer by die skoolwapen…)

Koop spesiale papier, druk die koevertraam daarop en sny uit.

Sny geskenkpapier (gewone, bruin of kerstema) in A4-velle.  Druk die koevertraam daarop – met die kind se naam in die middel.  Daarna kan jy die koevert self uitknip of vir die betrokke kind vra om dit te doen.  Seël dit met ‘n bypassende satyn of organza lint.  Jy kan die lint strik of met ‘n wasseël afrond.

Indien jy die buitekant van die koevert professioneel wil hou, kan jy die woord “Vertroulik” en die ouerpaar se name daarop druk. Versier die binnekant van die koevert met ‘n verrassingsmotief. Sny die randjie ietwat kleiner as die buiterand van die koevert se flap en plak die koevert toe met ‘n gepaste plakker – eerder as om dit toe te lek.

Rapportkommentaar:

einde van die jaar

3 Kommentaar


Wat maak ‘n mens aan die einde van die jaar? Eindig ‘n mens die jaar met ‘n vinnige wuif by die deur of maak jy iets spesiaals daarvan?

Ek het ‘n paar oulike idees teë gekom om veral by die jonger grade in te span. Weereens is die meeste gediggies en idees in Engels. Wie kan aan iets ouliks (in Afrikaans) dink?

Maak ‘n hele tema om die jaar mee af te sluit en hou ‘n uitstalling van die jaar se lekkerste gebeure. ‘n Goeie manier om die klas te versier is om foto’s en prente aan ‘n tou vas te knyp en om dit van hoek tot kant bo-oor die leerders te span. Plaas die gebeure in kronologiese volgorde en vra die kinders om kortliks die gebeure te beskryf. Bv. Jana het in Januarie verjaar. Ons het ‘n swembad-partytjie gehou en het lekker gespeel… Ons klas het die meeste geld ingesamel vir die skool se nuwe vlagpaal. Dít was nou ‘n goeie spanpoging!…Maak ‘n punt daarvan om iets oor elke leerder te plaas.

Indien daar muurruimte is, kan ‘n mens ‘n spesiale kleurvolle uitstalling aanbring. Wat van ‘n tema soos “Mooi dinge om te onthou uit my Graad 2-jaar”? Indien ‘n mens die kans het (of ‘n helpende mamma of twee), kan die oulike stories en prente op CD’s geskandeer word en as ‘n afskeidsgeskenk uitgegee word. Indien die CD’s ‘n bietjie duur is, kan ‘n afgerolde boekie gebind word vol herinneringe…met ‘n prettige klasfoto op ‘n kleurvolle voorblad 😉 Wees gerus kreatief en maak die herinneringe ekstra spesiaal.

Kersfees as tema

Lewer kommentaar


Iemand (dankie T!) het vandag vir my gevra oor idees vir ‘n Kersfees-tema.  Ek plaas solank ‘n paar idees hier en sal uitbrei so tussen die punte en rapporte deur 😉

  1. Allkidsnetwork
  2. Inkleurprente
  3. Inkleurwerk
  4. Kunsvlyt
  5. Kinderhelper – verskeie temas
  6. Animal Junior
  7. DLTK verskeie werkvelle en aktiwiteite
  8. abcteach verskeie aktiwiteite
  9. Oulike idees vir geskenksakkies en kaartjies
  10. verskeie
  11. Skryf vir Kersvader…en ander
  12. kunsvlyt
  13. doolhof
  14. naamkaartjies vir geskenke
  15. sneeuvlokkies
  16. nog sneeuvlokkies
  17. kersboomversierings uit herwinde kaartjies
  18. Kabouterprent
  19. Kwaaitjie Kabouter (ou omie)
  20. Blomruiker kabouter
  21. Dawie die Kabouter en nog Dawie prente
  22. Kabouterkoekies
  23. Verskeie kabouters
  24. Kous doolhof
  25. Kersboom
  26. GROOT verskeidenheid prente

Lekker snuffel!

Loer ook hier vir skakels na Bybelverhale.

Tik soekterme soos “Kersfees” en “soutklei” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke skrywes.

voorspoed

2 Kommentaar


oulike gedagte - onlangs ontvang
onlangs ontvang – oulike gedagte

Voorspoed aan al die opvoeders wat besig is met die laaste stuiptrekkings van nog ‘n besige jaar.  Die departement het reeds begin met besoeke aan skole – om te verseker dat die kleingoed mooi vorder.  Sommige skole het al met die finale eksamen begin.   Baie voorspoed aan elke ouer, opvoeder en kleinding – veral met die groot opgewondenheid en angste wat met die assesserings gepaard gaan.  Juffer hou duim vas 😉