- A5 report envelopes _ rapport koeverte
- Rapportkoeverte
- Boekmerkies Bookmarks (Toekennings/Belonings)
- Boekmerkies
- Boekmerk bookmark
- Gedrag toekennings
- A5-koeverte (lente)
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Junie 6, 2016
afrikaans award, boekmerk, bookmark, koevert, rapport, toekenning Lewer kommentaar
Maart 21, 2014
afrikaans koevert Lewer kommentaar
Hiermee verskillende koeverte vir boodskappe of rapporte. Druk dit op koeverte, wit papier of kardoes sakkies van die toepaslike grootte. Toets eers voordat jy dit in groot maat druk.
November 22, 2009
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, klaskamer, school, skool einde, graduation, koevert, rapport, rapportkommentaar, skool, slaag 9 Kommentaar
Dis die einde van die jaar en ‘n mens wil die laaste rapport ekstra spesiaal maak. Indien jy baie tyd op hande het, kan jy self ‘n oulike koevert vir elke kind maak…indien jy ‘n onderwyseres is…kan die kinders dit maak 🙂
Jessica Jones het oulike idees oor koeverte. Ek gaan nog so ‘n paar idees noem…Gebruik A5 bruin of wit koeverte vir die volgende:
Teken die buitelyn van ‘n prent af op ‘n ou x-straalplaat – met ‘n permanente koki. Gebruik byvoorbeeld ‘n kenteken van jou klaskamer (‘n ster, dier of selfs die Graad – bv. 2, 1 of 3) of kersfeesprente (kersboom…) en sny dit uit. Indien jy ‘n lamineermasjien naby het, kan jy eenvoudige die prent lamineer en versigtig uitsny vir gebruik. Plaas dit bo op die koevert en plak liggies met wondergom vas . Nou kan jy kies wat jy met die sjabloon wil maak…
Neem ‘n foto van elke kind en druk dit op die koevert tesame met sy / haar naam. (Gebruik ‘n tema – bv. dra ‘n kersmus, poseer by die skoolwapen…)
Koop spesiale papier, druk die koevertraam daarop en sny uit.
Sny geskenkpapier (gewone, bruin of kerstema) in A4-velle. Druk die koevertraam daarop – met die kind se naam in die middel. Daarna kan jy die koevert self uitknip of vir die betrokke kind vra om dit te doen. Seël dit met ‘n bypassende satyn of organza lint. Jy kan die lint strik of met ‘n wasseël afrond.
Indien jy die buitekant van die koevert professioneel wil hou, kan jy die woord “Vertroulik” en die ouerpaar se name daarop druk. Versier die binnekant van die koevert met ‘n verrassingsmotief. Sny die randjie ietwat kleiner as die buiterand van die koevert se flap en plak die koevert toe met ‘n gepaste plakker – eerder as om dit toe te lek.
November 17, 2009
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kind, kinders, klaskamer christmas, elf, geskenk, geskenksakkie, idees, inkleur, inkleurprente, kaartjie, kabouter, kersboomversiering, kersfees, kinders, koevert, kunsvlyt, maak, skool, sneeuvlokkies, take, vakansie, versiering, werkvelle, xmas Lewer kommentaar
Iemand (dankie T!) het vandag vir my gevra oor idees vir ‘n Kersfees-tema. Ek plaas solank ‘n paar idees hier en sal uitbrei so tussen die punte en rapporte deur 😉
Lekker snuffel!
Loer ook hier vir skakels na Bybelverhale.
Woorde