Tuis

Outisme

Lewer kommentaar


ASD

‘n Bewustheidsdag vir Outisme word op die 2de April gevier.  Die statistieke verskil hier en daar, maar inligting dui daarop dat minstens 1 uit 68 kinders daardeur geraak word.  Die kenmerke verskil…

  • van verbale (wat kan praat) tot nie-verbale (spraak ontbreek of is uiters beperk) outjies;
  • van outjies wat vroeg reeds begin praat het tot outjies wat hul spraakvaardighede eers op ‘n latere ouderdom begin ontwikkel het;
  • van ‘n worsteling met persoonlike voornaamwoorde (ek, my…teenoor die naam gebruik) tot kinders wat met gemaak korrek na hulself kan verwys in gesproke taal;
  • van oogkontak tot geen oogkontak;
  • van outjies wat nie van persoonlike aanraking hou nie tot outjies wat “diep drukke” soos drukkies benodig;
  • van trommel- en wapperbewegings met die vingers of arms tot die afwesigheid daarvan;
  • van sensoriese sensitiwiteit (oormatig sensitief vir bv. skril, harde geluide, spesifieke reuke, growwe materiaal, rekke, sekere ligte, temperatuurs uiterstes) tot ‘n onbewustheid daarvan;
  • van ‘n oormatige bekoring met beweging (kan byvoorbeeld lank na die waaier staar, werk graag met masjinerie soos ‘n stofsuier of ‘n handdroeër, luister na dreunings, draai of tuimel graag in die rondte, swaai) tot geen belangstelling daarin;
  • van outjies wat ‘n vrees het vir hoogtes tot outjies wat geen vrese het nie en wat bo-op die boonste punt van ‘n klimraam sal staan;
  • van goeie grof en fynmotoriese vaardighede tot ‘n fisieke lompheid of skrif uitvalle…

‘n Gesegde lui dat as jy een mens met outisme ken, ken jy een mens met outisme.  Elke geval is uniek en kan nie oor ‘n soortgelyke kam geskeer word nie.  ‘n Beter begrip of ‘n bewustheid, kan egter help om die insluiting en ondersteuning van kinders op die Outisme Spektrum gladder te laat verloop.

Loer gerus na hierdie webblaaie vir meer inligting, raad en idees.

  1. Verskeie gratis webinars (aanlyn praatjies/inligtingsessies)
  2. Outisme Suid-Afrika
  3. Dr. Griessel
  4. Praktiese Riglyne
  5. Artikel
  6. Introduction to Autism, the core areas of impairment and a way forward (Autism South Africa, ASA)
  7. Asperger
  8. Smooth Transitions
  9. Curriculum for Autism_sensory strategies
  10. Autism Awareness MiniReader Lesson Companion
  11. The Extreme Symptoms of Autism Spectrum Disorder

Screen Shot 2015-07-10 at 9.35.02  Screen Shot 2015-07-10 at 9.32.36  Screen Shot 2017-03-25 at 5.15.56 PM

Google Ekstras vir die klaskamer

Lewer kommentaar


Tegnologie (en aanlyn hulpmiddels) maak aanpassings en toeganklikheid vir outjies met lees en spel uitvalle ietwat beter.  Google Chrome se aanvullings bied spraak-na-tik, vertalingsfunksies, en dies meer.

Die Chrome Web Store verskaf verskaf verskeie gratis opsies soos Instant Translate wat ‘n webblad kan vertaal (en selfs lees).  ‘n Elektroniese stem lees die stukkie as jy op die luidspreker klik.  Die vertalings is nie altyd 100% korrek nie, maar gaan beslis die boodskap oordra.  Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Sesotho en Shona is beskikbaar.

Indien jy slegs die voorleesfunksie gebruik, haal dit die spanning uit al die moeilike woorde.  Vir meer lees-en-luister werk, kan jy Speak It installeer.  Verlig of kies die gedeelte waarna jy wil luister en klik op die luidsprekertjie.

As die outjies Google Docs gebruik, kan jy nou by die aanvullings ‘n stemherkenningsfunksie aanskakel en praat sodat die rekenaar die dokument tik.  Daar is opsies vir Afrikaans beskikbaar en wanneer jy jou boodskap op geneem het, sal die woorde in die dokument verskyn.  Klik op Add-ons, dan Speech Recognition (om die Suid-Afrikaanse aksent of opsie te kies) en Config om aanpassings vir die leestekens te maak.  ‘n Mens sal na afloop van die skryfwerk hier en daar ‘n aanpassing maak (bv. vraagtekens invoeg), maar die program maak die taak ietwat ligter.

Read&Write for Google Chrome sal Engelse webblaaie vir jou lees en Google Translate of Mate Translate sal ‘n verligte teks lees – Afrikaans ook.

Tik gerus gerus soekterme soos “toeps, apps, e-boek, inklusiewe, Google” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Earth Hour

Lewer kommentaar


Op 25 Maart, vier ons Earth Hour.  Jy hoef nie al die ligte noodwendig af te skakel nie, maar wend ‘n poging aan om die skerms (rekenaar, televisie, selfone, tablette) af te skakel.

Wiskunde Week

2 Kommentaar


Elders in die wêreld, het die Wêreld Wiskunde Week pas met Pi Dag begin.  Loer gerus dié week na toeps (Android, iPad, ‘n bietjie van beide) wat op verskeie aspekte fokus.

Webwerwe soos A+ ClickMath Seeds en IXL is wel Engelse webblaaie, maar die outjies behoort dit met ‘n klein bietjie hulp te kan baas raak.  Loer gerus ook na die volgende skakels vir meer wiskunde werk.

  1. syfers
  2. vorms
  3. bewerkingstekens
  4. getallyn
  5. halveer
  6. verdubbel
  7. voor en na
  8. meer en minder
  9. wiskunde huiswerk
  10. vlinder-, trein-, spinnekopsomme
  11. woordsomme
  12. tyd
  13. geld
  14. veelvoude
  15. maaltafels
  16. uitdeel
  17. deling
  18. breuke 1
  19. breuke 2
  20. verskeie
  21. meer drukbare bladsye

Biblioteekweek 2017

Lewer kommentaar


Biblioteekweek strek vanjaar van 18 tot 26 Maart.

Weet jy hoe om boeke in die biblioteek op te spoor?  Ken jy die Deweystelsel?  Wat is ‘n outeur, ‘n titel, illustreerder en ‘n uitgewer?

Hoe bêre ‘n mens ‘n boek en hoe haal jy dit uit die rak? Wikkel jy die boek uit of haak jy jou vinger bo by die rug in?  Gooi jy boeke op die vloer neer of tel jy dit van die vloer af op?

Boekopvoeding

Klik gerus op die skakels in die skrywe vir meer idees en inligting.

My Regte

Lewer kommentaar


Menseregtedag word op die 21ste Maart gevier.  Vind hiermee ‘n paar riglyne om in skole te gebruik.

regteskool

  1. My Regte
  2. My Regte en Verantwoordelikhede
  3. Menseregte
  4. Wat sê die Grondwet?
  5. Kinderregte A
  6. Kinderregte B

 

Waterweek

Lewer kommentaar


 

Dit is binnekort waterweek – wanneer ons mekaar aan die waarde van water en die belangrikheid van besparing herinner.  Loer gerus na vorige jare se idees en ook na hierdie skakels vir meer inligting om te betrek.

 

Downsindroom

2 Kommentaar


Down

Hou ‘n fondsinsamelingsdag deur onpaar of helderkleurige sokkies te dra ten bate van Downsindroom SA of ten bate van hulpmiddels vir leerders met Downsindroom in jou skool.

Ondersteuning

Lewer kommentaar


Van my leerders benodig alternatiewe hulpmiddels en idees om hul skooldag makliker te maak.  Sommige outjies is tasdefensief en hou nie van sekere teksture nie (bv. etikette in klere, growwe papier, klei), ander hou nie van sekere geluide nie (bv. skril skree geluid van ‘n foutiewe klankstelsel of interkom), ander sukkel om te fokus, party benodig speelgoed om mee te vroetel, party kort bewegingsbreuke, ens.  Wat kan ‘n mens doen om die dag meer suksesvol te maak?

Heelwat kinders gebruik ‘n vroetelspeelding om die hande besig te hou.  Vir die outjies wat nie van sekere teksture hou nie, het ons slym of flubber gemaak en binne-in ‘n geseëlde sakkie* gebêre.  Hulle speel dus met die sakkie – eerder as met die slymerigheid self.  Soms lees die outjies die resep voor en ander kere gooi hulle die droë bestanddele by, maar hoe dit ookal sy…daar is blootstelling.  Die slym of flubber is ‘n snaaksigheid en die outjies geniet dit om die resepte vir die ander maats te maak.  Ons het onlangs ‘n druppel vanieljegeursel, kaneel, skeerroom en haaropknapper liggies of bietjie-vir-bietjie by onderskeie mengsels gevoeg en die outjies het beslis meer aandag aan die mengsels geskenk.  Nie net is die spelery ‘n goeie fynspier aktiwiteit nie, maar hou dit hulle gefokus tydens luistertake.  Elkeen kry ‘n stukkie om mee te speel.

‘n Mens kan natuurlik koekiedrukkers betrek, woorde met lettervorms bou of somme met syfervorms uitlê.  Indien die outjie lang wurms vorm, kan ‘n mens spesifieke letters, vorms, syfers, ens. probeer vorm. 

In plaas van die slym of flubber, kan ‘n mens meel met ‘n tregter in ‘n ballon ingooi en die ballon toeknoop.  Die outjie gebruik dit dan soos ‘n stresballetjie.  Gebruik ook gladde of stekelrige rubberballetjies, ryg krale aan ‘n tou-armband, rubber potloodgrepies of gebruik stukkies mediese/chirurgiese pyp of buise.  Die mediese pyp/buise kan ook om stoel- of tafelpote gebind word om teen te skop of om die voete op te rus – indien theraband nie beskikbaar is nie.

Jelliekrale is baie gewild.  Ons meng soms gelyke dele mielieblom en haaropknapper in ‘n kleinerige, waterdigte sakkie en voeg slegs ‘n paar jelliekrale by.  ‘n Mens kan ook ‘n doolhof buite-op ‘n groot seëlbare sak teken of met stroke maskeerband plak.  Maak dan slym met kleurlose gom en beweeg ‘n jelliekraal binne-in die mengsel en binne-in die sakkie deur die doolhof.

Vir die outjie wat gril vir die tekstuur van sekere boeke se blaaie, gee ons handskoene (met of sonder vingerpunte), ‘n knipbord om die boek mee vas te hou of ons plaas die los bladsye in ‘n lêersakkie.

Vir die outjie wat sensitief is vir harde of skril geluide, hou ons oorbeskerming naby of ons laat hom ver van die interkom af sit.

‘n Hangmat werk goed vir ‘n paar minute se eie tyd en werk soms goed as ‘n binneshuise swaai.  Sommige outjies geniet ‘n hop– of ‘n groot jogabal (om oor te lê, te bons, op en af teen die muur te rol…) en ander wil net vir ‘n paar minute eenkant sit.  Die vollengte spieël kry baie aftrek en een outjie geniet dit om op ‘n balanseerbord te staan terwyl hy gesels.

Hierdie spesiale speeltye word gewoonlik beperk tot ‘n paar minute (2 – 5) wanneer die skoolwerk (of afdelings) klaar is.

Gesels gerus met ‘n arbeidsterapeut om idees nommerpas vir jou klas te beplan.  Watter idees gebruik julle?

*As die sluitaksie lek, vou dit om en seël met duct tape.

 

Gelukkig

Lewer kommentaar


DagvanGeluk

20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Fokus op emosies en op dinge wat ‘n mens se lewe verryk.  Wat laat jou voel asof jy behoort of inpas?  Wat kan jy doen om ander te betrek?

 

gelukkig

%d bloggers like this: