Tuis

Valentynsdag

Lewer kommentaar


  • Druk hartjievlaggies op gekleurde papier en gee dit vir die kinders om uit te knip.  Ouer kinders kan die hartjies en agtergrond met uitdraaikryte inkleur (druk hard)…verf dit met effens verdunde voedselkleursel of hou dit so.  Wat van pastelle?
  • Kies boodskapvelletjies (hier onder) en spasieer dit op ‘n A4-vel.  Druk dit op ‘n gekleurde vel of wit papier.  As wit papier gebruik word, kan ‘n mens die prentjies met uitdraaikryte inkleur.
    • Laat die outjies opbouende sinne skryf en plaas dit op die aansteekbord.  Dis soms net lekker om positiewe boodskappe te lees.
    • Versier die personeelkamer se deur met die opbouende boodskappe of…
    • verklein ‘n paar boodskappe op een bladsy en plaas dit in die onderwysers se vakkies.
    • …vergroot ‘n paar boodskappe, kleur die prentjies lekker helder met pastelle in en versier ‘n ingangsportaal of -deur.
    • …plaas foto’s van die boodskappe op die skool se webtuiste.

valentyn1 valentyn2 valentyn3 valentyn4

Sien ook Valentynsdag, My Valentyn en My hartjie…my liefie

my valentyn

4 Kommentaar


http://www.thriftyfun.com/tf90299751.tip.html#

Dit is een van die dae weer Valentynsdag en tyd om jou klas of gesin te bederf…

Soentjies en hartjies:  Maak ‘n groot hart uit karton en verf dit rooi.  Trek ‘n groot hartjies en soentjies (kringetjies en kruisies) raamwerk en siedaar!  ‘n Vinnige speletjie.  Jy kan of los hartjies en kruisies knip vir die speletjie óf julle kan ‘n laag plastiek daaroor plaas.  Gebruik bloot ‘n witbordpen (koki) om die speletjie oor en oor te speel.  Indien ‘n klas dit sou wou maak, kan hulle dit as ‘n speletjiegeskenk vir die gesin maak.  Lamineer dan net die onderskeie dele.

Weef hangende hartjies.  Ryg dit in en hang voor die venster of bokant die swartbord.

Hartjiekryte:  Smelt alle los stukkies vetkryt in vormpies.  Gee vir elke kind ‘n kryt.

Kaartjies:  Hierdie skakel het verskeie oulike kreatiewe kaartjies.

Heel kleintjies:  Gee dikkerige verf in verskeie skakerings van pienk en rooi.  Laat die outjies dan met koekiedrukkers harte op papier druk om kaartjies of geskenkpapier mee te maak.

Swartbordharte:  Maak harte uit karton en verf dit swart.  Skryf dan met wit bordkryt daarop.

Liefdeslekkers:  Verpak lekkers in verskillende verpakkings.  Stik deursigtige paper in hartjievorms en vul dit met klein pienk, rooi en wit lekkertjies.

Vingers:  Sny gate uit groot harte sodat die vingers soos bene kan dans.

Verbind die kolletjies, vergelyk groottes en tel die harte.

1, 2, 3 houtwerk:  Teken die buitelyne van ‘n hartjie op ‘n afval stukkie plank.  Laat die outjie die agtergrond en hartjie met verskillende kleure verf.  Die tradisionele wit, pienk en rooi werk goed, maar jy kan selfs ‘n ligte blou hartjie op blou (ens.) maak.  Kap dan spykers op die buitelyne in of as die outjie behendig genoeg is kan hy dit self probeer.  Draai dan wol, tou, lint of dun draad om die spykers te verbind.

my hartjie…my liefie

2 Kommentaar


Dit is Sondag Valentynsdag en alhoewel die kinders nog nie die romantiese sy van Valenstynsdag ken nie, kan ‘n mens die dag op ‘n spesiale manier vier. Vier die liefde en dinge soos vriendskap en dankbaarheid.

  • ‘n Mens hoef nie die hele dag te spandeer aan Valentynsdag nie, maar kan dalk die volgende idees gebruik…
  • As deel van die Bybelles, kan jy oor aspekte soos liefde (Kor. 13?) praat. Tydens die Skrifles kan ons groot harte (met behulp van ‘n stensil / sjabloon) op ‘n bladsy trek en binne die hart skryf. Juffrou kan dalk ‘n oulike gediggie kies of “liefdessinne” skryf. Na die tyd knip die kinders die harte uit (fynspier oefeninge) en knyp dit met wasgoedpennetjies aan ‘n lang tou vas. Vir ‘n bietjie variasies kan ‘n mens die papier met verdunde rooi kleursel verf…
  • Kyk gerus na die Wiskunde sommetjies wat all kids network beskikbaar stel…As jy die kinders vra om tydens die geletterdheidsbeen stories te skryf, kan julle dít op ekstra groot harte skryf en met tou aan ‘n boom hang. Elkeen wat verby stap, sal wil loer en dit wakker nogal ‘n nuuskierigheid (en leesgierigheid) aan. Indien jy bang is vir die moontlikheid van reën, kan jy die liefdesharte aan kersboomliggies vasknyp en in die gange laat flonker.
  • As jy lus het, kan julle harte uit “filt” lappe sny – so twee verskillende groottes. Werk dit dan met growwe rygsteke al om die rand vas…
    • – om op ‘n kaartjie te plak…
    • – om aan ‘n doekspeld te heg (borsspeld)…
    • – om op ‘n magneet te plak (yskas magneet)…
    • – om op ‘n boekmerk te plak…
  • Bak eenvoudige koekies en druk harte met ‘n koekiedrukker uit. Elke kind versier dan die klaar gebakte koekies…Verpak dit in ‘n spesiale sakkie.
  • Dra jou hart op jou mou:  Maak vriendskaps-armbande uit papier, papierrolletjies en ou linte.  Jy hoef nie noodwendig ‘n hartjie te sny nie, maar kan met enige stensilpons werk.  Plak ‘n breë stukkie lint aan die binnekant van die “venstertjie” en herhaal dit as die “gespe”.  Ouer kinders kan gewone kartonstroke gebruik en oortrek met pienk, rooi of blommetjieslap.
  • Druk ‘n hartjiemotief op kardoessakkies en vul dit met lekkers of ‘n kaartjie.
  • Maak ‘n skoenlapper – met ‘n stokkielekker as die middelpunt.  Kyk ook na die knooprygwerk op dieselfde bladsy.

Verskeie werkvelle en dinge:

Gelukkige Valentynsdag!

%d bloggers like this: