Tuis

robotkaarte

4 Kommentaar


jufferrobotkaartRobotkaarte werk soos ‘n verkeerslig.  Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt.  Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig.

robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy)

Wat kan jy met hierdie kaarte doen?

  • Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering).  Gebruik dit net so of druk op helderkleurige karton.
  • Liaseer dit in lêersakkie.  Skryf daarop met witbord veselpenne.
  • Oefen skrif deur met elke kleur in die krytpakkie daarop te skryf (reënboogskrif).  Verf met effens verdunde voedselkleursel.
  • Skeur en plak fyn stukkies gekleurde papier (bv. uit ‘n tydskrif) daarop.
  • Skryf die letter en oefen die letter op die wit agtergrond.
  • Skryf die syfer en plak soveel soortgelyke prente rondom.  Bv. 6 eiers, 2 skoene.
  • Plak prente wat met die letter begin, op die wit agtergrond.  Versigtig:  Die klinkers moet soos ‘n klinker (a vir appel, e vir emmer, i vir in, o vir op, u in die middel van bus) en nie soos ‘n dubbelklank (aa, ee, oo, uu) klink nie.
  • Hou die kaarte in lêersakkies of lamineer.  Rol klei in lang wurms en vorm die letters of syfers daarmee bo-op die sakkies.
  • Smeer gom binne-in die simbole om sand, sout, poeier, blinkertjies, ens. bo-oor te strooi.
Screen Shot 2015-06-24 at 18.48.29
alfabetvelle
Enkelklanke
Vir soortgelyke idees, tik gerus soekterme soos “abc, skrif, skryf, alfabet, syfer, klanke, fynspier, handspier… tuis idees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die “Drukbare Bladsye”-hofie.

abc123

 

abc

2 Kommentaar


 

alfabet klanke muurkaart

 

abcjuffer

Tik ook abc, klanke, skrif, skryf of alfabet by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die “drukbare bladsye” en TEACHA.

klanke en patrone

4 Kommentaar


RAAMWERK VIR DIE AANLEER VAN KLANKE IN DIE GRONDSLAGFASE

Dit is nie ‘n moet dat die skryf van klanke noodwendig in dieselfde volgorde aangebied of aangeleer word nie.  ‘n Gids wat uit 1997 dateer gee die volgorde as:  “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, d, g, s, f, e, aa, ee, oo, uu, ou, ui, eu, ei.”

Hier volg ‘n moontlike kombinasie van klanke en patrone:

wolfpatroon

Perdjiespring– of wolfpatroon:  

Drukskrif:  v, w en (y as die skool die “skerp y” gebruik) – ook later x en z

hasiehop

Hasie hoppatroon:  

Drukskrif:  m, n, r, l, h, b, p 

apieswaai

Swaaiof “Tarzan”patroon:  

Drukskrif:  u, y, i, j (as die skool die “geronde y” gebruik)

branderpatroon

Brander– of seepatroon:  

Drukskrif:  o, a, e, s, d, g, f, t – en later c en q

Loer ook na Patrone, ABC Skryf, Skrif voorbeelde en die skrif-oefeninge.

ABC – uitspraak van klanke

16 Kommentaar


abcuitspraakDie uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou.  Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken.  Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie.  Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik.  Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank.  Die naam vir “a” is A (“aa”).  Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”).  (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T.  Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)

Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy.  Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”.  Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink.  Om die “i” of “uh” te vermy:

1.  Sê die klank baie sag.

2.  Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.

Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:

‘n Interaktiewe video om te help.
Laai die gratis TinyTap toep op jou foon of tablet en speel dan die bogenoemde video daarop (soek “klank” of kies die Suid-Afrikaanse vlag vir meer).

  • soos die begin van appel
  • soos in rob
  • word in Engels uit gespreek C
  • soos in dak
  • soos in ek
  • soos in fiets
  • soos in gom
  • soos in hoed
  • soos in is
  • soos in jas
  • soos in kat
  • soos in lepel
  • soos in muis
  • soos in hen
  • soos in ot
  • soos in pot
  • q soos die naam Q
  • soos in roos
  • soos in son
  • soos in tand
  • soos in rug
  • soos in vis
  • soos in water
  • soos die naam X
  • soos in ys
  • z soos in zet
Tik gerus ook soekterme soos “abc skryf, klanke, hersien, ouditiewe, handspier, fynspier, skrif, muurkaart” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die “drukbare bladsye”-hofie hier bo.  ‘n Engelse weergawe is daar beskikbaar.

alfabet

jongspan

Screen Shot 2015-09-01 at 15.57.39

alfabet klanke muurkaart

Screen Shot 2016-02-27 at 16.02.26

klanksinne

Lees ‘n stukkie, doen ‘n takie per klank (enkel-, dubbel-twee-, drieklanke)

ABC’s – skryf

58 Kommentaar


abcskryf

This slideshow requires JavaScript.

Die voorlopers vir formele skrif is gewoonlik in verskeie dele verdeel.  (Dit sluit skribbel in.)  Om ‘n kind gereed te maak vir skrif, word verskeie handspieroefeninge gedoen.  Ure en ure word spandeer aan patrone en die kind maak later patrone in elke prentjie wat geteken word.  Dit is alles belangrik om te “oefen” vir die “groot” skryfproses.

Dinge om te onthou:

  1. begin gewoonlik met ‘n groot, dik kryt of verfkwas en ‘n groot vel papier (koerantpapier werk goed)
  2. dik vetkryte en dik veselpenne (koki’s) kan volg
  3. driehoekige potlode en vetkryte volg – daarom gebruik baie Graad 1-klasse uitdraaikryte (MonAmi)
  4. potlode volg eers baie later
  5. gebruik aanvanklik net kleinletters
  6. hoofletters kan vir name gebruik word

Vorming van letters en patrone:

a, d, g, c, o, q, s begin by ‘n denkbeeldige “twee uur” op die horlosie en die hand beweeg anti-kloksgewys om die letter te vorm.  Moenie die hand lig voordat die hele letter voltooi is nie.  Maak ‘n groen kolletjie waar die letter begin en ‘n rooie waar die skryfaksie (karretjie se roete) moet stop.  Die brandertjie patroon (soos ‘n “c” in lopende skrif) word gewoonlik hier gebruik.

v, w en k se patroon is die wolftand patroon (zig-zag).

h, p, b, m, n, r se patroon is die hasie hop (lyk soos ‘n klomp n’e teen mekaar).

u, y, g se patroon is die Tarzan patroon (lyk soos ‘n klomp u-klanke teen mekaar).

a = om die piering, op en af(ek gebruik ‘n ou CD teen die bord)

b begin bo, b – vir bal:  Los die bal…die bal bons, rol en lê.

d begin in die draai, d – vir draai:  om die piering, op en óp en af

e = Die motor ry reguit en stop by die stopstraat.  Moenie jou hand lig nie, want ‘n motor kan nie vlieg nie.  Draai dan links om die piering en stop.

f = Staan op ‘n duikplank en duik met ‘n boog tot onder in die swembad.  ‘n Voëltjie vlieg van links na regs verby.

g = Om die piering, op en af…en swaai die stert.

h = Los die bal. Die bal hop en gaan lê.

i = Die man staan regop soos ‘n reguit liniaal en sit ‘n hoed op sy kop – ‘n dotjie – nie ‘n donga nie!

j = Lyk soos i, maar glip verby en krul sy stert.

k = In die Kaap:  Twee droë stokkies word opgetel.  Die een lê ons reguit neer en die ander een knak ons met ‘n “k”-geluid sodat dit soos ‘n “v” lyk.  Sit nou die hoekie teen die langbeen.  Reguit af… lig die hand…skuins af, skuins af en op.

l = reguit en lank soos ‘n liniaal

m en n = Die haas hop met ‘n boog (af, hop, hop en af, hop)

o = om en om die piering

p = aaaaf, ôôôp en om

r = af, hop en hang

s = begin by twee uur – sê “ssss” terwyl dit gemaak word – soos ‘n slang

t = ‘n sambreel se steel kan geteken word – af, krul en ‘n voëltjie vlieg verby

u = af, om, op en af

v + w = skuins af, skuins op en stop / skuins af, skuins op, skuins af, skuins op en stop

y (Die Kaap gebruik die geronde een – ‘n kruising tussen “u” en “g”.) = af, om, op en af en krul die stert

Tik gerus soekterme soos “tuis idees, abc, skryf, skrif, klanke, syfers, patrone, potloodgreep, font, perseptuele, knip, robotkaart, Teacha” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

 

Jong lesers en nuwe boekies

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Ek het gevind dat daar heelwat leerders is wat sukkel om woorde te klank en dan weer as ‘n woord te lees. Hulle kan die woord klank, maar haak vas by k-a-t. ‘n Idee wat nogal vrugte afwerp, is om die woord uit te rek – soos ‘n stadige “replay” aksie op televisie. Byvoorbeeld: k…a…t. Die woord word dan weer en weer gesê – elke keer ‘n bietjie vinniger. As die woord op hierdie manier herhaal word, kry die kind die geleentheid om die woord te hoor en om dit in sy / haar gedagtes saam te voeg. SCRABBLE (Junior Scrabble) teëls of los klank kaartjies kan gebruik word om die woorde te pak. Pak die klanke apart en skuif hulle nader terwyl die woord op die “uit rek manier” gelees word. Dit klink vreemd, maar die kinders sal dit geniet.

As u kind ‘n nuwe boek huis toe bring:

  • Blaai saam met u kind deur die boek. Wat sien julle alles?
  • Vra hom / haar oor die storie. Wat kan jy onthou van die storie wat jy in die klas gehoor het?
  • Lees die storie saam met u kind en praat oor interessante of nuwe woorde. Bv. klein het ‘n “ei” in. Watter ander woorde het so ‘n klankie in?
  • Speel “soek die woord”. Noem ‘n woord uit die boek en vra u kind om die woord te soek. Hoeveel keer verskyn die woord in die boek?
  • Skryf julle eie stories deur woorde uit die boek en ander bekende boeke te gebruik.
  • Maak woordmure deur nuwe woorde teen die muur aan te bring – voeg prentjies by indien moontlik. Hou die woorde sigbaar en oefen dit sommer terloops.

%d bloggers like this: