Tuiste

Omgee


Screen Shot 2015-12-20 at 15.32.53

Ek gaan mettertyd omgee aksies hier plaas.  Sien die skakels onder die prente.  As jy van ‘n omgee aksie of behoefte weet, kan jy dit in die kommentare plaas.

  1. Wat maak ‘n mens met al die bederfkoeverte (samples/monsters) wat jy in tydskrifte kry?  Verpak dít, natlappies (wet wipes), tandepasta, kougom, ‘n kam…in ‘n sakkie en neem dit na instansies waar mense ‘n noodpakkie sal benodig.
  2. Borg ‘n gidshond.  SMS “SEE” na 38051 om ‘n R10-donasie te maak.
  3. Story Scarves is ‘n vriendskapsorganisasie waar meisies (kinders) serpies met die hand maak en versier en uitruil met ander kinders van die wêreld.  ‘n Oulike handwerk idee vir ledige oomblikke en ‘n oulike geskenk-idee vir Wêreldbekergaste… Stuur stukkies lap en gare as jou kaste uit hul nate bars.
  4. Greenpop:  Word deel van ‘n boomrevolusie.  Skenk ‘n boom, plant bome, stel plekke of skole voor waar bome geplant kan word of versoek dat bome by jou skool geplant moet word.
  5. Reach for a dream
  6. Brei ‘n Blokkie en word deel van ‘n internasionale kombers
  7. Maak ‘n skoendoos-verrassing op…
  8. Back a Buddy
  9. Broodsakkiekaartjies vir rolstoele
  10. Doppies vir glimlagte
  11. Active Education Foundation – roer die litte
  12. Shine Centre – help om skitterende lesers te skep
  13. Die HALLI TRUST is ‘n organisasie van die Strand, Wes-Kaap.  As jy sagte speelgoed, droë rantsoene of klere kan verskaf, sal hulle dit aan die mees geskikte kandidate gee.
  14. Hulp in Herfs – verskaf noodsaaklike kospakkies aan seniors.
  15. Die Sonneblomfonds hou jaarliks Bandanadag op 12 Oktober, maar jy kan hulle reg deur die jaar ook nader.
  16. Kidney Beanz help kinders met nierprobleme.  Daar is heelwat kinders wat nieroorplantings gehad het.  Kry meer inligting hier.
  17. AWS – Skenk ou komberse, handdoeke, kos vir die diere of hou ‘n muntlegging.
  18. DBV – Skenk ou komberse, handdoeke, kos vir die diere of hou ‘n muntlegging.
  19. Praktiese idees
  20. Die Mug & Tree kleuters-/naskool in Krugersdorp help om skoolbenodighede vir 2014 bymekaar te maak. Die sentrum sien na ± 90 kinders tussen 2 en 14 om – wat hoofsaaklik van die plakkerskamp by Coronation dam afkomstig is. Enige donasies (kontant of nie-kontant – klere, skryfbehoeftes, ens.) sal ook verwelkom word.
  21. Skenk bloed
  22. Orgaanskenking – registreer
  23. Skenk wol
  24. Skenk skoolskoene
  25. Hou ‘n Kaalvoetdag
  26. Gooi ‘n ietsie in die insamelingsblikkies by winkeltoonbanke.
  27. Maak as ‘n klas video’s om diensleweringsorganisasies, brandweermanne, polisie, dokters, verpleegpersoneel, vrywilligers, ens. vir hul werk te bedank (dink aan droogtegeteisterde areas, die brandseisoen…) en vra die ouers om dit aan te stuur.
  28. Neem as ‘n klas ‘n projek aan en samel fondse daarvoor in.
  29. CarryOn4Babies – Reis jy baie en pak jy lig?  Neem klere skenkings saam in jou handbagasie.
  30. Skenk ‘n bed – The Haven Night Shelter
  31. Hoezit se idees

77 Kommentaar (+add yours?)

  1. Shelly
    Feb 05, 2010 @ 11:00:06

    Ek het ongelukkig, maar ook in n mate gelukkig, die week al my sagte ‘teddies’ en kleure vir my gekerk gegee. Ek sal rond vrae en kyk wat ek kan doen, dit selfs op my FB sit en op die kerk sin ook.

    Ek is in Bloemfontein, so as jy weet van enige gemeenskap diens of hulp wat hier aangebied kan word laat weet maar net. Ek het nogal gemeenskap diens ure nodig.

    Weereens, lekker naweek en voorspoed.

    Reply

    • juffer
      Feb 05, 2010 @ 17:04:18

      Dankie! Ek raak self soms so vas gevang in my eie “stresse” en vergeet soms skoon van ander se tekortkominge…Ek glo wel dat elke deeltjie help.😉

      Reply

  2. Pierre
    Feb 18, 2010 @ 19:51:49

    Goeie Dag,

    Waar is die Alta du Toit skool? Indien in Pretoria, sal ek graag help met die verf indien nog benodig.

    Vriendelike Groete

    Reply

  3. Amanda
    Apr 30, 2010 @ 10:12:20

    More

    Hoop u kan help ek soek ‘n paar idees vir ‘n Graar R konsert. My dogter is ‘n graad R onderwyser maar sy nog baie onseker het maar verlede jaar matriek geskryf en in diep water in gegooi. Kan u dalk help met ‘n paar idees

    Reply

    • juffer
      May 01, 2010 @ 11:58:14

      Hello, Amanda en welkom😉
      Ek moet in alle eerlikheid bieg dat ek baie jare gelede betrokke was by konserte. Ek sal egter my voelers uitsteek om hulp vir julle te kry.

      Reply

  4. Natasha
    May 12, 2010 @ 15:51:26

    Hi Juffer
    Jinne die Here is darem getrou. Dit sukkel maar so bietjie met al die skoolwerk en vier pragtige dogters op ‘n plaas. Skaars het ek die woorde gese en ek kom op jou webwerf af. BAie dankie vir AL die hulp! Nou wil ek net graag weet, een van my dogtertjie sy is nou 8 jaar oud wil baie graag betrokke raak by minder bevoorregte mense om te help. Is daar enige plek waarvan jy miskien weet in die Malmesbury distrik of miskien iemand wat ek kan kontak? Ek sal ook die HALLIFUND wil kontak. Dankie vir al jou moeite.

    Reply

    • juffer
      May 12, 2010 @ 18:32:55

      Hello, Natasha
      Dit is fantasties! Wat van ‘n “jersey drive” of ‘n trui-insameling? ‘n Mens kan by die kerk of in die skool vir gesinne vra om wol en ou truie te skenk vir die wintermaande. Mamma’s, ouma’s of tannies in die plaaslike ouetehuis kan dan help om truie te brei vir behoeftige gesinne. ‘n Mens kan dit ‘n aaneenlopende projek maak – ‘n kennis vertel dat dit goed in die Paarl werk. ‘n Ander idee is om storie-oggende te hou. Jou dogtertjie en haar maats kan dan stories vir kinders uit minder bevoorregte huise lees (by die biblioteek byvoorbeeld). Dit behoort ‘n uitkom kans te bied vir die outjies wat in moeilike omstandighede en koue weer in klein huisies woon. ‘n Mens behoort name by die plaaslike ACVV te kan kry. Wat daarvan as jou dogters (en maats) ‘n trauma kamer by die polisiestasie of ACVV ((022) 482 2245) inruim vir kinders?…of as hulle briefies vir eensame bejaardes skryf en hulle dikwels besoek?
      Ek het die volgende op die ACVV se webwerf gekry:

      Address: Posbus 153, Malmesbury, 7299
      .
      Protecting services for children and families
      acvvmalmesbury@telkomsa.net

      Aandskemering Home for older persons Tel: 022-4821466 / 482 1920
      acvvmalmesbury@telkomsa.net

      Amandelrug Assisted living
      PJ Joubert Service centre
      Tel: 022 – 482 3328

      Speelkasteel Creche
      Sir Lowry Cole street
      PO Box 833
      Malmesbury
      7299
      Tel: 022 – 482 3742

      Gerfie Playgroup and ACVV After care
      PO Box 486
      Malmesbury
      7299
      Tel: 022 – 482 3096

      (HALLIFUND – Kontak vir Heidi by: heidinaude@vodamail.co.za)

      Baie geluk met sulke oulike kinders…en baie sterkte met die aksies!😉

      Reply

  5. rika van graan
    Jun 10, 2010 @ 16:04:37

    My dogter is in graad 5 sukkel met engels kan u haar asb help

    gee asb raad

    Dankie

    Rika

    Reply

    • juffer
      Jun 12, 2010 @ 10:04:00

      Hello, Rika
      Ek sou voorstel dat julle by die plaaslike biblioteek gaan vra vir leesboeke op verskillende vlakke. Begin eers met eenvoudiger boekies – om die selfvertroue op te bou. Die LADYBIRD-reeks is oulike boeke met bekende kinderstories. Jou dogter sal dus baie van die stories herken en ‘n begrip hê vir die storie. As jy mooi soek in tweedehandse boekwinkels sal jy verskeie boekies vir spotgoedkoop in die hande kry. Kyk ook onder die lysie aan die regterkant (blogroll) vir die aanlyn-boekwinkels.
      Probeer gerus ook om die PHONICS en KEY WORDS (soms ook sight of high frequency words) vas te lê. Maak dit ‘n speletjie deur die woorde op flitskaarte te skryf. Flits dit, speel ‘n geheue speletjie of speel sommer “Snap”. Gebruik woorde uit die leesboeke – skryf dit op flitskaarte. Pak dan sinne uit met die verskillende kaarte. Dit maak die leerwerk lekkerder as al die skryfwerk.
      Loer in CNA of PNA vir die CLEVER-reeks of selfs ander reekse waar die werkboeke na klinker-kombinasies kyk…die sogenaamde vowel digraphs, diphthongs en blends. Onthou dat as jy kombinasies soos ay, ai, ea, oa en ow kry, sê jy die eerste een se alfabetnaam en siedaar! Jy het dit reg gelees. ‘n Mens kan maar terug gaan na die eenvoudige speletjies en leeswerk soos toe julle met Afrikaanse klanke en woorde begin het. As jou dogter dit verstaan, sal sy vinnig na die volgende stappe groei. Ek sal ‘n bietjie snuffel aan nog idees…tot dan is baie leeswerk belangrik😉 Groete vir poplap

      Reply

  6. Ria Burger
    Jul 07, 2011 @ 12:23:05

    Baie dankie, weereens, vir ‘n fantastiese webwerf. Ek wil graag in my gr 3 klas ‘n paddavis akwarium begin. Ek het reeds ‘n groot reghoekige ou vistenk. Wat sal sulke paddavissies eet? En wat gebeur as die water begin vuil raak?
    Dankie. Ria Burger

    Reply

    • juffer
      Jul 09, 2011 @ 13:34:40

      Middag, Ria😉
      Ag, lekker! Ek het onmiddellik gewonder of die paddavissies saam met slakke sal aard. Ek weet dat ‘n mense slakkies kry wat die alge aan die binnekant van visbakke skoon vreet. Ek het vir drie webwerwe gekry oor die versorg van paddavisse: paddavisse 1, paddavisse 2 en paddavisse 3. Dit klink asof die kundiges pompies – soos in ‘n vistenk – aanbeveel om sirkulasie te verbeter. Laat weet gerus hoe dit met die paddakinders gaan😉

      Reply

  7. MAGDEL
    Oct 10, 2011 @ 15:34:07

    MY SEUN WIEHAHN IS ADHD, SUPER HIPER AKTIEF EN MAAK SY JUFFROU GEDAAN, WAT MY PLA IS DIE FEIT DAT SY PUNTE SO GEVALHET MET DIE 3E KWARTAAL. HY HET ALTYD N 4 VIR ENGELS EN WISKUNDE GEKRY MAAR NOU KRY HY 1 EN 2. HY IS IN GRAAD 2. HY HOU NIE VAN LEES NIE EN HOU OOK NIE VAN HUISWERK NIE HET HOM AL MET KOSHUIS GEDREIG MAAR DIT HELP NIE. AL SIT EK MET HOM EN HUISWERK DOEN VORDER ONS NIE VEELN IE, MAMMA DOEN MAAR GEWOONLIK DIE HUISWERK, EN EK WEET DIT IS VERKEERD. HEEEELLLLPPPPPP!!!!!!!!

    Reply

    • juffer
      Oct 13, 2011 @ 21:05:39

      Hallo, Magdel😉
      Ai. Dis regtig sleg as die punte so val. Ek sou die outjie by ekstra klasse wou inskryf as die skool dit aanbied. Klasjuffrouens bied gewoonlik intervensielesse aan om outjies te help om die leemtes te vul. Dan kan ‘n mens ook ‘n gesoute remediërende opvoeder nader om hom te toets, sodat sy kan raad gee. Dit is nie altyd nodig vir terapie of ekstra lesse nie, maar hoe vroeër ‘n mens raad kry hoe makliker en gouer kan julle skouer aan die wiel sit. In baie gevalle is dit beter om ‘n buitestaander te kry om met die huiswerk en probleemareas te help, sodat die verhouding tussen ouer en kind nie krapperig raak nie…
      Wys ook die punte en rapport aan die pediater sodat hy dit in gedagte kan hou. Indien jy nie nou ‘n afspraak kan kry nie, kan jy dalk vir Dr Lawrence (‘n Facebook-vriendin van my) kontak om leiding te vra. As die probleem eerder by sy gedrag en ingesteldheid lê, kan ‘n mens ook spelterapie probeer. ‘n Opgeleide opvoedkundige sielkundige weet dikwels net hoe om die outjie te hanteer en kan ‘n houding of ingesteldheid in die regte rigting stuur. 😉

      Reply

    • Tania
      Jun 12, 2012 @ 17:11:24

      Hello. Baie dankie vir al die moeite en hulp. Dit is fantasties, help my baie. Magdel, ek ken jou frustrasie. My seun is Graad 5 en situasie is presies dieselfde. Enigste verskil die onderwyseresse sien dit eenvoudig as stout. Ek het al alles probeer, WKOD sielkundige, Ritalen LA20mg. Alles werk net vir ‘n tyd. Al raad wat ek vir jou het, is vat elke dag apart. Hoe moeilik dit ook al is. Hulle is sulke “stunning” kinders, partykeer is liefde al antwoord. Sterkte

      Reply

      • juffer
        Jun 12, 2012 @ 22:05:20

        Dankie, Tania😉

      • Judith Botha
        Oct 09, 2012 @ 21:11:34

        Hi Tania.
        Ek het nou op hierdie blog afgekom en dit met ‘n dogtertjie in graad 2 met adhd. Sy drink tans ritalin 10mg en dit het baie verbeter, maar nog steeds is dit nie goed genoeg nie. Haar juffrou verstaan haar nie en ek word as ‘n probleem-ouer bestempel. Ek meng regtig nie veel in nie en voel dat ek te min vir my kind baklei. Ek hou by dieselfde skool skool, so ja. Ons woon in Olifantshoek en die finansies is nie so dat ek haar vir ekstra klasse of terapie kan vat nie. Dit is verskriklik frustrerend. Dit voel vir my of ek nie elke dag my kind verstaan nie en ek maak die fout om my frustrasies op haar uit te haal. My seuntjie (5) is (ook) adhd maar net erger as sussie. Hy is die klassieke egosentriese geval waar alles net om hom draai en sy behoeftes eerste moet kom. Het jy vir my raad?

      • juffer
        Oct 16, 2012 @ 22:40:30

        Goeienaand, Judith😉
        Ek is nie ‘n kenner op die gebied van aandagafleibaarheid nie, maar sou voorstel dat jy die inligting met ‘n kinderpsigiater bespreek – net om ‘n ander perspektief oor jou dogtertjie te kry. Soms word ‘n spesifieke dieet of ander aanvullings voor gestel wat nommerpas vir haar kan wees. Ek is seker ‘n telefoniese gesprek sal jou in die regte rigting kan stuur – veral omdat julle ver woon.
        ‘n Mens sou ekstra klasse of arbeidsterapie kon voorstel, maar jou beskrywing kan ‘n meer ingeligte persoon se raad benodig. Baie sterkte😉

      • Tania
        Nov 15, 2012 @ 23:13:20

        Hello Judith en al die ADHD mammas. Ooohhh ek ken jou frustrasie. Hierdie afgelope paar weke was maar swaar en baie deurmekaar. My seun is nou op Ritalin 30mg vir die eksamen en ons hoop dit hou lank genoeg vir die studies in die middae. Dit is aaklik om elke oggend daai meds te gee, voel asof ek hom gif gee om te drink. Hy is ook baie eie ek en sosiaal sukkel dit baie. Hy tree baie keer nie op soos dit verwag word nie en gevolge vir sy aksies sink eenvoudig net nie in nie! Ek wil baie graag Des hom hertoets by ‘n “behaviour” sielkundige (weet net nie lekker wie, hoe en waar nie) maar soos in jou geval is finansies en ook die afstand Kaap toe ‘n probleem. Jy is in Olifantshoek? Ek is aan die Weskus. Indien jy wou, kan ons kontak maak, al is dit net om te luister of om ‘n skouer te gee om te snik. Hiehiehie. O ja, ek “surf” nogal baie en lees op oor ADHD, ons het als alles probeer van beloningskaarte, stickers, mag nie vriende kry oor naweek ens. Op die stadium het ek vir my en hom “flashkaarte” gemaak met: Ek is nou geirriteerd, Ek is frustreerd, Ek raak nou kwaad. Ons mag dit net vir MEKAAR wys tydens huiswerk of take. Seker baie kontroversieel, maar dit stop daai te ver gaan. Wel vir nou doen dit in elke geval. Sterkte, dis nie maklik nie. Baie keer dink ek ek is 60% van die probleem. Te streng, te georganiseerd, te te te maar ek het besef hy is ook: te besig, te eie ek, te te te. Ons het nou ooreengestem om nie altyd saam te stem. Miskien help dit jou ook!

      • juffer
        Nov 16, 2012 @ 16:43:43

        Onthou ook dié stukkie in verband met aandagafleibaarheid 😉

    • Tanya
      Jun 13, 2012 @ 08:58:19

      Hallo Magdel,

      My dogter is in graad 6 en het ADHD. Dis ‘n moeilike pad om te stap. Mens weet jou kind is tot goeie punte instaat en jy wil net hê -soos enige ander ouer- dat hul hul beste self moet wees, maar dit gebeur nie altyd nie. Nou tref sy nog die teenager stadium ook. Dis nag. Ek is ‘n enkelouer en het ook ‘n 2 jarige.

      Ek het haar ingeskryf vir Edublox klasse hierdie jaar. Dit hang van kind tot kind af maar glo na ‘n jaar sal mens begin verskil sien. Gaan kyk op hulle website http://www.thereadingclinic.co.za/

      Voorstel is dat hy baie sport doen; dit help om ontslae te raak van al die energie.

      Voorstel: om met die koshuis te dreig help nie, hulle voel net verwerp en dat niemand hulle verstaan nie. Ek het al met myne se graad 1 juffrou destyds gepraat en ook met ‘n sielkundige waar sy was en hulle meen sulke kinders doen glad nie goed in ‘n koshuis nie, juis omdat hulle bietjie sukkel met vriendskappe.
      ‘Positive reinforcement’ werk vir myne. Belonings. Dit kan ‘n issue raak later want dan wil hul niks doen sonder belonings nie….mens moet dit maar vat soos dit kom. En hou die belonings klein maar dit moet die moeite werd wees om hul te motiveer.

      Ek weet nie waar jy bly nie, maar by Unitas hospitaal hier in Centurion is Dr. Mike Lippert wat baie goed is met kinders met ADHD / ADD. Jy is teen hierdie tyd al moeg en siek en sat vir dokters….ek ook.

      Dit help om ‘n vriendin te he wie se kind ook so is, dan kan mens by hulle gaan kla- dis ‘n goeie uitlaatklep en so ‘n vriendin verstaan.

      Hoe hard ek ookal sukkel en hoe erg dit ookal is, dis waar wat al die mense sê: hierdie kinders is BAIE spesiaal en BAIE talentvol. Meeste van hulle is baie slim ook.
      Maak die beste van sy akademie binne jou en sy vermoe, maar kyk na iets waarin hy goed is en uitblink en fokus op dit. Erens het daardie kind van jou ‘n spesiale gawe, as jy nog nie weet wat dit is nie.

      Bid, bid bid.

      Sterkte!

      Reply

  8. Allison vd Walt
    Feb 01, 2012 @ 02:31:05

    Goeie dag!!! My seun is nou in gr.2 hy het ‘n baie stil personlikheid bietjie van ‘n introvert in die klas en tussen sy maatjies! Moet ek bekommerd wees daaroor? En dan wil ek graag hoor as hy lees klank hy nog al sy woorde,en lees hy dan stadig,moet ek bekommerd wees? En dan laaste as ek vir hom se hy moet sy huiswerk kom doen,wil hy nie,en begin dan te huil,het jy enige raad oor hoe ek dit kan hanteer? Dankie vir jou oulike blog! Hoop om gou van jou te hoor.
    Vriendelike groete
    Allison

    Reply

    • juffer
      Feb 01, 2012 @ 18:31:41

      Middag, Allison😉 Daar is heelwat jong lesers wat op hul klankvaardighede of die vermoë om woorde te klank steun. Ongelukkig klanklees hulle dan selfs sigwoorde – wat hul leesspoed en -begrip kniehalter. ‘n Mens kan die leesboeke dalk vooruit beloer en moeilike woorde saam met hom lees. Skryf die woorde op los flitskaarte of ‘n skryfbord neer en teken prentjies of simbole daarby. Plak dan soortgelykes met “post-it” papiertjies op die bladsye waar dit voorkom – as ‘n herinnering aan die vangplekke.
      Dit is in orde as die outjie woorde klank – met ‘n dubbel-, twee- of drieklank in geheel (bv. m-ooi, b-r-oe-k), maar as hy nie besef dat hierdie klankkombinasies ‘n geheel vorm nie (bv. m-o-o-i, b-r-o-e-k) moet ‘n mens vaslegging doen. Tik gerus soekterme soos klanke, abc, dubbelklank, tweeklank, drieklank, sigwoorde, lees, skryf…by die bruin blokkie aan die regterkant in vir spesifieke idees i.v.m. lees en klanke.
      Dit is baie moontlik dat die outjie self besef dat hy nie alles “volgens die boek” kan doen nie. Reël dalk vir ‘n evaluasie deur ‘n remediërende opvoeder of ‘n opgeleide persoon wat as huiswerkhulp kan dien. In baie gevalle help dit as die huiswerkhulp deur iemand buite die gesin gedoen word en word die verhouding tussen ouer en kind nie versuur nie.
      Ek sou nie sommer ‘n skamerige outjie vir terapie stuur nie, maar wonder of iets soos Soetlief nie vir hom kan help om meer sosiaal te verkeer nie.

      Reply

  9. Tanya
    May 03, 2012 @ 12:13:31

    Juffrou, help asseblief dringend! Op soek na Gr.6 woordsomme vir ekstra oefening. Ons skool handhaaf ‘n baie hoè standaard. Soek graag gewone woordsomme en breuke woordsomme.
    Hoe help mens ‘n kind wat swak doen in begripstoetse? Ek gee gereeld vir haar begripstoetse om uit te werk, maar telkemale kom die punte terug en sy het nie ordentlik na die vraag gekyk nie, of lees nie tussen die reels nie. Baie dankie!

    Reply

    • juffer
      May 06, 2012 @ 09:07:07

      Môre, Tanya😉 Ek het ongelukkig nie Graad 6-werk nie, maar weet dat CNX.org oulike lesse en verduidelikings het. Afrikaanseskoolprojekte adverteer Graad 6-vraestelle en produkte, Getahead het gratis idees, Amesa het heelwat dokumente en thinkonline behoort ook te kan help.
      I.v.m. die begripstoetse moet ‘n mens redelik help met die ontleding van ‘n vraag: bv. Wat vra juffrou? Verg die antwoord volsinne of slegs ‘n woord (gewoonlik word dit gespesifiseer)? Is dit ‘n wat, wie, hoe, wanneer…vraag? Hoeveel tel die vraag en kan ek dele van die vraag in my antwoord gebruik? Bv. Vir watter groentesoort het Jan die koei verruil? Jan het die koei vir towerboontjies verruil.
      Ek hoop dit kan julle help😉

      Reply

  10. Milla
    May 16, 2012 @ 11:15:44

    Juffer, ek benodig hulp asseblief! My graad twee kind sukkel baie met woordsomme. Het jy dalk voorbeelde vir my van woordsomme asseblief? Sy is ‘n baie slim kind en was laas jaar in die top tien, maar sy sukkel om die woordsomme te snap.

    Reply

    • juffer
      May 16, 2012 @ 17:59:26

      Middag, Milla😉 Ek het ‘n paar voorbeelde van die verskillende tipes woordsomme , maar nie noodwendig werksvelle nie. Kies onderwerpe uit haar belangstellingsveld of uit die week se tema (by die skool). Bv. Barbie het 13 blomme. Aspoestertjie gee vir haar nog 5 blomme. Hoeveel blomme het Barbie altesaam?

      Skryf leidrade eenkant op ‘n bladsy neer wat jy teen die muur kan plak. Bv. + somme het woorde soos “altesaam”, – somme het woorde soos “minder as”. ‘n Mens moet soms die som saam met die kind ontleed om te kyk watter getalle en bewerking ter sprake is. As julle so twee of drie saam probeer het, kan ‘n mens haar los om self ‘n som aan te pak. Baie sterkte😉

      Reply

  11. Anneline
    Nov 02, 2012 @ 08:40:01

    Goie more Juffer. Ek wil net se baie, baie dankie vir n fantastiese en ongelooflike insigewende blog!!!!!!!!! Ek geniet dit om deur alles te lees en vind dit baie interessant!!! Soos ek altyd vir my staatmakers in die klas se… “Jy is n ster!” We’ll jy is my ster.

    Reply

    • juffer
      Nov 04, 2012 @ 17:17:22

      Baie dankie, Anneline😉 Kom loer gerus weer in😉

      Reply

  12. Mariska
    May 22, 2013 @ 21:39:11

    Hallo Juffer,

    Ek wil graag weet watter kwalifikasies nodig is om skoolgereedheid toetsing te kan afneem by GrR leerders. Ek gee ekstra hulp klassies vir graad R leerders – ek het nie onderwys kwalifikasie nie, maar het reeds baie ondervinging.
    Sal graag inligting van jou wil ontvang. dankie!

    Reply

    • Juffer
      May 23, 2013 @ 18:13:08

      Middag, Mariska😉
      Gewoonlik doen ‘n opvoedkundige sielkundige die omvattende evaluasie deur middel van gestandaardiseerde toetse. Die onderwysdepartement het egter toetse wat hulle voorgestel het vir outjies wat worstel. Die Leerondersteuningsopvoeders het dit ontvang.
      Dan dra ‘n Graad R-juffrou (Grondslagfase-juffrou/-kwalifikasie) ook die kennis om die outjie se vaardighede te kan peil na aanleiding van die kurrikulum. As die outjie se vaardighede kommer wek, sal ek sal beslis ‘n besoek aan ‘n opvoedkundige sielkundige in die derde kwartaal voorstel. As die kommer slegs by byvoorbeeld spraak of motoriese vaardighede lê, sou ek die outjie onderskeidelik na ‘n spraak- en arbeidsterapeut stuur. Sulke evaluasies sal vroegtydig probleme kan uitwys en ‘n mens sal dus vroeër kan begin help. Sou jy dalk met ‘n arbeidsterapeut kon skakel om hulp as tutor aan te bied? 😉

      Reply

  13. Ansu
    May 31, 2013 @ 12:25:11

    Hi Juffer, ek het al vorige keer op jou blog gereageer. Ek is ook ‘n onnie, maar wil graag hierdie omgee-projek met jou deel: http://www.givengain.com/activist/98264/projects/

    Reply

  14. Sonet Luke
    Jul 10, 2013 @ 13:45:51

    Ons was in Februarie 2013 by dr Lippert in Pretoria met ons toe 6 en ‘n half jarige dogtertjie, en ja, hy het toetse gedoen, die uitslag, intellektueel gestrem? En wat beteken dit?? Sy het die verstand van ‘n 2 en ‘n halfjarige. En het ek gehuil, selfs dr Lippert het ‘n traan gepik. Wat nou, waarheen nou. Ek bly in Secunda, en het haar ingeskryf in graad 1 die jaar, sy moes na die gewone klas toe gaan, maar ons het geweier. Sy is toe na die spesiale klas toe, omdat ons nuut is het ons nie geweet van enige ander plekke vir haar nie. Dr Lippert het aanbeveel ons skryf haar in by die Marietjie Skool hier op die dorp, hulle is vol, maar na twee dae toe kry ek die oproep hulle aanvaar haar. Dankie Here daarvoor!! Wel ek moet se sy het al baie verbeter, sy kon nooit ‘n klein fiets vorentoe trap nie, en toe koop ons vir haar ‘n bietjie groter fiets, wel, die tone is nerfaf en ja, sy trap die fiets vorentoe. Is daar enige iemand anders met ‘n kind wat intellektueel gestrem is, sy is so fyntjies, maar het die humeur van ‘n bul. Sy voel nie pyn nie, sy hou nie daarvan dat ek haar druk en soen nie, maar sy draai haar pa om sy pinkie.

    Reply

    • Juffer
      Jul 10, 2013 @ 16:06:21

      Middag, Sonet😉 Ek is werklik bly dat julle vir haar plek gekry het. Dit klink asof dit sommer goed gaan by die nuwe skool en dat julle poplap mooi aangepas het. Dit lol gewoonlik en die outjies sukkel om by nuwe skole in te pas. Ek ken nie die skool nie, maar wens julle alles van die beste toe😉 Gee ‘n stywe druk vir Poplap!

      Reply

    • Tanya
      Jul 11, 2013 @ 08:43:27

      Hallo Sonet, my dogter ook by Dr Lippert vir ADHD, maar haar nou afgehaal na 5 jaar van meds want die uitwerking is net nie meer so positief nie. Sy is nou 13. Ai, ek is so jammer om van julle dilemma te hoor…..ek is seker julle dogtertjie is ‘n baie spesiale kind, het erens ‘n fenomenale talent, bly net altyd in haar glo. Vir God is niks onmoontlik nie!

      Reply

  15. Carien
    Oct 12, 2013 @ 12:27:12

    Hallo … jy slaan mens se asem weg met al die goeie dade en dat jy so baie hulp bydrae. Ek het verlede jaar klaar b.ed grondslagfae geswot en januarie my eie dagsorg oopgemaak. Ek wil graag ietsie die einde van die jaar ou vir die afsluiting en wil die kinders betrek het jy enige idees vir my enige voorstelle??? sal baie help.

    Dankie baie

    Reply

    • Juffer
      Oct 17, 2013 @ 18:20:32

      Middag, Carien😉 Wat van ‘n uitstalling van die kinders se kunswerke/kermis met items wat die kinders help maak of versier het en en/of ‘n kombinasie met ‘n mini-konsert. Die konsert kan verskeie liedjies/rympies insluit of ‘n kersspel wees😉

      Reply

  16. Nel
    Jan 03, 2014 @ 06:10:30

    Goeie dag aan alle mammas met ADHD kiddies….Ek wil graag julle opinie vra: My seuntjie is 6 met erge ADHD en gepaardgaande sensoriese sensitiwiteit en leeruitdagings….. Ons kon nou n “normale ” hoofstroom skooltjie met net 6 kinders in n klas vir hom kry, hulle het sterk remedierende inslag:) Ons wil trek en soek soortgelyk in die Wes Kaap, konnie sover iets kry nie:( Dink julle mens moet so n seuntjie in n remedierende skool plaas? By besoek aan sulke skole kom die kindertjies op die oog af meer gestrem voor… Hyt normaal tot bg IK maar gaan nie in n gewone skool met die oormatige stimulasie en geraas kan “cope” nie? Vriendelike groete

    Reply

    • Juffer
      Jan 14, 2014 @ 17:01:41

      Middag, Nel😉
      In watter area sal julle woon? Daar is verskeie privaatskole wat die hoofstroom kurrikulum volg, maar net die klasgroottes verklein juis vir outjies met aandagspanprobleme. Loer na die lysie skakels onder “skole” en “verwysings”, maar laat weet gerus in watter area of dorp ek kan help soek😉

      Reply

  17. carleen
    Feb 02, 2014 @ 19:25:33

    Goeie naand eks n onderwyserres en wil al vroeg begin met voorbereiding ek gee skool kleuterskool opsoek na paar idees vir ons konsert

    Reply

    • Juffer
      Feb 05, 2014 @ 20:11:42

      Carleen, my Facebook-vriende het gehelp met die volgende😉
      “Onder die see, Op die plaas, Lande van die wêreld, “SA’s Got Talent” In the jungle… Van my mees suksesvolste konserte was die waar ek ‘n bekende kunstenaar gekry om Saam die kinders op te tree. Min uitgawes aan klere en ouers koop baie kaartjies…Om die wêreld in 80 minute…Om die klok…met gebeurtenisse/liedjies/stories vir elke uur van die dag. Hou van die kunstenaar idee!”

      Reply

  18. carleen
    Feb 08, 2014 @ 11:30:10

    Ons doen jaarliks grootfondsinsameling enige of projekte idees vir n kkeuterskool

    Reply

    • Juffer
      Feb 09, 2014 @ 09:44:39

      Môre, Carleen😉
      ‘n Speletjiesmiddag – baie stasies op die rugbyveld – en onderwysers wat help.
      Iets soos ‘n “beesloop”. Verdeel die rugbyveld in blokke en loot die blokke uit. Die bees “dui die wenner aan”. Gee iets lekkers as prys – ‘n selfoon of i-pod om belangstelling te lok.
      ‘n Kermis waar die onderskeie klassies woeker om bv. konfyt met kinder-etikette te maak, lapverfwerk op inkopiesakke of voorskote, gelamineerde foto’s op vuurhoutjiedosies met magnete (vir pagoed), pannekoektafels, hamburgers, wegneemetes…Neem vooraf bestellings vir etes. Neem foto’s van die produkte en adverteer vooraf. Maak verjaardagkalenders om te verkoop…Geskenkies wat ouers vir die ouma’s en oupa’s kan gee is ekstra spesiaal.
      ‘n Mens kan dalk die buite-stoep en speelterrein uit verhuur vir partytjies…😉

      Reply

  19. carleen
    Feb 08, 2014 @ 11:41:19

    Ek benodig nog voorstelle vir konserte Vir kleuters3 tot6 jaar asook voorbeelde van songs .verkieslielik afrikaansg Tema

    Reply

    • Juffer
      Feb 09, 2014 @ 09:42:16

      Môre, Carleen😉 My Facebook-vriende het die volgende idees: Onder die see, Op die plaas, Lande van die wêreld, “SA’s Got Talent” In the jungle…Om die wêreld in 80 minute…Om die klok…met gebeurtenisse/liedjies/stories vir elke uur van die dag.

      Reply

  20. carleen
    Feb 16, 2014 @ 11:14:59

    Ons het binnekort ouma en oupa dag en benodig idee vir tema asook watse geskenkies kam kinders maak ?

    Reply

    • Juffer
      Feb 16, 2014 @ 19:31:48

      Middag, Carleen😉 Afhangende van die ouderdomme, kan jy na die onderskeie geskenk idees vir ander spesiale dae loer. Tik gerus soekterme soos Kersfees, moedersdag, vadersdag en valentynsdag by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees op verskillende vlakke.

      Reply

  21. carleen
    Feb 23, 2014 @ 16:31:04

    Ek is n kleuterskool onderwyseres en wil graag opfrissende kurssuses doen veral skoolgereedheids toetse enige voorstelle .in pretoria area

    Reply

    • Juffer
      Feb 24, 2014 @ 18:08:56

      O, gits. Skoolgereedheidstoetse word deur opvoedkundige of skoolsielkundiges gedoen. Andersins baseer ‘n juffrou gewoonlik so ‘n opinie op die jaar se werk en vaardighede (volgens die kurrikulum). Tik gerus soekterme soos skoolgereed, Graad R en Graad 1 by die bruin soekblokkie aan die regterkant in – vir nog riglyne😉

      Reply

  22. Rolene
    Apr 15, 2014 @ 07:13:12

    Hi daar,

    Ek rig die skrywe aangesien ek regtig raadop is. My graad 1 is in die koshuis, maar is baie ongelukkig. My vraag is wanneer weet ek of ek hom eerder moet uithaal en wanneer moet ek net bietjie sterk staan. Ons is nou al in die tweede kwartaal en dit voel vir my dit raak nie beter. Ander ouers wat al hierdeur was sê ek moet net nog kans gee, maar ek is raadop.

    HELP asseblief

    Rolene

    Reply

    • Juffer
      Apr 19, 2014 @ 08:29:40

      Môre, Ronele😉 Ek ken ongelukkig nie die koshuislewe vir sulke jong outjies nie.
      Is daar iemand by die koshuis of skool wat ‘n bietjie emosionele ondersteuning kan bied? Is daar dalk ‘n spelterapeut of ‘n opvoedkundige sielkundige wat ‘n objektiewe opinie kan gee? Dit sal beter wees om so ‘n persoon te kry om na julle unieke situasie te kyk en dan raad te gee.

      Reply

    • Carleen van Rooyen
      May 04, 2014 @ 15:03:24

      Middag eks n kleuterskool juffrou en het n paar kinders in my klas wat eet probleem het . Wat kan mens gee ? Soos viamiene wat baie sterk wat sal help met eetlus . Ouers ook miedeloos

      Sent from my iPhone

      >

      Reply

      • Juffer
        May 05, 2014 @ 18:29:53

        Middag, Carleen😉 ‘n Mens moet hier baie versigtig wees. Dalk kan julle ‘n pediater of dieetkundige reël om by ‘n oueraand te kom gesels. Indien die outjies nie van die kos se teksture hou nie, kan dit dalk dui op sensoriese sensitiwiteit. Daarvoor sou ‘n mens met ‘n opgeleide arbeidsterapeut moet nader. Skakel sulke kundiges en gesels om te bepaal wie die geskikste vir die spesifieke kinders sal wees.

  23. Chantal
    May 22, 2014 @ 11:20:13

    My dogterjie verjaar 31 Des, my vraag is kinder moet Gr1 wees die jaar wat hul 7 word, sit ek haar dan in terwyl sy 6 is al verjaar sy eers einde van die jaar of wag ek tot die volgende jaar of moet ek dat sy liewer eers gaan vir skool gereedheids toets?

    Reply

    • Juffer
      May 26, 2014 @ 19:59:24

      Middag, Chantal😉 Die onderwysdepartement verkies dat kinders skool toe gaan die jaar waarin hulle 7 jaar oud word, maar hulle gee wel toegewings vir outjies wat so laat verjaar. Die beste sal wees om ‘n opvoedkundige sielkundige te kontak vir ‘n volledige evaluasie, want julle sal die inligting aan die departement moet deur gee indien julle haar wil terug hou. Loer gerus hier aan die regterkant na skakels wat met “Skoolgereed”/”skeidingsangs” gemerk is of tik soekterme soos “Graad R, Graad 1, Skoolgereed” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in, vir nog idees😉 Ek hoop dit kan help.

      Reply

  24. marina bessinger (ouma)
    Jul 26, 2014 @ 23:48:16

    Liew Juffer, ek is ‘n oud-onnie van 70 jr. en ek bewonder jou, vir al die antwoorde wat jy gee, aan die ouers. Waar jy al die tyd kry, weet ek nie. Mag jy geseen word deur ons Vader.
    Groete’
    Marina Bessinger
    Kempton Park

    Reply

    • Juffer
      Jul 28, 2014 @ 06:57:21

      Baie dankie, Marina😉

      Reply

  25. Chanell
    Aug 27, 2014 @ 15:43:12

    Liewe Juffer,
    ek is opgelei as engels medium juffrou maar gaan nou in afrikaans graad R gee.
    ek wil graag weet of daar rympies is soos letterland in afrikaans.
    ek wil ook weet of daar voorbeelde is van verslag kommentaar in afrikaans.
    baie dankie.
    groete
    Chanell

    Reply

    • Juffer
      Dec 15, 2014 @ 02:05:43

      Hallo, Chanell😉 Letterland is ‘n Britse program, maar jy kan gratis muurkaarte hier op my “Drukbare Bladsye” aflaai. Loer na die lysie skakels laer of op dieselfde bladsy – wat met alfabetrympie gemerk is. 😉 As jy soekterme soos “abc, klanke, uitspraak, rympie…Graad R, skoolgereed” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, sal jy nog idees kry. Dis alles gratis😉
      Daar is ook ‘n storiereeks genaamd “Klanke Kalante” van Saretta Louw. As ek nou reg gesoek het, is haar kontaknommer 021 976 2843. Ek hoop dit kan help😉

      Reply

  26. Julie
    Sep 23, 2014 @ 09:47:35

    More. Kan jy my asablief hulp. Ons is n kinder huis by Germiston. Elke derde week is dit Afrikaanse week by ons. Ek soek na “word searches” (jammer, ek kan nie die Afrikaanse woorde kry nie) om my kinders besig te hou na huiswerk. Ek is n rooinek en weet nie waar op jou lys te soek nie. Ek hoop ek het nie iets verkeerd gese of gespel nie. Ons leer elke dag, ne! Geniet jou dag

    Reply

    • Juffer
      Dec 14, 2014 @ 00:31:17

      Hallo, Julie😉 Ek het “tweeklanke” woordsoeke op die drukbare bladsy. Ek hoop dit kan help. Tik ook soekterme soos “hersien, klanke, tweeklank, drieklank, flits, sigwoord…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog ekstra idees.

      Reply

  27. Lindi
    Oct 22, 2014 @ 10:58:07

    Goeie dag juffer.

    Ek is `n tuisonderrig mamma en het `n dogtertjie wat ek vanaf die 2de kwartaal die jaar tuisonderrig. Sy is in graad 2. Waar kan ek idee’s kry om my kind se persepsies te toets. Onder andere motoriese fase, motoriese patroon, motories-perseptuele fase, perseptueel-motoriese fase, perseptuele fase, perseptueel-konseptuele fase. Dit is alles grieks vir my.

    Groete Lindi Olivier

    Reply

    • Juffer
      Jan 18, 2015 @ 17:12:01

      Hallo, Lindi😉 Breinlyn het skoolgereedheidspakket wat ‘n goeie aanduiding kan bied (sien skoolgereed onder die lysie Hulpbronne aan die regterkant). Jy kan ook soekterme soos “posisie, spiertonus, VMI, perseptueel, perseptuele, ogies, ouditief, middellyn, links en regs, tuis oefening, tuis idees, buitespel…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant van die blog in tik vir oefeninge en idees. Ou staatmaker onderwysersgidsskrywers soos Hauptfleisch & Grové en MW de Witt, gaan ook juwele oplewer. Ek het van hul gidse op RedPepper gekry.😉

      Reply

  28. Daleen Harford
    Jan 14, 2015 @ 10:46:43

    Goeiedag Juffrou, ek merk dat jy ‘n skakel het vir Godsdiens. Ek wil jou graag nooi om te kyk na ‘n website vir nog oulike video clips, liedjies en aktiwiteite om kinders van die Bybel te leer. Vir engels is dit soos volg: http://www.jw.org/en/bible-teachings/family/children/
    en vir Afrikaans is dit:
    http://www.jw.org/af/bybelleringe/gesin/kinders/
    Die website kan in nog 540 ander tale ook gelees word.

    Reply

  29. Phidelia Minnaar
    Jan 18, 2015 @ 09:21:03

    Goeiemore Juffrou, ek is mal oor die “Greenpop” konsep. Ons (my man, dogtertjies en ekke) kweek bome van sade en het begin om dit in die veld te plant. Ons woon in Phalaborwa Limpopo, wat reeds ‘n boomryke area is, maar daar is seker inheemse bome wat baie skaars is. As daar enige iemand is wat graag wil bome aanplant, is hul welkom om by ons te kom kry. Ons verkoop nie die bome nie, ons gee dit weg! My e-pos is phideliaminnaar @yahoo.com laat weet gerus!!

    Reply

    • Juffer
      Jan 18, 2015 @ 16:22:49

      Wonderlik, Phidelia!😉 Ek gaan so ‘n paar mense laat weet😉

      Reply

  30. Danielle
    May 04, 2015 @ 09:01:22

    hi juffer, ek is ‘n onderwys student en is opsoek na die naam van die werkboek of handboek waarin die leerders klanke leer? Ek weet daar is n paar met cd’s ook by. Ek moet ‘n taak doen en kry net mooi niks. Dalk soek ek verkeerd. Enige hulp, asseblief?

    Reply

    • Juffer
      May 05, 2015 @ 13:30:45

      Hallo, Danielle😉 Ek weet van Klanke Kalante en Pretletters, maar dit is nie baie algemeen beskikbaar nie. Die Engelse reeks wat boeke (stories en werkboeke) en CD (liedjies) het, is die Letterland-reeks. Jy sal die skakel hier aan die regterkant kry. 😉

      Reply

  31. natanya Howell
    Jan 08, 2016 @ 14:12:43

    Goeie dag Juffrou my naam is Natanya ek bly in die weskaap ek is op soek na raad hoe om my dogterjie van nege te leer lees sy is tans in n spesial skool sy het n leerprobleem en het adhd. sy gaan skool by Molenbeek LSEN skool sy ken nie haar klanke nie en gaan blank met die alphet. sy brand om te lees want sy sit met stoorie boeke maar kyk net die prente. Juffrou wat kan ek doen om my kind te help lees en skryf hy is in n skool wat in phases werk en nie grade nie hulle is 15 in n klas met n juffrou en n klas asest.

    Groete
    Natanya Howell

    Reply

    • Juffer
      Jan 14, 2016 @ 15:57:54

      Hallo, Natanya😉
      Jy kan verskeie relevante idees, werksvelle en skrywes opspoor indien jy soekterme soos “lees, sigwoord, abc, klanke, hersien, flits, dubbelklank, tweeklank, drieklank…e-boek, leesreeks, rympie, storie” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in tik. Ek hoop dit kan help.

      Reply

  32. Theunita
    Mar 16, 2016 @ 08:33:40

    Goeie more jufrou,

    Het juffrou dalk enige aktiwiteite vir Graad R wat maklik aflaaibaar is?

    En eks ook op soek na aktiwiteite vir Graad 3 wiskunde: halvering, verdubbel en minus somme.

    Asb help.
    Theunita

    Reply

    • Juffer
      Mar 17, 2016 @ 01:45:36

      Hallo, Theunita😉

      As jy soekterme soos “abc, alfabet, robotkaart, uitspraak, woordeskat, links en regs, posisie, middellyn, spiertonus, potloodgreep, syfers, vorms, patrone, rympies, liedjies, stories, ouditiewe, visuele, ogies, oogsorg, Graad R, Graad 1…herfs, winter, lente, somer, padveilig, rugby, sokker, olimpiese spele, hemelruim, troeteldier, wilde dier, higiëne, liggaamsdele, skelet, tande, tandmuis, muurkaart” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, sal dit vir jou verskeie skrywes, idees en drukbare opsies bied.

      Ek het verskeie somme/werksvelle onder die “Drukbare Bladsye”-blad gelys. Loer laer af na die hofie – “Syferkundigheid” en ook na die lysie skakels aan die regterkant van my blad. As jy soekterme soos “Wiskunde huiswerk, halveer, verdubbel, woordsom, afrond, veelvoud, maaltafels, deling, breuke, geld, hoe laat is dit…dae…meer en minder, voor en na” by die soekblokkie in tik, gaan dit vir jou verskeie idees en skrywes vir die wiskunde gee. Jy kan dan die getalle aanpas soos nodig. Vir aftreksomme, kan jy ook op senteacher.org na hul wiskunde-afdeling loer en druk soveel as wat nodig is.😉
      Ek hoop dit kan help.

      Reply

  33. Marlene Nel
    Oct 05, 2016 @ 10:06:34

    Halo daar

    Ek het n vragie. My seuntjie is in grad 5 maar sukkel met “geheue” Ons leer baie hard by die huis en hy ken sy werkies maar die volgende doen hy maar swak in sy vraestel. Veral Science en SOS. Dis asof hy nie “snap” nie. Leer ons dalk op n verkeerde manier? Enige raad of tips?

    Groete
    Marlene

    Reply

    • Juffer
      Oct 05, 2016 @ 13:19:01

      Middag, Marlene😉

      Bied die skool lesse in verband met studietegnieke aan? ‘n Mens kan tuis met sekere “huiswerkriglyne” help.
      Vir Wetenskap, kan julle die stappe en metodes kortliks teken en stap-vir-stap deur gaan. In SS, kan julle iets soortgelyks doen, maar dalk ‘n tydlyn vir Geskiedenis gebruik.
      Loer gerus na die skakels (onderstreepte stukkies) hierbo. Ek hoop dit kan help😉

      Reply

  34. Mary
    Oct 10, 2016 @ 12:22:03

    Middag Juffrou, my kind is in graad 10 en het oorgeskakel van Engels eerste taal na Afrikaans eertste taal en dit gaan moeilik. Die ander vakke is steeds in Engels. Hoe kan ek op die laat stadium help?

    Groete
    Mary

    Reply

    • Juffer
      Oct 10, 2016 @ 14:29:46

      Middag, Mary😉
      Ek is ongelukkig nie opgelei om met die senior leerders te werk nie, maar sou voorstel dat julle na Afrikaanse taalhandboeke of gidse van verskeie graadvlakke kyk om enige moontlike leemtes aan te spreek. Bied die skool ekstra klasse aan of is daar dalk ‘n hulpsentrum beskikbaar?
      Loer gerus ook na webblaaie soos Onnies Online en LitNet Skole vir moontlike hulp en idees.

      Reply

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: