Tuis

opvoedkundige netwerk

Lewer kommentaar


SN_Logo

SA SchoolNetwork is ‘n eg-Suid-Afrikaanse webtuiste propvol opvoedkundige en onderwys-inligting.

SA SchoolNetwork is ‘n nie-winsgewende organisasie. Ons hoofdoel is om onderwys in Suid Afrika te verbeter.
Ouers, leerders, onderwysers en skole kan interesante hulpbronne vind wat op ‘n kleurvolle wyse gelys word.

Besoek die webtuiste by www.schoolnetwork.co.za.

schoolnetwork

Geseënde Kersfees

2 Kommentaar


xmas

Leeslyste

Lewer kommentaar


stories

Is die kleingoed al verveeld en soek jy nog ‘n laaste geskenkie vir die Kerskous?  Loer gerus na hierdie leeslyste vir verskeie storieboeke.

stokmannetjies

Lewer kommentaar


stick

Maak stokmannetjie-gesinne vir kaartjies, boekmerke, naamkaartjies…Jy kan die gesinslede aanvul en die kleurskema’s aanpas.

stick2

lekkerbekkie

Lewer kommentaar


Lekkerbekkie

Lekkerbekkie.TV is ‘n webtuiste met ‘n gratis, 24-uur televisiekanaal vir die kleinspan.   Jy kan Afrikaanse kinderstories (op CD en DVD) aanskaf of boek-en-CD kombinasies koop.  Verdere dienste sluit ‘n Storieklub en maandelikse tydskrifboekies (propvol aktiwiteite) in.  Gaan loer gerus in…

lekkerbekkietv

Kersfees

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-12-05 at 22.41.22Dit is amper Kersfees en die kleingoed sal een van die dae kla dat hulle verveeld is.  Hier is dan ‘n paar idees om die outjies mee besig te hou en om gereed te maak vir die Feestyd.

  1. Maak “bunting” (vlaggies) of kersversierings met sneeumannetjies wat hande vas hou.
  2. Maak “bunting” deur sterre op verskillende kleure papier te druk, uit te sny en met tou of linte in te ryg.  ‘n Mens kan die sterre ook vas stik.
  3. Maak sneeuvlokkie kersversierings:  Spuit gewone wit lym (gom) in ‘n stervorm (asterisk *) op waspapier en sprinkel fyn blinkertjies daaroor.  Sodra dit droog is behoort dit skitterende sneeuvlokkies te maak.  Indien jy dit nie aan die boom wil hang nie, kan ‘n mens die etenstafel of geskenke daarmee versier.
  4. Gebruik dieselfde wit lym om drie sirkels vir ‘n sneeuman op waspapier te maak. Knip ‘n hoedjie uit swart papier en pons gate uit die swart papier om knope mee te vorm.
  5. Maak sneeumanne uit twee verskillende grootte knope en vilt.
  6. Maak ‘n kersvader uit soutklei (handafdruk en verf).
  7. Maak ‘n kersversiering met die gesinslede se vingerafdrukke (soutklei, vingers en spuitverf).  ‘n Mens kan elke jaar ‘n nuwe stelletjie maak – met die datum in die middel.
  8. Kies plantmateriaal (soos varingblare) of doilies om bo-op die soutklei te plaas voordat julle dit heeltemal uit rol.  Rol liggies totdat die blaar ‘n patroon gedruk het, verwyder en druk dan jou vorms (koekiedrukkers) uit.  Onthou om ‘n gat vir die toutjie te pons voordat jy die versierings bak.
  9. Knip ‘n spiraal uit en versier dit soos ‘n sneeuman.
  10. Knip sneeuvlokkies uit koffiefilters.
  11. Smelt kleurvolle kraletjies in ‘n metaal koekiedrukker.  Versier geskenke daarmee of hang dit aan die kersboom.
  12. Smelt kleurvolle kraletjies en maak sonvangers daarmee.
  13. Draai sjokolade (slabs) in spesiale geskenkpapier toe.  Druk kleurvolle engele, kersvaders, rendiere, en dies meer vir spesiale verrassings.
  14. Maak naamkaartjies vir geskenke deur verskillende stroke oorskiet papier (soos “scrap book” papier) van lank na kort in ‘n kersboom-/driehoekvorm te rangskik.  Die kleingoed behoort dit self te kan maak.  (Gebruik selfs stukkies lint as jy het.)
  15. Druk gekleurde naamkaartjies (uil tema).
  16. ‘n Ander gedagte is om ‘n kersvader te bou deur vorms soos ‘n ovaal en driehoek uit te knip.  Laat die kleingoed dan repies papier styf om sosatiestokkies of potlode krul om die baard te vorm.
  17. Versamel al die legkaartstukkies van halwe legkaarte.  Spuitverf dit met groen, silwer of goue verf en maak kersboompies vir kerskaartjies.
  18. Maak kersversierings uit die rugkante van legkaartstukkies, bv. hartjies.
  19. Laat die kleingoed broodsakkiekaartjies in sneeumannetjies omskep om geskenksakkies mee toe te bind.
  20. Maak malvalekkers in verskillende vorms.
  21. Maak verskeie kers-eetgoed vir die kleinspan.
  22. Trek kougompakkies oor vir vinnige geskenke.  ‘n Mens kan ook die afsonderlike “blasies” uit knip, versier en na ete uitdeel.

Soutklei resepte:

1/2 koppie sout

1/2 koppie water

1 koppie meel

Meng in elektriese menger tot styf en knie dan vir 5 – 7 minute tot glad soos speelklei.  Rol uit en begin vormpies druk.

of

1 koppie sout

1 koppie meel

1/2 koppie water

Meng en knie tot glad soos speelklei.

of

1 koppie sout

1 koppie louwarm water

2 koppies meel

Meng en knie.

Laat staan die vorms tot droog of bak.

Nog Kersfees en kersversiering idees…

12-12-12

Lewer kommentaar


12 Op 2012-12-12 sal dit die laaste keer wees dat ‘n getal so in drievoud in ‘n datum kan verskyn (in hierdie eeu).  Hiermee sommer ‘n paar besigbly idees vir die vakansiegangers.

 

Supernova

2 Kommentaar


Supernova

Dis die einde van die jaar en die begin van ons sonskyn vakansie.  Indien jy van nuuskierige navorsertjies weet, kan hierdie tydskrif dalk net die regte leesstof bied.

Supernova is ‘n engelse tydskrif – gemik op kinders van sowat 9 tot 14 jaar oud.  Dit is ‘n kleurvolle tydskrif – gedruk op papier wat nie sommer sal frommel nie en behoort in leeshoekies en skoolbiblioteke te hou.  Die twee uitgawes wat ek onder oë gehad het, bevat oulike inligtingstukkies oor omgewingsake (soos herwinning en klimaatsveranderinge), artikels oor die ruimte, strokiesprente, die kunste (bv. ballet en kunsbewegings) en biologie (bv. parasiete, simbiose).  Dan is daar verskeie “maak jou eie” en “hoe om ‘n … te maak” inskrywings vir outjies wat graag dinge wil maak en boonop kan skole én leerders pryse in die kompetisies wen.

Gaan loer gerus na Supernova se webtuiste vir verdere besonderhede.