Loer gerus by My Klaskamer se winkelrak in om deur meer as 200+ produkte onder R60 te loer. Koekeloer, kies, laai in die trollie, koop en druk uit. Toets gerus eers met ‘n gratis item of twee 🙂
16 Dae
November 25, 2021
afrikaans 16 dae, geweld, veilig Lewer kommentaar
Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) strek vanaf die 25ste November tot die 10de Desember. Hersien gerus noodnommers en veiligheidsmaatreëls. Weet die outjies wat geweld is en wat om te doen as hulle geweld sien of ervaar? Met wie kan hulle gesels? Bespreek gerus die konsepte tydens die volgende 16 dae.
Goedgesindheidsdag
November 13, 2021
2021 goedgesindheid, Random Acts of Kindness Lewer kommentaar
Tydens die grendeltydperk(e) het verskillende idees wêreldwyd begin om ander te laat glimlag. Nie net hou hierdie idees die kleingoed besig nie, maar kan die idees ook ‘n ligpunt vir ander wees. Hou die projekte eenvoudig en haalbaar.
- Bou en verf ‘n houtkis as ‘n Honde Biblioteek – waar honde eienaars balle en stokke kan leen wanneer hulle in ‘n park of teen die see langs wil stap.
- Bou ‘n waterdigte kassie om as ‘n Gratis Bibliotekie te dien. Vul met vyf tot 10 boeke en moedig ander aan om boeke te ruil – Neem ‘n Boek, Skenk ‘n Boek.
- Skep ‘n Steggiebiblioteek – met steggies, nuwe plantjies of sade. Laat weet die bure dat hulle steggies kan kom haal of hul eie steggies daar kan deel.
- Verf ‘n ruit met oulike karakters, boodskappe of iets wat by die seisoen pas. Gebruik ‘n helder tipe verf wat maklik kan af was – soos akrielverf.
- Gebruik bordkryt om ‘n sensoriese wandelpad op die sypaadjie te teken of skep kunswerke op die inrit na jou skool of huis.
Kinderdag
November 12, 2021
2021 kind, Kinderdag, kinderregte, kinders Lewer kommentaar
Wêreld Kinderdag word op die 20ste November gevier en is ook die dag waarop die Handves van Kinderregte aanvanklik erken is. Gebruik dalk die komende paar dae om Kinderregte te hersien of om die regte tydens skryf- en skrifwerk te betrek.
Ondersteuning of Intervensie Idees
November 11, 2021
2021, afrikaans, Inklusiewe Onderwys intervensie, intervention, ondersteuning Lewer kommentaar
Ek het onlangs die volgende idees met Teacha! and Onnies Online gedeel. Loer gerus 🙂
Boelieteenkampingsweek
November 9, 2021
afrikaans boelie, bullebak, bullebakkery, kuberboelie Lewer kommentaar
Die teenkampingsweek vir bullebakkery of boeliegedrag word elders gevier, maar ‘n mens kan van die geleentheid gebruik maak ook hier aandag daaraan te skenk. Bespreek gerus wat dit beteken, hoe dit lyk en wat ‘n mens kan doen om die gedrag teen te veg. Gesels oor boelies wat ‘n mens kan sien – asook boelies wat van sosiale media gebruik maak.
Wat is die reëls of verwagtinge in jul skool en wat kan kinders doen om hulp te bekom?
Woorde