
Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
April 18, 2021
2021, lees boeke, boeke nag, boekmerk, boekmerkies, lees Lewer kommentaar
Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
Februarie 21, 2018
lees biblioteek, boeke, boeke nag, Boekedag, boekmerk, leeslys Lewer kommentaar
1 Maart en 23 April word onderskeidelik as Wêreld Boekedag beskou. 23 April is ook Boekenag.
Het jy ‘n wenslys van boeke wat jy graag sou wou lees? Vir wie sou jy dit lees? Sou jy vir jou maat, ‘n onderwyser, ‘n troeteldier of ‘n speelding wou lees?
Wat kan jy lees? ‘n Digbundel, lirieke, stories, resepte, advertensies, die koerant, flitskaarte, ‘n tydskrif of wat van iets op ‘n tablet?
Trek soos jou gunstelingkarakter aan en vier dié dag op ‘n prettige wyse saam met jou klasmaats.
Junie 6, 2016
afrikaans award, boekmerk, bookmark, koevert, rapport, toekenning Lewer kommentaar
Mei 23, 2011
afrikaans aktiwiteit, boekmerk, geskenk, kuns, kunsvlyt, pappa, vader, vadersdag 4 Kommentaar
Dis weer eersdaags Vadersdag en ons moet solank begin werk aan geskenkidees…
Plekmatjies: As pagoed graag ‘n koue glasie of verversing geniet, kan ‘n mens klein, ronde pierinkies by ‘n plastiekware-winkel koop en met ‘n sterk gom en kleurryke krale versier. Die gom dien as kleefmiddel, maak die geskenkie waterdig en seël dit vir ‘n skitter effek.
“To do”: Maak ‘n herinneringsbordjie. Trek die raamwerk van ‘n gereedskapstuk op ‘n eenvoudige blokkie hout af. Verf die buitekant / agtergrond met een kleur en die binnekant van die gereedskapstuk met swart bordverf. Skryf dan ‘n boodskap soos “onthou” of “moet doen” in wit bordkryt op die stukkie. Draai ‘n hakie onder en een aan die bokant van die blokkie in, sodat jy dit kan op hang en ‘n boodskap onderaan kan haak. As jy verkies om ‘n wasgoedpennetjie daarop vas te plak, kan die boodskappies in die pennetjie vas geknyp word.
Gewigtige saak: Maak ‘n papiergewiggie uit soutklei en pak ‘n boodskappie daarin uit met spoelklippies of effekleurige (dalk hout) krale. As jy die woord op ‘n voorbeeld pak of op die bord skryf, maak dit die na-apery makliker. (Soutklei resep hier.)
Emmer skop: Hierdie geskenk is meer persoonlik. Dink aan stringe dinge waarvan pagoed hou en waarvan hy droom. Tik dit netjies en groot uit. Knip in stroke en plak aan die buitekant van ‘n blikkie vas. Versier en vernis dit om as ‘n pennehouertjie te dien.
Gekleurde pennetjies: Verf ‘n klomp gholfpennetjies in verskillende kleure vir die gholfsak.
Boekmerkies:
As die outjies baie klein is, kan jy vir hulle ‘n basiese reghoek uit gekleurde karton laat sny. Gee bewerige ogies om bo-aan te plak en sny self die diep keep om soos ‘n skuifspeld oor die blaaie te gly. As julle lus het, kan die outjies self die karton met patroon-, plak- of verfspatwerk versier voor die knippery. Jy kan hierdie konsep ook op roomysstokkies probeer.
Ouer kinders kan ‘n handgeskrewe sin op ‘n eenkleurige vel papier skryf en saam met ‘n foto van hulself op ‘n boekmerk rangskik. As jy klein individuele foto’s van die kinders het (soos vir die skoolprofiele benodig word) kan jy dit op ‘n roomkleurige papier afrol. Gebruik ‘n karteltandskêr om ‘n raampie om elke foto te sny, plak op ‘n kartonvel soortgelyk aan die binnewand van geskenkpapier, versier met ‘n sinnetjie en rond af met ‘n stukkie tou of ‘n leerriempie.
Engels boekmerkies: ‘n stel.
‘n Boekmerk met ‘n fynmotoriese kinkel: Vou ‘n pypskoonmaker spiraal en gom aan ‘n breë lint sodat die pypskoonmaker by die boek sal uit hang.
Druk netjies kraaghempies in kleur of met swart ink op gekleurde karton (wat van scrap book papier?!). Sny die eenvoudige buitelyne uit, vou en plak magnete aan die binnekante van die hempspanele. So klou die hemp die boek vas. As Pa die boek klaar gelees het, kan hy die die boekmerk teen ‘n spieël of metaalkas stoor.
Desember 27, 2009
afrikaans, kind, kinders, klaskamer, lees, skool boekmerk, lees 2 Kommentaar
‘n Mens is mos altyd op soek na oulike idees – om te maak of om te laat maak. Hoekom dan nie boekmerkies nie?! Dis mos iets om aan die begin van die jaar te maak – om die jaar met ‘n lekker lees gees te begin.
Woorde