Tuis

Onderwysposte


onderwysposte

Voor jy begin aansoek doen vir ‘n pos, behoort jy seker te maak dat jou CV en aansoekbrief taalkundig versorg is.  Deel dit met ‘n vertroueling of ‘n taalkundige (bv. ‘n Afrikaanse/Engelse opvoeder) om seker te maak dat dit nie onnodige foute het nie.  Verseker dat die dokument ‘n netjiese uitleg het en ‘n goeie indruk maak.

Wanneer jy vir ‘n spesifieke pos aansoek doen, wees spesifiek.  Verduidelik waarom jy vir daardie pos aansoek doen (bv. dat jy praktiese ondervinding in ‘n Graad 2-klas het) en gee die kontakbesonderhede van ‘n verwante referent (iemand wat jou in die klas waargeneem het, bv. ‘n Graad 2-juffrou).

Indien daar nie ‘n spesifieke pos geadverteer is nie, kan jy steeds na ‘n skool se ontvangsdame gaan en jou CV persoonlik aflewer.  Hulle het dikwels ‘n opvoeder op kort kennisgewing nodig.

Indien jy onseker is, kan jy altyd voorbeelde van klasmaats vra of met ‘n skoolhoof gesels om uit te vind waarna hy/sy spesifiek sal kyk.

In die moderne era, is dit moontlik om jou aansoek per e-pos te stuur. Skep ‘n e-pos rekening wat jy met ‘n werkgewer kan deel – wat byvoorbeeld jou voorletters of naam en van insluit, bv. AdeVilliers@ en nie TweetyBlossom@ nie. Jy sal ook na jou sosiale media profiele moet loer om te verseker dat die beeld wat jy wil skep, wel gedeel word. Stel jou privaatheids instellings – indien nodig.

Skep ‘n professionele profiel op LinkedIn – waar jy ‘n netwerk kan bou.

Loer gerus na die volgende webblaaie:

SACE points

Vorm Z83 (Editable)

ADPE1

Voorspoed!

Beurse
SACE Points Guide

122 Kommentaar (+add yours?)

  1. Lorraine
    Jan 26, 2015 @ 11:41:46

    Dag Juffer
    Het jul webtuiste dalk enige drukbare bladsye of stimulasie hulpmiddels vir Graad 00 (4-5jr) ~ Dis nou die outjies wat in 2010 gebore is in dus 5jaar oud sal wees in 2015. Lorraine

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 27, 2015 @ 16:55:52

      Middag, Lorraine 😉 Tradisioneel word formele take eers later geïmplementeer en word ontwikkeling spelenderwys in die voorskoolse jare aan gepak. Jy kan na die “drukbare bladsye” hofie hier bo kyk of soekterme soos “posisie, buitespel, spiertonus, tuis idees, links en regs, abc, woordeskat, liedjies, rympies, stories…fynspier, potloodgreep, troeteldier, wilde dier, vervoer, padveiligheid, water, grond…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant (laer af) in tik. Jy kan ook hier aan die regterkant na die skakels loer wat met “mylpale, kleuters, klein breintjies” gemerk is. 😉

      Like

      Antwoord

      • Lorraine
        Feb 25, 2015 @ 20:33:47

        Baie dankie. Ek sal gaan loer! ( Ek dink dit is effe laat vir net speel – sy’s seker reeds te ver gevorder…. Maar, dit kan nie skade doen nie.) 🙂 Groete

        Like

      • Juffer
        Feb 25, 2015 @ 22:39:54

        😉

        Like

  2. Geraldene
    Feb 09, 2015 @ 11:30:55

    Hi Daar! Eks opsoek na n tutor wat opgelei is vir my Graad 4 seun. Hy het ADHD en disleksie. Vir 4 middae n week nie langer as 2 ure per dag nie. Verkieslik iemand wat onderwys of terapie after ground het. Kan my my dalk op die regte spoor sit asb? On woon in Pretoria Waterkloofrif.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 10, 2015 @ 04:29:42

      Geraldene, ek is besig om navrae te rig 😉 Kumon en Kip McGrath is baie gewild. Hierdie skakel is waar tutors hul dienste adverteer en dan behoort opvoedkundige sielkundiges ook van iemand te weet (skakel gerus). 😉

      Like

      Antwoord

    • Lorraine
      Mar 04, 2015 @ 22:23:54

      Hallo Geraldene
      Rakende jou G4 seuntjie: – Jy kan gerus vir Vynette kontak indien jy nog nie reggekom het nie. Sy het hierdie ondervinding.
      Lorraine

      Like

      Antwoord

    • Isabe
      Feb 03, 2018 @ 14:01:40

      Hi Geraldene. Indien jy nognie reggekom het met ‘n tutor nie, kyk asb na my profiel op die skakel wat ‘Juffer’ aanbeveel het

      Like

      Antwoord

  3. Philip
    Feb 26, 2015 @ 08:38:55

    Dag Juffer,

    Ek is ‘n gegradueerde wat graag in die onderwys wil ingaan. Ek gaan nou in April by UNISA inskryf vir my NGOS, maar wil solank by ‘n Hoërskool begin werk vir ondervinding en om my studies te betaal. Kan u my dalk help met skole in die Gauteng/ Noord-Wes omgewing, wat studente inneem gedurende hulle studies? Ek sal dit baie wardeer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 05, 2015 @ 23:28:57

      O, gits, Philip. Ek weet ongelukkig nie, maar ek gaan ‘n boodskap op my Facebookmuur plaas. Loer gerus. Daar is daagliks skole wat opsies noem…of loer ook na die SAOU se webtuiste. Hulle het ook soms sulke poste daar.

      Like

      Antwoord

      • Philip
        Mar 07, 2015 @ 12:01:28

        Baie dankie vir die terugvoer. Ek sal definitief daar gaan loer.

        Like

      • Juffer
        Mar 07, 2015 @ 18:26:44

        😉

        Like

  4. Alida
    Mar 06, 2015 @ 09:31:06

    Dalk kan jy AROS by jou lys voeg. Daar word ook poste van tyd tot tyd geadverteer.

    Like

    Antwoord

  5. gerrie
    Mar 23, 2015 @ 15:15:31

    in my opinie en ondervinding met my eie kinders is kumon glad nie so effektief nie. Myns insiens kry eerder n goeie tutor

    Like

    Antwoord

  6. Larone
    Apr 09, 2015 @ 14:30:52

    Goeie middag my naam is Larone ek is n 3jaar student grondslagfase van unisa ek weet nie of iemand my dalk kan help nie ek is opsoek na n parmanent werk in die onderwys in Bloemfontein. Ek het reedelik ondervinding as enige iemand van iets weeet …

    Like

    Antwoord

  7. madeleine
    Apr 10, 2015 @ 23:48:29

    Is daar enige oop poste in die wes kaap vir ‘n manlike student wat nou by unisa gaan inskryf en graag wil skool hou terwyl hy studeer. (26 jarige man)

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 12, 2015 @ 14:35:38

      Middag, Madeleine 😉 Hy kan gerus die groter skole kontak of op die unies (bv. SAOU) se webtuistes loer. Dit hang af van die area of dorp, maar hy kan dalk as assistent werk (sportafrigting, ens.). Skole sou bereid wees om studente toe te laat om praktiese ondervinding op te doen, maar jy sou nie noodwendig vergoeding daarvoor ontvang nie.

      Like

      Antwoord

  8. Deané
    Apr 20, 2015 @ 13:12:25

    Is daar dalk enige gekwalifiseerde onderwysers / onderwyseresse wat belangstel om af en toe af te los by skole in die noordelike voorstede van Kaapstad asook wat sou belangstel in Grondslagfase kraamverlofposte. Ons skool het ‘n baie groot tekort aan aflospersoneel.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 21, 2015 @ 04:07:42

      Enkele mense het reeds op Facebook begin antwoord.

      Like

      Antwoord

    • Megan Botha
      Apr 22, 2015 @ 10:15:13

      Ek is opsoek na ‘n aflos onderwyspos. Bly in Brackenfell. Het van Johannesburg, Kaapstad toe getrek en sukkel om werk te kry.

      Like

      Antwoord

    • Marguerite le Roux
      Mei 10, 2015 @ 23:41:55

      Ek het my BEd Interm/senior graad by Stellenbosch voltooi in 2014 en soek tans na ‘n aflospos vir die eerste kwartaal in 2016.

      Like

      Antwoord

    • Eslia Moelich
      Mei 22, 2016 @ 12:37:53

      Middag, ek stel graag belang. Baie dankie!

      Like

      Antwoord

    • Annami
      Des 06, 2016 @ 13:36:35

      Hi Deane. Ek het my NOS die jaar klaar gemaak en sukkel om ‘n pos te kry in die onderwys. Sal wonderlik wees om af te los. Jy kan my gerus kontak indien julle nog onderwysers kort. Groete, Annami

      Like

      Antwoord

  9. Mariette
    Mei 21, 2015 @ 09:09:08

    Hallo. Gaan daar dalk derde kwartaal 2015 poste iewers uitkom? Ons Verhuis na bloemfontein en ek soek dringend daar ‘n pos. Ek is ‘n Grondslagfase juffrou. My man bly klaar in Bloemfontein.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 22, 2015 @ 01:25:13

      Môre, Mariette 😉 Ek hou die onderwysdepartement se webtuiste dop, maar sal ook op my Facebookblad vra.

      Like

      Antwoord

  10. Björke Nortje
    Mei 26, 2015 @ 11:17:40

    Goeie môre.

    Ek is opsoek na vakante poste in Kempton Park vanaf 2016 vir Sosiale Wetenskappe en Skeppende Kunste (Intr/sen fase).

    Lekker dag
    Björke Nortje

    Like

    Antwoord

  11. Lindi
    Jul 01, 2015 @ 05:53:54

    Hallo almal – ons het 2 posisies oop by ons Engelse skooltjie. n n deeltydse pos vir die 2 – 3 jariges begin September tot einde November en n permanente pos vir die 18m – 2 jariges ook begin September. Slegs oggende – in Norwood Johannesburg.

    Like

    Antwoord

  12. belinda
    Jul 17, 2015 @ 16:36:00

    Middag Juffer.Ek wil graag hoor watter klanke leer julle. Die kwartaal vir julle.gr R’e aan.

    Like

    Antwoord

  13. Sarah
    Aug 12, 2015 @ 09:49:46

    Goeie dag almal

    Ek is opsoek na n onderwyspos in Gauteng verkieslik in die Vaaldriehoek op intermediate phase vlak, ek het n BA graad in Regte en Sielkunde en is opgelei met CAPS en ook geregistreer met SACE en beoog om volgende jaar my NGOS te voltooi.

    Dankie

    Like

    Antwoord

  14. Muriel Pretorius
    Aug 18, 2015 @ 16:44:25

    Hallo! Ek is dringend opsoek na n onderwyspos in die Vaaldriehoek. Is SACE geregistreer. My vakke is Afrikaans, geografie, tegnologie, en sosiale wetenskappe. Ek tree ook tans op as HOD by Mamellang Thuto Hoerskool in Bothaville. My man het werk gekry in Meyerton en ek wil graag so gou moontlik verhuis.

    Like

    Antwoord

  15. Juanita Geyer
    Aug 22, 2015 @ 23:10:12

    Goeiedag! Wanneer word departementele poste weer geadverteer?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 27, 2015 @ 01:54:35

      Hallo, Juanita 😉 Van die provinsies adverteer reeds op hul webtuistes (klik op die provinsies in die skrywe). Loer weekliks vir moontlike veranderinge 😉

      Like

      Antwoord

  16. Xavier
    Aug 23, 2015 @ 14:53:24

    Hi juffer. Ek is nou al ‘n opvoeder vir agt jaar maar op die oomblik werkloos. Ek het ‘n drie jaar gedoen op CPUT en wil nou my vierde jaar deur NWU doen. Ek het my brief van aanvaarding ontvang vanaf NWU, maar ek het geen poste gekry vir heirdie jaar nie. Ek bied alle leerareas vir die inter/senior fase en Lewens wetenskappe, Tale, Tegnologie, Lewens Orientering en Geskiedenis in VOO fase aan. Ek het al by poste aansoek gedoen maar geen antwoorde ontvang nie. Kan u my dalk help a.s.b.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 24, 2015 @ 02:02:17

      Hallo, Xavier 😉 Ek weet dat heelwat studente by die Funza Lushakabeurs hulp gekry het en Die Rapport (koerant) het ook ‘n beurs vir onderwysstudente. Ongelukkig het ek slegs die skakels in hierdie skrywe opgespoor. Ek hoop dit kan jou op ‘n manier help.

      Like

      Antwoord

    • Hanna
      Des 11, 2015 @ 14:49:00

      Hi, Xavier as jy wil kan jy my email weet dalk van ‘n pos in die Noord Kaap

      Like

      Antwoord

  17. Niel
    Aug 24, 2015 @ 02:46:14

    Hi daar.

    Ek is tans in Thailand en gee Engels as n tweede taal vir die Thai studente. Ek is tans n jaar hier. Is van plan om nog n jaar of 2 te bly. Ek het geen onderwys kwalifikasies maar geniet dit vreeslik. Ek het ondervinding van ouderdom 4 tot 21 wat ek voor klas gee. Wat is die kans dat ek n pos kan kry vir die jong kinders in Laerskool vir engels. Prepremer tot G3?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 27, 2015 @ 02:05:34

      Hallo, Niel 😉
      Gewoonlik moet onderwysers ‘n kwalifikasie en ‘n <a href="http://http://www.sace.org.za/” target=”_blank”>SACE-/SARO-sertifikaat hê om in Suid-Afrika te kan skool gee. Hulle gaan vir jou die beste raad kan gee oor die moontlikheid van werk. Jy sou dalk as ‘n assistent kon werk terwyl jy deeltyds studeer. Dit hang net af van waar jy sou woon.

      Like

      Antwoord

  18. Ivan Brand
    Okt 07, 2015 @ 10:02:01

    Dag juffer
    Ek is tans besig met my finale jaar B.Ed inter/senior fase te NWU Potchefstroom. Ek is opsoek na ‘n departementele onderwyspos in Noordwes/Vrystaat. Ek het ‘n FUNDZA Lushaka beurs asook ‘n tydelike SARO nommer. My hoofvakke is Tegnologie en Geografie. Ek bied graag enige sport aan.

    Like

    Antwoord

    • Hanna
      Des 11, 2015 @ 14:50:46

      Ivan hoe klink Noord Kaap

      Like

      Antwoord

  19. Waldemar
    Nov 01, 2015 @ 11:56:48

    Ons het twee beskikbare poste by I AM Academy in Bloemfontein. Die geskikte kandidaat moet verkieslik beskikbaar wees om ‘n week of twee deeltyds te werk in November as proeftydperk. Die permanente aanstelling is vanaf Januarie 2016. Stuur asb jou cv met foto en afskrif van ID

    Like

    Antwoord

  20. Geraldine
    Nov 02, 2015 @ 18:34:35

    Naand juffrou ek is in gr. 11 en ek het hulp nodig met n boek wat Fiela se knd genoem word. Ek sukkel om al die karakters op te som en om die vrae te beantwoord. Is daar n mannier wat juffrou my kan laatweet op …

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 04, 2015 @ 05:31:05

      Hallo, Geraldine 😉 Ek dra ongelukkig nie kennis van die vakmateriaal nie – alhoewel ek die boek op skool behandel het 😉 Probeer gerus Onnies Online.

      Like

      Antwoord

  21. Casper Snyman
    Des 14, 2015 @ 11:04:26

    Dag Juffer

    Ek is opsoek na assistent poste by n Laerskool. Waar kan ek soek?

    Like

    Antwoord

  22. Nanette
    Des 19, 2015 @ 19:18:17

    My suster is op soek na n Grondslagfase of primere onderwyspos in die Noordkaap. Sy is het n B.ed (2015), asook noodhulp, Boksmart opleiding, provinsiale krieketervaring en kan ook hokkie, atletiek en netbal afrig. Sy is ook bereid om koshuisdiens te doen, indien nodig!

    Enige vakature? Dankie!

    Like

    Antwoord

    • sonia
      Jan 29, 2016 @ 15:23:15

      Dit Sonia Pretorius.Ons is gelee in Bray.noordwesdistrik het jou sus al werk ons privaat skooltjie opsoek n.a. grondslagfase juf sy Sal net 5kids in Haar klassie he; eie verblyf.

      Like

      Antwoord

  23. Marius Swanepoel
    Jan 01, 2016 @ 17:47:51

    Op soek na IGO pos

    Like

    Antwoord

  24. Alan Reed
    Jan 04, 2016 @ 07:50:28

    Goeie more. Kan u my dalk help met beskikbare poste in Gauteng. Ek hou tans skool in Kuruman (Noord Kaap). My familie bly almal in Gauteng en ek wil bitter graag terug keer om naby hulle te wees.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 04, 2016 @ 16:27:53

      Hallo, Alan 😉
      Loer gerus na die skakels in hierdie skrywe vir skakels na die Gautengse Onderwysdepartement, SAOU-poste, ens.

      Like

      Antwoord

      • P. Liddle
        Jan 15, 2016 @ 16:27:45

        EGD Educator required for Grade 10 & 11
        School: Pretoria Tecnical High School. (Located in Pretoria, close to Loftus)
        Medium of instruction: English.
        Requirements: SACE registration, teaching experience in EGD.
        Type of post: School Governing Body post.
        Salary: Negotiable.
        Starting date: Asap

        Like

  25. Kimone Coetzee
    Jan 05, 2016 @ 15:27:37

    Dag juffer.

    Ek het einde 2015 my landbou diploma verwerf by Grootfontein Landboukollege in Middelburg in die Oos-Kaap. Ek beplan om my NGOS deur UNISA te doen. Ek wil hoor of jy my kan help met skole wat studente sal in neem gedurende hulle studies? In die Oos-Kaap omgewing asb.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 05, 2016 @ 18:02:58

      Hallo, Kimone 😉
      Ek weet ongelukkig nie, maar sou voorstel dat jy jou CV by skole sou ingee wat op jou fokusgebied ingestel is, bv. landbouskole, ens. Daar is soms skole wat studente by hul koshuise laat inwoon as toesigpersoneel en dit is moontlik dat hulle ook assistente benodig. Loer gerus na die skales in die skrywe 😉

      Like

      Antwoord

  26. Mariette
    Mar 08, 2016 @ 11:06:29

    Hello Juffrou, ek is opsoek na ‘n onderwyser/tutor in die Malmesbury/ Darling omgewing met eie vervoer vir 2 graad 8 leerlinge. Tye is 16h00 tot 18h00 (4 dae per week.) Ondersteunende hulp met huiswerk asook begripvolle oordrag van senior wiskunde en rekeningkunde IEB is belangrik. Tarief R3000+

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 08, 2016 @ 14:33:17

      Middag, Mariette 😉
      Ek herhaal op my Facebookmuur.

      Like

      Antwoord

  27. Elizabeth Campher
    Mei 07, 2016 @ 08:45:48

    Hi Juffrou
    Ek is tans ‘n 4de jaar (laaste jaar) Grondslagfase student by CPUT Wellington. Ek is opsoek na n volt. pos vir volgende jaar (2017) in Mosselbaai/Hartenbos/Grootbrak area. Weet iemand dalk van ‘n skool wat wil aanstel?Wanneer die volgende vakaturelyste uitkom?Wanneer skole gewoontlik adverteer vir die volgende jaar?
    Baie dankie, Elizabeth

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 07, 2016 @ 14:45:17

      Middag, Elizabeth 😉
      Loer gerus na die skakels in die skrywe. Skole plaas advertensies in “Die Burger”, maar departementele poste sal deur die loop van die derde kwartaal (vir 2017) geplaas word. Onderwysers gee gewoonlik twee of drie maande kennis voordat hulle bedank 😉

      Like

      Antwoord

  28. Sonja Claassens
    Jun 08, 2016 @ 10:31:23

    Dankie

    Like

    Antwoord

  29. marietjie
    Jun 09, 2016 @ 17:42:12

    Hallo Juffie, ek is die geskikte plasing by enige skool as funksie koordineerder, organiseer afsluitings geleenthede, is Huishoudkunde Juffie in Noordkaap en wil na Mosselbaai 2017 verhuis. Op soek na skole in hartenbos, george, mosselbaai. Het ook 20 jaar ondervinding van Elsen onderrig

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 09, 2016 @ 19:13:15

      Middag, Marietjie 😉
      Loer gerus na die skakels in die skrywe 😉

      Like

      Antwoord

  30. Susan Bruwer
    Jun 27, 2016 @ 18:35:47

    Ek is opsoek na n onderwyspos in die Wes-Kaap. Ek is senior primer opgele, maar hou die afgelope 10 jaar vir gr r skool. Ek was vir 6 jaar hoof van die pre-primere afdeling (gr 000 tot gr r.) Ons het n gr r skool begin omdat die pre-primere skool te groot geword het. Ek is graadhoof van die graad r skool. My man is oorlede en ek wil graag nader aan my twee seuns woon. Hul woon in Durbanville en Paarl. Ek is in n permanente departementele pos, dus kan dit n oorplasing wees. Baie dankie as jy kan help.

    Like

    Antwoord

  31. Rica
    Jul 12, 2016 @ 15:55:28

    Ek is opsoek na n opvoedkundige sielkundige in die Noord-Kaap, verkiieslik in Kuruman of Upington;

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 12, 2016 @ 16:12:31

      Middag, Rica 😉 Hier is enkele name: lys. Die plaaslike laer- of hoërskool se leerondersteuningsopvoeder behoort ook name te kan gee.

      Like

      Antwoord

  32. Barbara Beatrice
    Jul 27, 2016 @ 09:02:34

    Goeiedag
    Weet iemand van ‘n ander instansie anders as UNISA waar n mens BEd dmv afstandonderrig kan doen?
    Beatrice

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 27, 2016 @ 14:06:09

      Middag, Barbara 😉

      Hoor gerus of AROS dit doen. Ek verbeel my iemand het genoem dat hulle afstandsonderrig doen.
      Ek sal op my Facebookmuur navrae rig.

      *Handre het genoem dat NWU kan help.

      Like

      Antwoord

  33. Hulp vir die vierde kwartaal! | Onnies Online
    Okt 09, 2016 @ 23:27:55

  34. Chantal
    Okt 10, 2016 @ 14:16:12

    ek is opsoek na graadR pos in wes-kaap

    Like

    Antwoord

  35. marilie
    Okt 27, 2016 @ 10:16:06

    Hi

    Ek het my Honneurs in International Trade, maar wil graag graad 1 skool gee en dan terselfde tyd my NGOS doen, bly in Gauteng.
    Enige raad?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 27, 2016 @ 13:15:48

      Middag, Marilie 😉
      Jy sal waarskynlik deur UNISA kan studeer. Probeer gerus ook AROS, Noordwes Universiteit en UJ. Sover ek verstaan, kan ‘n mens nie sonder ‘n onderwyskwalifikasie en ‘n SACE-sertifikaat skoolgee nie. Jy behoort egter as ‘n assistent te kan werk terwyl jy studeer. Loer gerus op Facebook na groepe soos “Onderwysers” – waar heelwat plasings oor deeltydse poste/assistentsposte genoem en idees uitgeruil word.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

      • Lorraine Eksteen
        Nov 02, 2016 @ 08:11:43

        Goeie more

        AROS beslis ‘n aanbeveeling – 1x per week klasbywooning en jy ontvang ‘n graad gelykstaande aan Tuks of ander universiteite.

        Sterkte.

        Like

  36. marilie
    Okt 27, 2016 @ 13:17:56

    Baie dankie!!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 27, 2016 @ 14:14:38

      Dis ‘n plesier 😉 Loer gerus weer in.

      Like

      Antwoord

  37. Louna-mari Buckle
    Nov 03, 2016 @ 01:33:52

    Goeie more
    Ek is opsoek na n onderwys pos in die vrystaat area ek maak dienjaar klaar met my B -Ed onderwys graad by ufs.
    My vakke is
    verbruikers studies gr10 tot 12
    Tegnologie/nw gra 4.tot.9
    Engels graad 4 tot 10
    Lo gr 4 tot 12
    Kuns en kultuur graad 4 tot 9

    As enige iemand van poste weet Groot asb !

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 03, 2016 @ 01:42:38

      Hallo, Louna-Mari 😉

      Loer gerus na die skakels in die bogenoemde skrywe en ook na my Facebookmuur vir moontlike poste.

      Like

      Antwoord

  38. Fransoné Smit
    Jan 03, 2017 @ 19:20:46

    Goeie dag.
    Ek het tans my bsc forensiese wetenskap graad voltooi. My vakke was wiskunde, fisika en biologie in eerstejaar en chemie en genetika en forensies tot en met derdejaar. Ek kan wetenskap, biologie en wiskunde gee. Ek wil hoor of daar enige onderwysers poste oop is in bloemfontein? Ek wil NGOS doen by die universiteit van die vrystaat waar ek tans studeer het, maar daarvoor moet ek eers as onderwyser werk..

    Hoop om gou van jou te hoor..
    Groete

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 04, 2017 @ 22:34:20

      Hallo, Fransoné 😉
      Ongelukkig weet ek nie van spesifieke poste nie. Die beste sou wees om in die plaaslike koerante te loer, jou CV by plaaslike skole af te gee, na die bogenoemde skakel te loer of selfs by Facebookgroepe soos Onderwysers of Onderwysers: “Ek soek werk in Gauteng, die Vrystaat of Mpumalanga” aan te sluit.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  39. Van Weele
    Jan 22, 2017 @ 19:49:07

    Goeie dag ek is op soek na ‘n onderwyseres / student wat
    RO tuis kan gee, naskool. In Randburg omgewing.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 24, 2017 @ 05:16:43

      Hallo, Van Weele 😉
      Ek het navrae op my Facebookmuur gerig en hoop om spoedig terugvoering te kry. Plaas gerus ook ‘n boodskap op Onnies Online se blad. 😉

      Like

      Antwoord

  40. johan de wit
    Feb 20, 2017 @ 11:18:26

    More Juffer.
    Het tans n aflospos(dringend) gr9 afrikaans eat. Dr Johan Jurgens Hoërskool in Springs.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 20, 2017 @ 15:17:49

      Baie dankie. Ek deel ook op my Facebookmuur 😉

      Like

      Antwoord

  41. Linique
    Mar 15, 2017 @ 17:12:34

    Ek is ‘n spraakterapeut. Baie trots om een te wees. Ek is op soek na ‘n spraak-pos in ‘n skool. Enige poste beskikbaar?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 15, 2017 @ 19:34:23

      Hallo, Linique 😉
      Ek is nie seker of spraakterapeute deur skole aangestel word nie. Heelwat skole verskaf egter ‘n ruimte aan terapeute om dan met die outjies te werk en fooie word deur die ouers vereffen. Hoor gerus by skole in jou omgewing of selfs by oudiologie- en spraakterapiepraktyke.

      Like

      Antwoord

  42. Jana
    Mar 22, 2017 @ 15:41:26

    Middag almal,

    Ek is nie seker of enige iemand raad kan gee nie. Ek wil so so graag die jaar BeD grondslagfase studeer. Ek het n beurs nodig…… Kan enige iemand n voorstel gee. Ek het al soveel eposse gestuur en geen terugvoering ontvang nie. Ek is woonagtig in die Oos-Kaap. Baie dankie.

    Like

    Antwoord

  43. Carene
    Mar 26, 2017 @ 13:18:48

    Hi daar. Hoe help ek kinders in Afr FAL graad 7 wat nog nooit Afrikaans gedoen het nie?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 26, 2017 @ 22:13:51

      Middag, Carene 😉
      Begin by die basiese konsepte soos sigwoorde, klanke, rymwoorde, manlike en vroulike vorme, bekende stories (bv. Hansie en Grietjie, Sneeuwitjie), liedjies, geïllustreerde woordeboeke, ens. Behandel die klanke soort-vir-soort (bv. aa, oo, oe, aai), trek ‘n flitskaart en maak ‘n sin met die woord. Gee ook vir die outjie ‘n tweetalige woordeboek sodat hy die woorde in sy/haar eie taal kan naslaan.
      Hier op my blog, kan jy soekterme soos “abc uitspraak, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, woordeinde, e klink soos i, omkering, b en d, f en v, meervoud, verkleinwoord, tydsvorme…lees, komponente, flits, rym, rympies, sigwoord, liedjies, stories, iPad, Android…Google” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir soortgelyke idees. “Google Chrome” se dokument-opsie het vertalingsfunksies en as jy die aanhegsel (add-on) “Instant Translate” byvoeg, kan jy met tegnologie inligting vir die outjie vertaal. Die vertalingsfunksie lees ook die Afrikaanse gedeelte as ‘n voorbeeld voor.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  44. Johanette
    Mei 05, 2017 @ 19:03:07

    Naand! Ek is opsoek na n onderwys pos in Bloemfontein! Ek het my B.Ed graad in Voorskoolse en Grondslagfase! Ek gee tans in Newcastle skool by Huttenpark! Ek het 8jaar ondervinding gee Graad 3!
    Baie dankie
    Johanette du Toit

    Like

    Antwoord

  45. Genevieve Haupt
    Jun 20, 2017 @ 07:29:16

    Goeie more

    Ek werk op die oomlik by n skool by die 4 tot 5 jaregis Graad RR en is my 1ste jaar wat ek swot deur Potch. En ek is graag op soek na n Graad R pos.

    Baie dankie
    Groete Genevieve Haupt

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 20, 2017 @ 13:11:34

      Hallo, Genevieve 😉
      Loer gerus na die skakels in die skrywe, maar ook na my Facebookmuur. Daar is heelwat poste gedurende die afgelope twee weke geplaas 😉
      Voorspoed.

      Like

      Antwoord

  46. theo
    Aug 23, 2017 @ 09:51:51

    HI! AM in my final year of my studies and left with only three outstanding modules and i want to transfere to a distance learning institution. I want to know if weather they will recognised the modules that i did at my previous institution or i might need to start again?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 23, 2017 @ 14:05:04

      Hi, Theo 😉
      It could be possible, but you’d have to contact the institution directly. They’d have to compare and look at your credits.
      Also check how well that institution is recognised worldwide – as some countries do not recognise certain distance learning qualifications if you’d like to work overseas one day. Good luck with those last modules 😉

      Like

      Antwoord

  47. Mnr. Johan Loots - Skoolhoof
    Jan 02, 2018 @ 22:14:26

    DRINGEND!
    Vakante Graad 10 tot 12 Lewensorientering en Graad 8 en 9 Afrikaans pos.
    Koshuisverblyf en etes beskikbaar. Aansoek sluit Vrydag 12 Januarie 2018. Kontakpersoon: Die skoolhoof, mnr. Johan Loots CV”s na hoof@lydenburghs.co.za. Kontaknommer: 082 908 3691

    Like

    Antwoord

  48. Jonita
    Jan 11, 2018 @ 22:56:26

    Ek soek dringend plek vir my kind om te leer vir gronslag. Ongelukkig het ons nie genoeg geld om deur unisa te studeer nie. Kollege wil haar nie vat nie. Asb enige iemand kan jul ons help.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 11, 2018 @ 23:45:19

      Hallo, Jonita 😉
      Loer dalk na die beurs opsies. Die Funza Lushaka beurs sluit egter Vrydag. Daar is heelwat skole wat deesdae studente onderwysers inneem as assistente, sodat hulle kan werk en ervaring in die klas kan opdoen terwyl hulle studeer. Loer gerus op webblaaie soos die SAOU en RSA Teaching Jobs of kontak die skole in jul omgewing sommer direk. Op Facebook is ook ‘n groep met die naam Onderwysposte waar ‘n mens navrae kan rig.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  49. Esther Loots
    Jan 27, 2018 @ 12:33:56

    Ek wil graag leerder aanlyn onderrig en verkieslik Gr 1 tot 3 as kwalifiserende onderwyseres.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 27, 2018 @ 14:55:10

      Hallo, Esther 😉 Ek weet dat daar dikwels van VIPKID gepraat word. Jy kan dalk daardie opsie ondersoek.

      Like

      Antwoord

  50. Esther Loots
    Jan 28, 2018 @ 07:58:08

    Baie dankie vir die terugvoer en antwoord rondom aanlyn onderrig! Sal ek aanvaar word met my HOD diploma en baie jare ondervinding by VIPKID?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 28, 2018 @ 21:38:38

      Hallo, Esther 😉 Ek is ongelukkig nie seker nie. Dis ‘n Engelse forum en indien jy die “groot E” het of kan bewyse lewer dat jy in Engels kan/mag skool gee, behoort dit te werk.

      Like

      Antwoord

  51. Esther Loots
    Feb 03, 2018 @ 11:30:06

    Baie dankie vir wonderlike diens! Wil net weet of ek aanlyn leerders kan onderrig in Afrikaans!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 03, 2018 @ 15:13:13

      Hallo, Esther 😉 Ek het gister ‘n skakel na ‘n Aanlyn opsie gekry en ook hier bo geplaas. Dis ‘n internasionale organisasie. Hoor gerus by hulle 😉

      Like

      Antwoord

  52. Netsayi
    Feb 14, 2018 @ 17:23:18

    I am looking for a teaching post. Intermediate and/or senior phase.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 14, 2018 @ 23:52:14

      Good afternoon, Netsayi 😉
      Please click on the links in the article for possible positions. I also post possible positions on my Facebook page. Have a look.

      Like

      Antwoord

  53. Christine
    Mei 04, 2018 @ 17:45:27

    Hey , ek soek ‘n Grondslagfase assistentpos in Pretoria het net ‘n paar vakke om af te handel het my hoofvak geslaag waar kan ek aansoek doen ? Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 06, 2018 @ 23:40:52

      Hallo, Christine 😉
      Loer gerus na die skakels in dié skrywe en ook op Facebookgroepe soos Onderwysposte. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  54. Reyna Noeth
    Sep 08, 2018 @ 13:30:37

    Goeie dag
    My dogter wil in 2021 graag ondetwys studeer.
    Maar wil graag by n skool in skakel as assistent onderwysyer grondslagfase.
    Ons is van die vrystaat.
    Waar begin ons?
    Watter skole nader ons?
    Is dit net Unisa wat langafstand kurdusse aanbied?
    Enige raad, hulp sal wardeer word.
    Baie dankue
    Reyna Noeth

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 08, 2018 @ 14:30:16

      Middag, Reyna 😉
      Unisa, Pukke (NWU) en UNISA is van die meer bekende instansies en dan is daar ook AROS. Indien sy eendag oorsee wil skool gee, sal ‘n mens net mooi moet ondersoek in stel, want nie al die lande aanvaar afstandsonderrig grade nie.
      Loer gerus na die SAOU en RSA Teaching Jobs skakels – asook my Facebookblad waar ek poste deel soos ek dit opspoor.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  55. Anri
    Sep 18, 2018 @ 09:19:36

    Goeie dag Juffer,

    Ek is tans ‘n finale jaar BEd-Grondslagfase student by Universiteit van Pretoria
    Ek is opsoek na ‘n pos by ‘n Afrikaanse skool
    Verkieslik in Pretoria
    Indien enige iemand weet van enige beskikbare Grondslagfase pos, asb laat weet my.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 18, 2018 @ 13:17:42

      Loer gerus na die skakels in die bogenoemde skrywe 😉

      Like

      Antwoord

  56. Juanita Alberts
    Nov 13, 2018 @ 07:13:12

    Engelse onderwyser. 28 jaar ondervinding. Pretoria asseblief.

    Like

    Antwoord

  57. Werna Van Der Linde
    Nov 30, 2018 @ 12:08:46

    Goeie middag. Hoe gaan ons te werk om ‘n pos te adverteer op julle fb blad? Ek is reeds lid van die blad. Baie dankie. Werna van der Linde.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 30, 2018 @ 14:10:54

      Hallo, Werna 😉
      Plaas die advertensie hier: My Klaskamer: Onderwysposte.
      Onderwysposte in Laer- en Hoërskole. Laer- en hoërskole is welkom om onderwysposte hier te plaas. Hoe meer volledig, hoe beter. [Gratis]

      Like

      Antwoord

  58. Mariaan
    Jul 04, 2019 @ 07:55:19

    Goeie môre
    EK wil weet watter moontlike verdere studies ek kan doen om consumer studies aan te bied by n skool.
    EK het dit op skool gehad.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 04, 2019 @ 13:47:18

      O, gits. Ongelukkig is my kennisveld tot die laerskool beperk. Hoor gerus by webblaaie soos Onnies Online of Facebook-groepe soos “Onderwysers Teachers“. Daar behoort beslis hulp beskikbaar te wees.

      Like

      Antwoord

  59. Johanette
    Mar 16, 2022 @ 16:28:09

    Goeie dag Juffrou.

    Ek gaan nou n loopbaan skuif maak na onderwys toe. Ek het n passie vir kinders. Ek kyk daarna om vir graad R klas te gee en kan nou n sertifikaat doen by Damelin, maar ek wil graag juffrou se raad he. Gaan ek n werk kan kry by n skool meg n sertifikaat of dink Juffrou dis beter om deur unisa n diploma te kry?

    Intussen soek ek n werk terwyl ek studeer by n skool in die Noorde van Pretoria of in Pretoria Oos. Dis dan net terwyl ek studeer. Weet juffrou dalk van iets?

    Ek sal dit so baie wardeer as juffeou vir my raad kan gee op hierdie.
    Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 16, 2022 @ 18:59:10

      Hallo, Johanette 🙂
      Ek ken ongelukkig nie Damelin se kursus nie. Deesdae vereis die onderwysstelsel ‘n graad en kan dit jou salaris ook (positief) beïnvloed. Dit sal ‘n goeie idees wees om ‘n Grondslagfase graad te voltooi (B.Ed.), want dan kan jy van Graad R tot 3 gee. Party studente leer deeltyds terwyl hulle werk – as assistente, ens.
      Ek ken ongelukkig nie die instansies in Pretoria nie, maar sou voorstel dat jy met die Grondslagfase HODs (hoof van die Grondslagfase) van ‘n paar laerskole gesels om te hoor wat hulle sou aanbeveel. Hulle kry waarskynlik dikwels studente om praktiese lesse aan te bied en kry so ‘n aanvoeling vir die onderskeie kursusse by die verskillende instansies.
      Loer gerus op my Facebookgroep, want ek plaas daagliks heelwat poste daar: https://www.facebook.com/groups/MyKlaskamerOnderwysposte. Facebookgroepe soos “Kleuterskooljuffrouens” kan ook met kursusse en idees help.
      Alle voorspoed met hierdie opwindende skuif en kom loer gerus weer in 🙂

      Like

      Antwoord

  60. Edwina
    Okt 28, 2022 @ 15:26:13

    Goeie dag, ek is Edwina Kleynhans n entoesiastiese en pligsgetroue finale jaar SPFET student aan CPUT. My hoofvakke is Wiskundige Geletterdheid en Besigheidstudies. Ek is op die punt om my B.ed graad te ontvang en is graag opsoek na geskikte poste vir volgende jaar (2023). Ek is woonagtig in n dorpie in die Wes-Kaap maar is ook bereid om te verhuis indien dit van my verlang word. Ek hoop jy kan help bied in hierdie verband.

    Like

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: