E het gevra hoe ‘n mens die plus-, minus- en gelyk aan-tekens kon bekendstel.

Ek sou dit koppel aan kort storietjies. Gebruik iets soos lekkergoed. Bv. Jannie en Pierre wil lekkers eet. Hulle eet Smarties en besluit om dit bymekaar op die bord te pak. Wanneer ons hoeveelhede of syfers bymekaar sit, gebruik ons ‘n +-teken (sit ‘n groot voorbeeld neer). Jannie haal 3 uit en Pierre haal 2 uit die pakkie. Daar was 3 en toe word dit 2 meer. Hoeveel lekkers het hulle bymekaar? Hoeveel is dit altesaam?” Gebruik baie woordeskat en terme wat die begrip kan oorbring.

Met aftrekking, kan die outjies in die storie iets eet of voëltjies kan byvoorbeeld weg vlieg. As jy 2 strepies of stokkies van dieselfde lengte vir die + gebruik het, kan die vertikale strepie dan “weg vlieg”.  Gebruik stokkies of kort strooitjies van dieselfde lengte – vir iets meer tasbaar.

As jy later = gebruik, kan die outjies sien dat die stokkies ewe lank of gelyk is. Gebruik dalk ook ‘n skaal om te wys dat wat jy aan die linkerkant van die = het, dieselfde as die hoeveelheid aan die regterkant moet wees.  Watter metodes gebruik jy?

Bewerkingstekens