Ek het gemerk dat daar na idees oor tyd en horlosies gesoek word. Hier is so ‘n paar webwerwe met oulike idees. Onthou dat sommige werwe ‘n proeseltjie gee en dan vra dat jy aansluit of betaal vir meer inligting. Gebruik egter die proesel as inspirasie en maak jou eie werkvelle.
Analoog is die ouer weergawe en het twee “arms” – ‘n korte en ‘n lange. Die arms beweeg altyd regs om en die horlosie is in 12 ure verdeel.
Digitaal is die meer moderne weergawe en flits of wys die tyd met syfers. Digitale tyd wys die ure aan die linkerkant – met die minute aan die regterkant van die kolletjies. Die linkerkant is dus soos die kort “arm” en die regterkant soos die “lang” arm op ‘n analoog horlosie. Sommige digitale horlosies is in twaalf ure verdeel (herhaal dus twee maal gedurende ‘n dag) en ander in 24 ure.
NB: As jy begin fokus op tyd, verseker dat daar ‘n muurhorlosie in die klas is. Só kan ‘n mens kort-kort na die tyd verwys, blitsig take volgens tyd afbaken (witbord veselpen/koki op die plastiek), tel in veelvoude van 3 en 5, breuke…noem paar op…
- As ‘n mens tyd bespreek, kan die tydsverloop deur middel van prente voor gestel word. Hang dit kronologies aan ‘n draad of plak dit teen ‘n skoon muur.
- Plak die digitale en analooghorlosies by die prente – om die outjies aan tydsverloop gewoond te maak.
- Kleur die agtergrond van die klashorlosie in om “voor” en “oor” voor te stel. Jy kan so ‘n voorstelling op ‘n ekstra groot horlosie maak.
- Speel ‘n stil speletjie – waar die outjie die digitale en analoogtye bymekaar pas.
- Speel ‘n speletjie met twee of meer persone.
- Kyk na hierdie tipe vrae oor tyd en pas jou eie aan.
- Pas die analoog- en digitale ure by mekaar deur middel van ‘n legkaartspeletjie.
- tyd-hoe-laat-is-dit drukbaar
Loer ook na: inter-aktief, the teacher corner, time for time, teaching time, education, home school (tik tye in en “submit”), Rimpelstories se leesboek (“Hoe laat is dit?”) , teachnology, dae take, dag-en-tydwoorde, dag-en-tydwoorde
‘n Video oor tyd – speel deur die TinyTap toep op ‘n slimfoon of tablet.
Woorde