Tuis

Wiskunde, ‘n Tikkie Geluk en baie meer

2 Kommentaar


Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.

My Regte

Lewer kommentaar


Menseregtedag word op die 21ste Maart gevier.  Vind hiermee ‘n paar riglyne om in skole te gebruik.

regteskool

  1. My Regte
  2. My Regte en Verantwoordelikhede
  3. Menseregte
  4. Wat sê die Grondwet?
  5. Kinderregte A
  6. Kinderregte B
  7. My rights … Eng booklet
  8. Health Rights and Responsibilities

regte

5 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Ek het verskeie navrae in verband met Menseregtedag gekry.  Vir jong kinders, sou ek dit eenvoudig gehou het.

  • Elke klas kan een van die regte kies om in ‘n muurkaart te gebruik.  Werk as ‘n klas saam aan ‘n versiering van die klasdeur – waarin een van die menseregte verskyn.
  • Maak papierkettings om in reënboogkleure te versier en dan in die gange op te hang.
  • Trek elkeen se voorarm en hand af.  Verf, versier en knip uit.  Skryf dan een van die regte op die hand en plak die hand só dat dit lyk asof hulle hand skud.  Daar sal dus baie linker- en regterhande moet wees.

Regte en Verantwoordelikhede

reg2 reg3 reg4 reg