Klik op die onderstreepte woorde of op die prente onderaan die skrywe.
- Tel elke dag: As die outjie sukkel met telling – met begrip – tel eers net in ene. Gebruik tellers (soos knope of doppies) en skuif dit weg soos julle aftel. Later skuif ‘n mens twee-twee as jy in tweë tel en drie-drie as jy in drieë tel. Skuif eers vir die kind en laat die outjie dan self skuif as hy/sy genoeg selfvertroue het. Dis belangrik dat julle nie te ver tel nie – eers net tot by tien, dan 20, dan 30. As julle genoeg in veelvoude en ene vorentoe getel het, kan julle ook terug tel (Kom ons tel terug vanaf 30. Mooi! Kan jy in tweë terug tel?) Prys elke poging en motiveer met ‘n Steers-roomys aan die einde van die week.
Speel ook speletjies soos Slangetjies en Leertjies. Dit help die outjie om die volgorde (of posisie) van getalle spelenderwys aan te leer. Wanneer jy aan- of terugskuif, is dit in werklikheid aantel en terugtel.
- Bespreek die getal: Gee ‘n getal in jou kind se getalgebied (bv. 23). Vra nou vrae soos: Pak vir my 23 krale in die bakkie. Hoe sal jy dit groepeer? (bv. 10, 10 en 3 of 5 en 5 en 5 en 5 en 3…). Hoe skryf ‘n mens die syfer / getal? Skryf vir my die getalnaam. Tussen watter getalle staan 23 as ek tel? (Tel hardop van 1 af as die outjie sukkel of sleep vlugtig die 100-blok nader.) Ontbind die getal – skryf die tiene en ene apart: 20 + 3 en dan 20 + 3 = 23! Praat en bespreek voortdurend. Dit help nogal as jy gemaak “onkundig” voorkom (Haai, kyk hoe slim dink jy. Jy het nou ‘n slim manier gekry om die getal op te breek!) Ontbinding is maklik met flard-/spreikaarte (plaas die regtersye van die kaarte op mekaar om die syfer te vorm en skuif uit mekaar om die tiene en ene apart te sien). Hoe lyk die getal as ek die honderde, tiene, ene apart teken? Wat is * meer en * minder?
Flardkaarte 1, Flardkaarte 2
- Kombinasies: Trek ‘n “hoofletter T” en skryf 23 bo-op die boonste lyn. Skryf bv. 20 aan die linkerkant van die streep en vra vir die outjie wat hy/sy moet by tel om 23 te kry. Sy skryf dan die antwoord regs van die lyn. Skryf verskeie getalle (23 en kleiner) onder mekaar en vra dat die outjie die res van die getal aan die anderkant sal skryf. Hou na die tyd ‘n liniaal onder elke lyn en skryf die somme op ‘n bladsy neer: bv. 15 + 8 = 23, 16 + 7 = 23. Hierdie webtuiste laat jou toe om jou eie getalle te kies en gee dan verskeie kombinasiesomme om te oefen.
- Woordprobleme: Nou kan julle die woordprobleem aanpak. Begin aanvanklik slegs met plussomme (antwoorde kan dan toevallig 23 wees).
Jan het 16 sokkies en Johan het 7 sokkies. Hoeveel het hulle altesaam?
Minus bv.: Jana het 23 rekkies gehad. Sy het 4 verloor. Hoeveel rekkies het Jana oor?
- Halveer: Neem ‘n vel papier en vou dit in die helfte. Vou oop. Wys no
u dat die een heel papier presies in die helfte gedeel is. Die twee dele is presies ewe groot. Dit beteken dat die kleiner blokkies die helfte van die grootte is. Deel ook “slab” sjokolade op. Tel dan die blokkies – bv. 12. Werk nou uit hoeveel elkeen sal kry as julle die sjokoladeblokkies tussen net julle twee gaan verdeel. (Een vir jou en een vir my…) Hoeveel kry jy? Hoeveel kry ek? Dis dieselfde hoeveelheid. Die groot sjokolade is presies in die helfte verdeel. Doen hierdie tipe aftellery gereeld.
- Vorms
- Vermenigvuldiging
- Deling
- Duisende, Honderde, Tiene, Ene: Dienesblokke
- Getalblokke (1 – 1 000)
- Tangramme
- Graad 1 Afrikaans / Engels
- Graad 2 Afrikaans / Engels
- Graad 3 Afrikaans 1 en 2 / Engels 1 en 2
- Getalle
- Vlindersomme
- Dienesblokke
- Veelvoude








Sep 17, 2012 @ 08:55:51
More juffer,
Ons het ‘n kleuterskooltjie agt maande gelede begin, ek wil graag meer oor die telwerkies uitvind vir die 3 tot 5 jaar groepie. Wat behoort hulle alles te kan doen om gereed te wees vir Graad R.
LikeLike
Sep 17, 2012 @ 18:08:10
Middag, Karin 😉 Ongelukkig is ek nie kundige met die voorskoolse ouderdomsgroep nie. Jy kan wel na die CAPS-kurrikulum loer om te sien wat hulle reeds in die eerste kwartaal aanspreek. Dit behoort vir jou ‘n goeie indruk te gee van wat verwag word. Sover ek weet is daar nie juis ‘n amptelike kurrikulum vir grade voor Graad R nie. 😉
LikeLike
Okt 09, 2012 @ 08:21:03
Hallo Juffer
Ek is dringend opsoek na wiskunde boeke vir graad 1 tot 4 waar die antwoorde ook verskaf word.Bv die Blitz Wiskunde reeks van Oxford University Press. Die antwoorde is vir my belangrik, aangesien ek ekstra wiskunde met my kind van graad 3 doen. Ek het tot die gevolgtrekking gekom, dat sy nie genoeg praktiese oefening in die klas kry nie. Ek kan dan die boeke bestel. die skool kan my nie help nie. Ek het al die juffrou en die wiskunde vakhoof gekontak, maar sonder enige antwoorde, Hulle stel Kumon en Mathletics voor, wat ek al lankal ondersoek het en nie wil gebruik nie.
LikeLike
Okt 16, 2012 @ 22:32:07
Hallo, Annie 😉 Ek het per e-pos geantwoord 😉 Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 03:54:11
Hello Ons is 2 graad 5 meisies en ons is uit Australië!Dit lyk soos jy is besig met ‘n baie goeie leer.
Te vertel dat jy ons Google Translate (webwerf) gebruik het om dit te skryf in jou taal.
Ons wil graag dit as jy ons klas blog visted
http://grade56m2009.edublogs.org/
Van Alice en Anjali.
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 18:21:34
Middag, Alice en Anjali 😉 Thank you for visiting my blog 😉 The translation worked well! 😆
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 03:57:17
I am from austrailia.
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 18:18:58
Hallo, Nic 😉 Thank you for popping in from Down Under! 😉
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 04:02:21
Ek is uit Australië I am Australia
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 18:18:28
Hi there Seb and Aiden 😉 Welcome to my blog 😉 A big “hello” to your classmates 😉
LikeLike
Jan 05, 2014 @ 22:13:09
Hallo Juffer,
Ek geniet jou oulike wenke. Ek is nuuskierig om te hoor hoe jy die =, + en – tekens aan die kleintjies bekendstel.
Elzette
LikeLike
Jan 16, 2014 @ 17:55:54
Middag, Elzette 😉
Ek sou dit koppel aan klein storietjies. Gebruik iets soos lekkergoed. Bv. Jannie en Pierre wil lekkers eet. Hulle eet Smarties en besluit om dit bymekaar op die bord te pak. Wanneer ons hoeveelhede of syfers bymekaar sit, gebruik ons ‘n +-teken (sit ‘n groot voorbeeld neer). Jannie haal 3 uit en Pierre haal 2 uit die pakkie. Daar was 3 en toe word dit 2 meer. Hoeveel lekkers het hulle bymekaar? Hoeveel is dit altesaam?” Gebruik baie woordeskat en terme wat die begrip kan oorbring.
Met aftrekking, kan die outjies in die storie iets eet of voëltjies kan byvoorbeeld weg vlieg. As jy 2 strepies of stokkies van dieselfde lengte vir die + gebruik het, kan die vertikale strepie dan “weg vlieg”.
As jy later = gebruik, kan die outjies sien dat die stokkies ewe lank is/gelyk. Gebruik dalk ook ‘n skaal om te wys dat wat jy aan die linkerkant van die = het, dieselfde as die hoeveelheid aan die regterkant moet wees.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jan 30, 2014 @ 16:07:10
Ek is asseblief baie dringend op soek na wenke om n kind in n gr 2 klas te help met konsentrasie en werkstempo. Behalwe medikasie, wat kan ek as Juffrou ekstra doen om hom te help en ook aan te moedig om vinniger te werk. Ons klassie is lekker klein. Net 7 kinders, maar sy werkstempo is n reuse proleem en is besig om al die ander kinders terug te hou.
LikeLike
Feb 04, 2014 @ 17:58:43
Middag, Marietjie 😉 Wat van uitdagings soos om ‘n takie klaar te maak “voor die lang arm van die horlosie op die 6 is”…Stel ‘n eier-wekkertjie om die tydperk aan te dui of gee belonings vir outjies wat wel hul doelwitte bereik het.
LikeLike
Mar 18, 2015 @ 17:17:03
Ek sal graag wil aansluit.Wat ek gesien het intereseerd my. Dankie
LikeLike
Mar 18, 2015 @ 22:33:17
Hallo, Martha 😉 Jy kan aansluit deur jou e-pos adres by die blokkie regs bo-aan die voorblad in te tik.
LikeLike
Mar 19, 2018 @ 18:28:49
Hi wil graag meer weet van halveer,verdubbel en kombinasies ek doen huiswerk en nog ander dinge saam n 6 jarige seun nodig hulp asseblief
LikeLike
Mar 19, 2018 @ 22:35:27
Hallo, Judy 😉
Klik gerus op die vet gedrukte woorde/skakels in die artikel. Daar is ‘n stukkie oor halvering en verdubbeling. Klik ook hier op die skakel in verband met “voor en na, meer en minder, bewerkingstekens, vlindersomme…”
Vir kombinasies kan julle ‘n getal kies (tussen 1 en 10) en soveel stokkies, boontjies of krale uit tel. Kyk dan na hoeveel kombinasies of somme julle kan kry om die getal te bou. Bv. 1 + 5 = 6, 5 + 1 = 6, 2 + 4 = 6, 4 + 2 = 6, 3 + 3 = 6, 6 + 0 en 0 + 6 = 6.
Hier is nog ‘n paar skakels onder die “syferkundigheid”-hofie beskikbaar.
LikeLike