http://www.thriftyfun.com/tf90299751.tip.html#

Dit is een van die dae weer Valentynsdag en tyd om jou klas of gesin te bederf…

Soentjies en hartjies:  Maak ‘n groot hart uit karton en verf dit rooi.  Trek ‘n groot hartjies en soentjies (kringetjies en kruisies) raamwerk en siedaar!  ‘n Vinnige speletjie.  Jy kan of los hartjies en kruisies knip vir die speletjie óf julle kan ‘n laag plastiek daaroor plaas.  Gebruik bloot ‘n witbordpen (koki) om die speletjie oor en oor te speel.  Indien ‘n klas dit sou wou maak, kan hulle dit as ‘n speletjiegeskenk vir die gesin maak.  Lamineer dan net die onderskeie dele.

Weef hangende hartjies.  Ryg dit in en hang voor die venster of bokant die swartbord.

Hartjiekryte:  Smelt alle los stukkies vetkryt in vormpies.  Gee vir elke kind ‘n kryt.

Kaartjies:  Hierdie skakel het verskeie oulike kreatiewe kaartjies.

Heel kleintjies:  Gee dikkerige verf in verskeie skakerings van pienk en rooi.  Laat die outjies dan met koekiedrukkers harte op papier druk om kaartjies of geskenkpapier mee te maak.

Swartbordharte:  Maak harte uit karton en verf dit swart.  Skryf dan met wit bordkryt daarop.

Liefdeslekkers:  Verpak lekkers in verskillende verpakkings.  Stik deursigtige paper in hartjievorms en vul dit met klein pienk, rooi en wit lekkertjies.

Vingers:  Sny gate uit groot harte sodat die vingers soos bene kan dans.

Verbind die kolletjies, vergelyk groottes en tel die harte.

1, 2, 3 houtwerk:  Teken die buitelyne van ‘n hartjie op ‘n afval stukkie plank.  Laat die outjie die agtergrond en hartjie met verskillende kleure verf.  Die tradisionele wit, pienk en rooi werk goed, maar jy kan selfs ‘n ligte blou hartjie op blou (ens.) maak.  Kap dan spykers op die buitelyne in of as die outjie behendig genoeg is kan hy dit self probeer.  Draai dan wol, tou, lint of dun draad om die spykers te verbind.