Wêreld Kinderdag word op die 20ste November gevier en is ook die dag waarop die Handves van Kinderregte aanvanklik erken is. Gebruik dalk die komende paar dae om Kinderregte te hersien of om die regte tydens skryf- en skrifwerk te betrek.
Kinderbeskermingsweek
Mei 28, 2021
2021 beskerm, kinderbeskermingsweek, kinderregte, regte, veilig Lewer kommentaar
Die Kinderbeskermingsweek begin op die 30ste Mei. Loer gerus na dokumente soos die Kinderwet (Engels) of na vorige skrywes oor kinderregte, veiligheid en beskerming.
Kinderregte pdf
Kinder Beskermingsweek
Mei 24, 2010
afrikaans, kind, kinders, probleem, skool acvv, kinderregte, kindersorg, maatskaplik, mishandeling Lewer kommentaar
Daar is min dinge wat my so grief soos ‘n verwaarloosde kind…en daar vergeet ek toe byna dat dit Kinder Beskermingsweek is. Ek heg ‘n paar skakels na webtuistes aan waar u kan inligting kry oor kinderregte en –veiligheid.
Dis ‘n onderwerp waaroor ‘n mens moeilik praat, want ons wil veiligheid en versorging van kinders as vanselfsprekend aanvaar. Ongelukkig is daar kinders in elke klas wat dalk wees gelaat is, mishandel word, honger ly…noem maar op. Die maatskaplike probleme en uitvalle vorm ‘n belangrike kwelpunt in die versorging van kinders. Daarom is dit een van die eerste dinge waarna ons as opvoeders moet kyk…Sukkel die kind dalk akademies of op sosiale vlak weens huislike probleme? Gebeur daar dinge tuis (of elders) wat die kind se psige kan afbreek? Is daar iemand in die skool wat sal kan help indien ‘n kind mishandeling of verwaarlosing aanmeld? Waar meld ek die kwessies en probleme aan?
In ons skool praat ons weekliks in graad-verband – die sogenoemde leerderbesprekings. Probleme word dan skriftelik in ‘n boek genoteer en aan die Opvoeder Ondersteuningspan (OOS / EST / ILST / Hulpspan) gerapporteer. Indien daar aspekte soos maatskaplike probleme genoem word, word dit met die hoof van die Hulpspan (in ons geval die skoolhoof) bespreek en ‘n plan van aksie word bedink. Ongereelde skoolbywoning tel ook onder hierdie afdeling. Die situasie word gemonitor en die opvoeder gaan voort om kontak met die ouers te probeer maak om die saak aan te roer. Teen die einde van die kwartaal sit die Hulpspan met elke opvoeder en word elke leerder op die klaslys bespreek (± ‘n periode per klas / opvoeder). Ons probeer dan om saam aan oplossings te dink. Bv. ‘n geleentheid skool toe saam met ‘n buurman of die beskikbaar stelling van ‘n klas vir die voltooiing van huiswerk…Dit maak nie saak hoe eenvoudig of hoe ingewikkeld die probleem is nie – dit word aangeraak. Indien ons nie seker is of die probleem by maatskaplike dienste aangemeld moet / kan word nie, skakel ons die maatskaplike werkers om uit te vind. Weet eerder waar die grense lê as om die kind verwese te laat. Hou altyd die nommers van die plaaslike ACVV of Kindersorg sigbaar in die klas en verduidelik aan kinders dat hulle die reg het om oor hul probleme te praat.
Loer gerus hier indien jy graag betrokke sou wou raak by kindersorg organisasies in jou omgewing…
ACVV
PATCH
Child welfare
Lifeline national counselling line: 0861 322 322
Childline toll free counselling number: 0800 055 555
National AIDS Helpline: 0800 012 322
Laat weet ons asseblief indien jy van ander organisasie weet…
DAAR IS GERUGTE WAT DIE RONDTE DOEN DAT MENSE TANS VERSKEIE SKOOLGRONDE DOP HOU…
Woorde