Wat maak ‘n mens aan die einde van die jaar? Eindig ‘n mens die jaar met ‘n vinnige wuif by die deur of maak jy iets spesiaals daarvan?
Ek het ‘n paar oulike idees teë gekom om veral by die jonger grade in te span. Weereens is die meeste gediggies en idees in Engels. Wie kan aan iets ouliks (in Afrikaans) dink?
Maak ‘n hele tema om die jaar mee af te sluit en hou ‘n uitstalling van die jaar se lekkerste gebeure. ‘n Goeie manier om die klas te versier is om foto’s en prente aan ‘n tou vas te knyp en om dit van hoek tot kant bo-oor die leerders te span. Plaas die gebeure in kronologiese volgorde en vra die kinders om kortliks die gebeure te beskryf. Bv. Jana het in Januarie verjaar. Ons het ‘n swembad-partytjie gehou en het lekker gespeel… Ons klas het die meeste geld ingesamel vir die skool se nuwe vlagpaal. Dít was nou ‘n goeie spanpoging!…Maak ‘n punt daarvan om iets oor elke leerder te plaas.
Indien daar muurruimte is, kan ‘n mens ‘n spesiale kleurvolle uitstalling aanbring. Wat van ‘n tema soos “Mooi dinge om te onthou uit my Graad 2-jaar”? Indien ‘n mens die kans het (of ‘n helpende mamma of twee), kan die oulike stories en prente op CD’s geskandeer word en as ‘n afskeidsgeskenk uitgegee word. Indien die CD’s ‘n bietjie duur is, kan ‘n afgerolde boekie gebind word vol herinneringe…met ‘n prettige klasfoto op ‘n kleurvolle voorblad 😉 Wees gerus kreatief en maak die herinneringe ekstra spesiaal.
Nov 21, 2009 @ 16:09:23
Julle jaar is byna op ‘n einde en ons s’n die kant byna halfpad. Ons sluit die 18de vir 2 weke na ‘n baie lang eerste termyn. Die tweede is baie kort en die laaste een is weer oneindig lank.
LikeLike
Nov 22, 2009 @ 07:54:09
ai jai jai…Baie sterkte! Ek tel al die dae af tot die vakansie. Ons skole sluit vanjaar ‘n hele week later as gewoonlik…Gelukkig begin my administratiewe jaar nou stadig maar seker afplat en kan ek uiteindelik die klas begin reg trek. Enige helpers?
LikeLike
Des 12, 2009 @ 03:01:54
Agree… run for your dream… best regards
LikeLike