Baie kinders met ‘n lae spiertonus kompenseer baie goed daarvoor en steek dit goed weg.
*Kenmerke:
·Eet slordig
·Loop op tone
·Laat mylpale – sit, kruip of loop later as ouderdomsgroep
·Die kind kom ooglopend lomp voor en sukkel met aksies soos sit, kruip, loop en hardloop.As baba skuif hierdie outjies eerder op die sitvlak rond.
·Probleme met nekbeheer.
·Kan nie maklik sywaarts of vorentoe rol nie.
·Indraai-tone, knik-knieë, stamp tone gereeld, val oor eie voete, loop op binnerande van voete.
·Tekeninge, letters en syfers word nie voldoende gevorm nie.
·Soms woelig en reaksies is relatief stadig by kinders wat oorkompenseer vir “slapper” spiere.
·Beweeg eerder aanhoudend as om spiere in te span.Die kind konsentreer dus om aanhoudend te beweeg en dit kan sy werkstempo benadeel.As die outjie ophou beweeg, is die spiere geneig om te verslap en sak hy inmekaar.Sy rug vertoon skeef en die ruggraat toon ‘n sywaartse kromming.Die inspanning om regop te bly, verg baie energie en dié outjies raak gou moeg en gefrustreerd.
·Sit kierts regop of heeltemal slap.
·Bang vir vreemde en onbekende aktiwiteite (bv. fietsry).
·Hiperaktiwiteit, konsentrasieprobleme, swak geheue en ‘n stadige werkstempo is kenmerke.Hulle word ook dikwels verkeerdelik as hiperaktief of kriewelrig bestempel.
·Hansford noem dat kinders met ‘n lae spiertonus ook dikwels gespanne is in die skool, speletjies en tydens sportdeelname.
Oefeninge:
- Sit op voorste punt van ‘n kussing of lae bankie vir ‘n beter ewewig.
- Staan op knieë by ‘n lae tafel wanneer speel of inkleur.Dit help met balans en die arms en hande is vry om te beweeg (inkleur, blokkies bou, pop speel).
- Wanneer die outjie lees, moet die gesig parallel met die boek wees en die neus is ongeveer in die middel van die bladsy.Die kop en boek is ± 20 – 30 cm uitmekaar.
- Sit-sit-so:heupe, knieë en enkels is almal in hoeke van 90° geknak en die voete is gemaklik op die vloer.Die lyfie lyk dus soos blokkies of trappies.
- Hierdie outjie moet kort-kort ‘n afleiding hê (soos kleispel) om te ontspan.
- Balanseer ‘n opgerolde sokkie (paar) op die kop en probeer daarmee loop.
- Neem ‘n tennisbal (of opgefrommelde stuk koerant), tel dit met die knieë op en spring soos ‘n kangaroo.Spring stadig, lang spronge of sywaarts.
- Loop op stelte.Gebruik klein, leë koffieblikke en ‘n ou tou.
- Skop ‘n bal na ‘n teiken (in ‘n ou doos in) na aanleiding van opdragte (soos Simon Says).
- Trek ‘n tou en die kind moet dit probeer raak trap.Eers met een voet en dan die ander.
- Balanseer ‘n boontjiesakkie of ‘n sakkie vol sand bo-oor die enkel en kyk hoe hoog die been/voet gelig kan word.
- Pak hoepels, buitebande of springtoue (in ringe) in ‘n kring, vierkant, ry, perdeskoen, ens. Spring dan met beide voete in aangeduide rigtings of volgens opdrag (blou hoepel, groen hoepel of nommer 1, nommer 3, nommer 2…)
- Wipplankry
* Hierdie inligting is slegs idees. Die raad van en evaluasie deur ‘n Arbeidsterapeut is steeds nommer een as dit by spiertonus kom.
Feb 04, 2009 @ 19:10:03
My kind wou nie kruip nie… baie lui gewees en toe al vermoed hy’t lae spiertonus..tipies die manlike geslag 🙂 Kruip is natuurlik uiters belangrik vir daardie afstand wat ‘n kind moet handhaaf tussen sy boek – as hy skryf- en sy oe/gesig…(lees asseblief die deelteken in), sommige sal wil le en skryf in plaas van regop sit.
LikeLike
Feb 04, 2009 @ 21:12:48
(ons sien die deelteken) 😆
LikeLike
Feb 05, 2009 @ 21:52:00
Feb 11, 2009 @ 16:24:56
Dagse
My seun is nou in graad 1. Hy wil ook nie regop sit as hy huiswerk doen nie. Hy kan ook nie stil sit op n bank as jy met hom werk nie. As ek hom kry le hy plat op sy rug of doen its anders. Hy is visies a sterk seun en baie gespeerd.
Hy sukkel om goed to onthou as ek met hom snags werk. BV. Ek sal vir hom wys hoe lyk die letter “r” en miskien die letter “e”. As ek hom vra 2 min later sal hy dit nie onthou nie.
Wat moet ek doen.
LikeLike
Feb 11, 2009 @ 19:38:56
Gits, Charles…dalk is hy soos die mannetjie op die advertensie wat ‘n ruimtevaarder wou word :wink.
“Sitspiere” kan ‘n mens soms ‘n rat voor die oë draai. Dit lyk dikwels of die outjie miere het en asof hy stout is deur te veel te vroetel.’n Mens moet dus begin om al die moontlike uitvalle uit te skakel van ‘n kant af. Voordat ek enigsins aan Aandagafleibaarheid dink, sal ek eerder vir die juffrou vra om vir boetman dop te hou op ‘n daaglikse basis. Vra haar om elke dag in die boodskapboekie te skryf of hy woelig was en of hy geluister het ensovoorts. Indien sy nie ‘n Connors-vormpie het nie, kan julle self ‘n verkorte enetjie maak en verskaf (loer hier vir aspekte: https://juffer.wordpress.com/2008/10/24/aandagafleibaarheid/#comment-149). Reël intussen julle dag so dat grootman ‘n spesifieke roetine en struktuur het. Huiswerk moenie te laat in die aand gedoen word nie en veral klankewerk moet sommer al die sintuie kan betrek. Vee ‘n nat vinger op ‘n bordjie (in die vorm van ‘n “r”) en sprinkel dit met strooisuiker (drup self ‘n druppeltjie rooi voedselkleursel daarop). Na ete oefen julle weer die “r” deurdat boeta die “r” kan voel en dan kan aflek – r vir rooi. (Lekker morsig 😉 )
Kyk ook hier:
https://juffer.wordpress.com/?s=klanke
Praat gereeld met juffrou en vra haar ook om leiding. Dalk het sy ook iets ouliks om te deel. Indien die sitposisie nie na al die oefening tuis en sport soos swem wil verbeter nie, sal ‘n besoek aan ‘n arbeidsterapeut van waarde wees.
Intussen kan julle so ‘n klein rukkie besig wees met die “formele” huiswerk en dan saam boek lees. Lê sommer so lekker op die bed en kyk saam in die boek. Volg met jou vinger onder die woorde (al kan boetman nie die woorde verstaan nie sal hy besef daar is “magic” in die lettertjies) en vra hom om te sê as ‘n bv. ‘n “r” sien of hoor. Dit help ook met die luistervaardighede. Hy kan die klankie in ou tydskrifartikels omkring (visuele geheue).
Die belangrikste is om daagliks dieselfde roetine te volg en om die oefenry konstant te hou. Sny die suikers ‘n bietjie en hersien die aandagspan oor so ‘n week of twee. Maak seker dat die oortjies kan hoor (draai boeta dalk die koppie om te luister? of vra hy gereeld “huh?”).
– laat toets die oortjies (oudioloog)
– laat evalueer deur ‘n arbeidsterapeut indien die sitpostuur nie verbeter nie (hulle gee BAIE leiding en is goudwerd)
– besoek ‘n pediater indien al die ander aspekte uitgeskakel is en indien juffrou saamstem dat boetman dalk ‘n bietjie te veel op ander impulse fokus (neem dan al die boodskappies en monitorblaaie saam).
NB…hoe meer julle met juffrou en ander kundiges praat, hoe vinniger kan ‘n mens die aspekte aanspreek
LikeLike
Jun 21, 2010 @ 10:53:33
My kind word 10 die jaar, en hy het een of ander spier probleem dink ek. Volgens sy pa is dit n aanwensel. Hy sal sit en tv kyk dan trek hy so af en toe sy gesig en deesdae sy nek ook. Dis asof daar n spier in sy gesig en nek saam trek. Dit het begin deer net die oe so af en toe styf toe te knyp toe begin hy sy kop ruk nou begin sy hele gesig en mond stuif trek en nou sy nek beweeg ook saam. kan dit n aanwensel wees of kan dit dalk n probleem wees.
Dankie
LikeLike
Jun 22, 2010 @ 19:07:31
Hello, Chantel…Gits, jong. Ek is nie ‘n dokter nie en is nie seker wie hierdie tipe dinge sou kon diagnoseer nie. Dalk ‘n neuroloog? Sommige mense het interessante gewoontetjies en “aksies”. Indien dit regtig problematies is (en vererger) kan ‘n mens ‘n dokter spreek…maar indien dit nie tydens skoolwerk en sport probleme veroorsaak nie, sal ek nie te bekommerd wees nie. 😉
LikeLike
Mar 24, 2011 @ 10:48:36
Goeiedag!
My seuntjie is nou in graad 1. Hy het effense lae spiertonus. Hy kry ook arbeidsterapie op hierdie stadium. Wat my bekommerd maak is dat hy vreeslik sukkel om tou te spring, een been spring, huppel ens. Hy kry dit reg maar dit is nie egalig nie, baie rukkerig en glad nie ritmies nie. Is dit as gevolg van die spiertonus of is daar dalk iets anders fout? Dit is ook ‘n groot gesukkel om nuwe bewegings aan te leer. Hy kry dit na baie herhalings reg. Moet ons maar aanhou oefen en die tuisprogram van die arbeidsterapeut doen. Sal dit regkom? En hoe belangrik is dit? Hy sukkel ook vreeslik om te onthou – hy is baie dromerig. Hoe kan ek hom help?
LikeLike
Mar 24, 2011 @ 18:47:05
Middag, Marina 😉 Gereelde oefeninge en arbeidsterapie help sulke outjies gewoonlik. Hulp is ‘n groot aanwins en versterk die maagspiere sodat die lyfie langer kan sit en werk. Baie kinders sukkel om stil te sit omdat hulle die lyfie die heeltyd moet aanpas en skuifel om die “slapheid” te hanteer.
Ongelukkig is ek nie ‘n kenner op die gebied nie, maar ek is seker dat jy hier kan loer vir nog idees. Praat met die arbeidsterapeut oor ekstra oefening soos perdry en swem. Perdry is blykbaar baie terapeuties en verg baie goeie spierbeheer en balans.
Gebruik soveel sintuie as moontlik om woorde en dinge aan te leer. Skryf dit op die ruggie of met die vinger op die mat (tas / voel), kyk, lees dit hardop, sê dit in ‘n fluisterstem, vorm dit met klei en voel daaroor, skryf met verskillende kryte, potlode, veselpenne of sommer bordkryt. Kyk na die outjie se roetine…gaan slaap hy vroeg genoeg? Eet hy dalk iets wat hom affekteer? Hoe ervaar die juffrou hom in die klas en is dit problematies? Probeer ook vitamien-aanvullings vir ‘n week of twee om te kyk of dit vir hom sal help. Dalk kan jou apteker iets vir ‘n klein dromer aanbeveel. 😉 Baie sterkte 😉
LikeLike
Feb 08, 2012 @ 10:15:28
Goeiedag, my dogtertjie is 13 maande, ons het haar by die pediater gehad en ons het agtergekom haar spiertoon is 3011, waar die normale mens 480 sin moet wees, hy gaan ons na `n neuroloog verwys, watse oefeninge kan ons vir haar doen om haar te help. Sy staan maar met hulp van ons maar nie vir lang tye nie. Sy kruip ook nie maar strek haarself voorentoe en sy draai haarself om maar kan haarself nie kry om hande vier voet te staan nie, is daar dalk enie raad asb.
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 16:49:25
Middag, Tammy 😉 Ek sou beslis navrae oor arbeidsterapie gedoen het of sommer ‘n oulike arbeidsterapeut wou opspoor. Hulle weet watter oefeninge sal help vir die spesifieke lyfie se behoeftes en sal julle as ouers kan touwys maak. Probeer gerus ook die oefening hier bo. 😉
LikeLike
Mar 04, 2014 @ 09:56:33
Goeie middag. Eks opsoek na oefeninge vir my dogter wat 14mnde is wat nie kan kruip. Volgens dokter is haar “core” nie baie sterk. Wat kan ek doen? Wag nog 4weke om te hoor of sy witstof siekte het
LikeLike
Mar 04, 2014 @ 19:37:59
Gits, Anel 😉 Hierdie idees is meer vir Graad R – 3 kinders. Het die dokter ‘n arbeids- of fisioterapeut aanbeveel? Hoor gerus by hom/haar 😉
LikeLike
Okt 15, 2015 @ 14:00:29
Ek weet my kind het lae spier tonus en moes hom uit die skool haal, hy word nou ge”home-school” en doen baie beter. Hy is 14 en het OT vir amper 10 jaar gedoen!
LikeLike
Feb 22, 2018 @ 12:53:02
Het spiertonus te doen met hand-oog kordinasie
LikeLike
Feb 22, 2018 @ 15:47:45
Middag, Leandra 😉 Dit kan dalk die oog-hand koördinasie in terme van spierbeheer beïnvloed.
LikeLike
Sep 04, 2019 @ 10:12:38
Kan ‘n kind met erge lae spiertonus foutiewelik in die spektrum van outisme (Asperger) geplaas word.
LikeLike
Sep 05, 2019 @ 03:28:46
Hallo, Magda 🙂
Kundiges sal gewoonlik heelwat navrae rig, waarneming doen en die outjie se ontwikkelings geskiedenis navors voordat hulle die finale diagnose maak. Outisme lyk telkens verskillend by elke individuele kind.
Hoe oud was die outjie ten tye van die diagnose? Het hy/sy ‘n arbeidsterapeut gesien vir moontlike ondersteuning? Is hy/sy dalk tasdefensief (grillerig vir sekere tipe lap/klere of skoene…ook dalk vir sekere geluide of groepe mense)?
Aspergersindroom is ‘n moeilike een om te diagnoseer – met verwarrende simptome/gedragspatrone (kan soos sensoriese sensitiwiteit, aandagafleibaarheid, skaamheid, ens. lyk).
Laat weet gerus wat die verslae genoem het 🙂
LikeLike
Sep 05, 2019 @ 08:19:36
Francois is einde 2017 op die ouderdom 7 gediagnoseer, Julie het dr. Griesel by Universitas hospital Bfn. gesê hy is Asperger. Hy kan met tye nie harde musiek hanteer nie, maar geen problem met kos ens nie, net wol truie dra hy nie. Hy is baie ekstrovert en glad nie skaam nie, kyk niks mis nie, herhaal grad 1 maar dit gaan baie beter die jaar. Hy was verlede jaar op Metielfenidaat en rilatin 30mg, ons het die 1 tantrum na die ander beleef November is die Ritalin gestop op aanbeveling van my huisdokter, hy drink nou net respacor in die aand , en ek het ‘n ongelooflike gelukkige seuntjie, tot aan die skool konsert deelgeneem. Hy is bietjie agter op spraak, maar praat al hoe duideliker na spraakterapie. Hy het geringe skoliose in die boonste deel van sy rug en sy rug trek erg regop a.g.v. spasma, ek van hom na 2 fisioterapeute, die 1 is baie positief die ander 1 sê fisio gaan nie eintlik help nie. Hy het ook so 3 maande gelede binne sole vir sy skoene gekry. (Sy ma en pa is geskei, ek is sy ouma, hy het ‘n ongelooflike band met my.)
LikeLike
Sep 07, 2019 @ 17:30:30
Hallo, Magda 😉
Ek sou voorstel dat ‘n mens gereeld met sy opvoeders gesels oor sy vordering en oor die dingetjies wat hom uniek maak. ‘n Mens sal hom proaktief wil help as hy byvoorbeeld met roetine of maats (sosiale interaksies) worstel. Loer gerus na al die skrywes en onderskeie skakels in elkeen hier. Elke kind met ‘n Outisme/Aspergersindroom diagnose is uniek en word anders benader, maar dit help om inligting in te win en dan planne te beraam. Roetine (soos ‘n rooster vir sport, spesifieke stappe om gereed te maak vir skool, huiswerk, ens.] is altyd waardevol. Ek gee vir my outjies stappe op ‘n klein notatjie of voeg soms prente by in ‘n kaartjie-formaat. Die kaartjies kan geskuif word soos dinge verander.
Ongelukkig kan ek nie mediese advies gee nie, maar sou voorstel dat ‘n mens jaarliks met die pediater gesels om te verseker dat die medikasie se dosis steeds gepas is vir die groeiende liggaam.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Aug 27, 2020 @ 12:41:55
Goeie middag,
Ek weet nie of Juffrou sal kan help nie. Ek is nuut op die groep. Ek het dogter 3 jaar oud sy het in die begin van die jaar Januarie 2020 +/- begin hakkel. Sy sal begin hakkel en nou en dan vir ‘n week sal sy nie hakkel nie . Ons het in die famielie in sluitend ek wat leer probleem nog al die jare het met spel dyslexia het. My oudste dogter van 10jaar oud is het ook dyslexia. My dogter van 3 is meestal Eng want haar skooltjie wat sy in was , is 2 taalig maar die juffrou was Eng. Ons het die 1ste / 2 jaar net Afrikaans met ons dogter van 3 jaar oud gepraat. Sy het eers op 2 en half jaar oud na skooltjie toe gegaan. Wat kan ons doen om ons klein dogtertjie tekan help. Sy leer baie vinnig is lief vir lees en woordtjies doen. Ons probeer baie lees en sy probeer al klaar spel en lees wat ek dink baie goed is vir 3 jariger . Op die ooblik met die cov19 het ons ‘n Juffrou gekry om vir die 3 jariger te home skool.
Ek hoop my vraag maak sin .
Baie dankie
Groete
Mariette
LikeLike
Aug 27, 2020 @ 16:06:18
Middag, Mariette 😉
‘n Gesoute spraak- en taalterapeut sal vir jou kan sê of daar rede tot kommer is. Loer gerus na hierdie artikel en idees om tuis te probeer. Gesels baie, lees stories, leer rympies aan en sing allerhande liedjies om die taalvaardighede en woordeskat aan te vul. Julle dogtertjie is nog jonk en daar is heelwat ruimte vir ontwikkeling.
Praat gerus ook met die juffrou en indien die hakkel meer gereeld voorkom, kan ‘n mens ‘n kundige kontak om te hoor of terapie nou al nodig is. Ek hoop dit kan help.
LikeLike