Tuis

skrikkeljaar

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-01-27 at 15.33.08

Ons het nie juis inligting oor Skrikkeljaar en Skrikkeldag nie, behalwe dat jy baie gelukkig is om vandag te verjaar! Gebruik hierdie leesstukke, inkleurprente en aktiwiteite vir lekker besigbly-werk.

Koppel die inkleurdery dalk aan ‘n fondsinsamelingsprojek (skenk 50c per vel aan ‘n projek van jul keuse).

Kombinasies van 29

Artikel

Wêreld Boekedag, 1 Maart

Lewer kommentaar


wêreld opvoedkundige spele 2012

Lewer kommentaar


Die 1ste Maart is Wêreld Boekedag, die 6de is Wêreld Speldag, die 7de Wêreld Wiskunde Dag en die 8ste is Wetenskapdag.  Jy kan  jou klas op World Education Game se webtuiste registreer en dan teen internasionale teenstanders kompeteer om jou kennis te toets.  Indien jy nie aan dié speletjies wil deel neem nie, kan jy die dae steeds in jou klas vier:

Boekedag:

Kinders is nooit te jonk om meer oor boeke te leer nie.  Spreek aspekte soos die versorging van boeke aan en doen ‘n bietjie boekopvoeding…Wat is ‘n titel?  ‘n Outeur?  ‘n Illustreerder?  Hoe blaai ek deur ‘n boek en waar bêre ek dit?  Tel hoeveel van ‘n spesifieke klank jy in die leesboek kan kry of soek na spesifieke sigwoorde…

Onthou ook dat dit Biblioteekweek van 17 – 24 Maart sal wees…

Speldag:

Die Graad 1’s kan vaslegging van hul klanke doen deur middel van klank- of fonemiese bewustheidstake.  Fokus op die ouditiewe en visuele persepsies en maak seker dat die outjies die klanke reg vorm.

Graad 2’s kan hul kennis van dubbel-, twee– en drieklanke hersien.  Dit hoef nie formeel gedoen te word nie.  Inkleurtake of speletjies sal baie goed werk.

Die Graad 3’s het moontlik nog nie met taalleer of taalreëls begin nie.  Dalk kan ‘n mens een op hierdie spesiale dag aanspreek.

Wiskunde Dag:

Dit is ‘n goeie tyd van die kwartaal om basiese vaardighede vas te lê.  Tel aan en terug, besluit of ‘n getal ‘n ewe of onewe getal is, lê die wiskunde woordeskat vas (meer, minder, altesaam, * keer meer as…), tel in veelvoude, hersien maaltafels, stof ou spoedtoetsboekies af…

Wetenskapdag:

Besoek die skool se laboratorium of wetenskapklas.  Watter interessante eksperiment kan die onderwyser vir julle wys of wat kan die kinders self doen?

 

Onthou om spesifieke soekterme by die bruin blokkie aan die regterkant in te tik vir spesifieke skrywes (bv. maaltafel, abc, klanke, sigwoorde, biblioteek, boeke, wiskunde, Graad 1…).

moedertaaldag 2012

2 Kommentaar


unesco mother tongueDinsdag is dit weer Internasionale Moedertaaldag.

Eikestadnuus 20120217‘n Skrywe deur Dr. Marié Heese.  (Kliek om te vergroot.)

my valentyn

4 Kommentaar


http://www.thriftyfun.com/tf90299751.tip.html#

Dit is een van die dae weer Valentynsdag en tyd om jou klas of gesin te bederf…

Soentjies en hartjies:  Maak ‘n groot hart uit karton en verf dit rooi.  Trek ‘n groot hartjies en soentjies (kringetjies en kruisies) raamwerk en siedaar!  ‘n Vinnige speletjie.  Jy kan of los hartjies en kruisies knip vir die speletjie óf julle kan ‘n laag plastiek daaroor plaas.  Gebruik bloot ‘n witbordpen (koki) om die speletjie oor en oor te speel.  Indien ‘n klas dit sou wou maak, kan hulle dit as ‘n speletjiegeskenk vir die gesin maak.  Lamineer dan net die onderskeie dele.

Weef hangende hartjies.  Ryg dit in en hang voor die venster of bokant die swartbord.

Hartjiekryte:  Smelt alle los stukkies vetkryt in vormpies.  Gee vir elke kind ‘n kryt.

Kaartjies:  Hierdie skakel het verskeie oulike kreatiewe kaartjies.

Heel kleintjies:  Gee dikkerige verf in verskeie skakerings van pienk en rooi.  Laat die outjies dan met koekiedrukkers harte op papier druk om kaartjies of geskenkpapier mee te maak.

Swartbordharte:  Maak harte uit karton en verf dit swart.  Skryf dan met wit bordkryt daarop.

Liefdeslekkers:  Verpak lekkers in verskillende verpakkings.  Stik deursigtige paper in hartjievorms en vul dit met klein pienk, rooi en wit lekkertjies.

Vingers:  Sny gate uit groot harte sodat die vingers soos bene kan dans.

Verbind die kolletjies, vergelyk groottes en tel die harte.

1, 2, 3 houtwerk:  Teken die buitelyne van ‘n hartjie op ‘n afval stukkie plank.  Laat die outjie die agtergrond en hartjie met verskillende kleure verf.  Die tradisionele wit, pienk en rooi werk goed, maar jy kan selfs ‘n ligte blou hartjie op blou (ens.) maak.  Kap dan spykers op die buitelyne in of as die outjie behendig genoeg is kan hy dit self probeer.  Draai dan wol, tou, lint of dun draad om die spykers te verbind.

%d bloggers like this: