Tuis

Pikkewyn

1 Kommentaar


scientificillustration2 humboldtmagellan scientificillustration

Vandag is Pikkewyndag.  Die Bril- of Afrika-pikkewyn kom aan die Suid-Westelike kus van Afrika voor en lewe ongeveer 10 – 15 jaar.  Daar is egter ook baie ander soorte pikkewyne.  Ken jy die spesies?  Kan jy soos ‘n pikkewyn waggel (of swem)?

Wêreld Boeke nag

Lewer kommentaar


  • Pak vanaand die boekrak reg,
  • rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur),
  • maak boekmerkies vir elke gesinslid,
  • begin ‘n boeke spaarblikkie,
  • besoek die biblioteek,
  • raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie,
  • lees vir mekaar,
  • maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en
  • neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek.  Druk die foto’s uit maak ‘n muurcollage.  Indien jy dit in jou klas se leeshoekie wil begin, neem maandeliks foto’s en inspireer mekaar.
  • Indien julle boeke het om te skenk, plaas ‘n boodskappie voor-in.

Lekker lees!

Tik ook soekterme soos “boek, biblioteek, taaldag, lees, eboek, leeslys, leesreeks” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

robotkaarte

4 Kommentaar


jufferrobotkaartRobotkaarte werk soos ‘n verkeerslig.  Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt.  Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig.

robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy)

Wat kan jy met hierdie kaarte doen?

  • Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering).  Gebruik dit net so of druk op helderkleurige karton.
  • Liaseer dit in lêersakkie.  Skryf daarop met witbord veselpenne.
  • Oefen skrif deur met elke kleur in die krytpakkie daarop te skryf (reënboogskrif).  Verf met effens verdunde voedselkleursel.
  • Skeur en plak fyn stukkies gekleurde papier (bv. uit ‘n tydskrif) daarop.
  • Skryf die letter en oefen die letter op die wit agtergrond.
  • Skryf die syfer en plak soveel soortgelyke prente rondom.  Bv. 6 eiers, 2 skoene.
  • Plak prente wat met die letter begin, op die wit agtergrond.  Versigtig:  Die klinkers moet soos ‘n klinker (a vir appel, e vir emmer, i vir in, o vir op, u in die middel van bus) en nie soos ‘n dubbelklank (aa, ee, oo, uu) klink nie.
  • Hou die kaarte in lêersakkies of lamineer.  Rol klei in lang wurms en vorm die letters of syfers daarmee bo-op die sakkies.
  • Smeer gom binne-in die simbole om sand, sout, poeier, blinkertjies, ens. bo-oor te strooi.
Screen Shot 2015-06-24 at 18.48.29
alfabetvelle
Enkelklanke
Vir soortgelyke idees, tik gerus soekterme soos “abc, skrif, skryf, alfabet, syfer, klanke, fynspier, handspier… tuis idees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die “Drukbare Bladsye”-hofie.

abc123

 

Paasfees

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Hiermee so ‘n paar kunsvlyt idees om as gesin te probeer…

  • ‘n Paas-sonvanger:  ‘n Eenvoudige, maar effektiewe ruit-versiering is om ‘n son uit snesie-papier (tissue paper) te sny.  Plaas ‘n paar lae (oranje en geel) bo-op mekaar en plaas dan ‘n groot sirkelvormige voorwerp bo-op.  ‘n Stukkie van die bak kan oor die rand skuif om die horison te maak.  Trek af en sny uit.  Hou die res van die papier steeds op mekaar en sny die strale uit.  Doop ‘n sponsie of watte in kookolie en smeer dit bo-oor.  Die papier absorbeer die olie en laat die lae aanmekaar kleef.  Dit laat die son ook aan die ruit kleef (lekker morsig, maar mooi).  Jy kan die strale se lae afsonderlik (of in die pakkie) om die son versprei en dan kruise, woorde of selfs ‘n versie om of op die son plak.  ‘n Mens sal net die letters afsonderlik moet uitknip en plak. Die mooiste deel van hierdie versiering is dat hierdie son gloei wanneer die sonstrale daarop val.
  • Kleur eiers met mooi patrone:  Gebruik ‘n stukkie sylap (bv. gesnyde ou serpe of dasse) – groot genoeg om styf om die eier te bind – en ‘n stukkie katoen (bv. gesnyde, ou t-hemp).  Plaas die sylappie bo-op die katoen en die eier bo-op die materiaal.  Vou die lap so glad en styf as moontlik oor die eier en bind die punt met ‘n rekkie vas.  Bedek die eier(s) met water en drie eetlepels asyn.  Kook vir sowat 20 – 30 minute en haal die eiers uit om af te koel.  Die patrone behoort dan netjies agter te bly en die eiers kan as versierings op die tafel dien.
  • ‘n Mens kan ook oulike, wasbare tatoeërmerke koop en op eiers afets.
  • Los ‘n bietjie muurpapiergom (beskikbaar in klein koevertjies) op en verf die eier daarmee (of houtlym).  Rol die eier in blinkertjies om ‘n dik lagie te maak en laat dit op ‘n ou borsel, naelborsel of ‘n speldekussing stelasie* droog word.  (*Steek spelde in rytjies of blokkies op ‘n stuk spons of oase in.)
  • Verf die eiers met swartbordverf en laat op die speldekussing stelasie droog word.  Skryf die gaste se name op elkeen.
  • Prik ‘n eierdop met ‘n speld en hang dit aan ‘n effens oop gebuigde skuifspeld. Gebruik verskeie kleure ou naellak en drup dit bo-op water in ‘n klein weggooibare glasie totdat die hele oppervlakte met naellak bedek is.  Trek ‘n tandestokkie daardeur om patrone te maak en doop die eier daarin.  ‘n Mens sal die eier dalk meer as een keer moet doop en die proses moet herhaal.  Hang die skuifspelde aan die wasgoedlyn op totdat die eier droog is.
Vir nog Paasfees of Bybelles idees, kan julle soekterme soos “Paasfees” en “Sondagskool” by die bruin soekblokkie regs-bo in tik.
inkleurprente

paastyd