Ek het verskeie navrae in verband met Menseregtedag gekry. Vir jong kinders, sou ek dit eenvoudig gehou het.
- Elke klas kan een van die regte kies om in ‘n muurkaart te gebruik. Werk as ‘n klas saam aan ‘n versiering van die klasdeur – waarin een van die menseregte verskyn.
- Maak papierkettings om in reënboogkleure te versier en dan in die gange op te hang.
- Trek elkeen se voorarm en hand af. Verf, versier en knip uit. Skryf dan een van die regte op die hand en plak die hand só dat dit lyk asof hulle hand skud. Daar sal dus baie linker- en regterhande moet wees.
Feb 12, 2015 @ 12:51:46
Goeiedag Juffrou,
My dogtertjie is in Graad 3 en is bogemiddeld goed in wiskunde. Ek sal egter wil aandag gee aan haar begrip van patrone, veral groeiende patrone. Het jy dalk ‘n werksvel wat my hiermy kan help of ‘n skakel of selfs ‘n naam van ‘n boek wat hiervoor kan gebruik.
Groete
Daleen
LikeLike
Feb 17, 2015 @ 16:37:27
Middag, Daleen 😉 Ek het ongelukkig nie so ‘n voorbeeld nie, maar ek vermoed die reënboogboeke (DBE) sal dit bevat. Loer gerus hier aan die regterkant na die skakels onder die hofie “hulpmiddels” (2015 DBE Werkboeke) en ook na die skakels onder “Wiskunde”.
LikeLike
Feb 24, 2015 @ 01:48:54
O, gits. Hier sien ek nou jou vraag. Ek het per e-pos geantwoord 😉
LikeLike
Feb 12, 2015 @ 15:14:03
Baie dankie vir die oulike idees!
Riekie Brink
LikeLike
Feb 13, 2015 @ 02:29:35
Dankie, Riekie 😉
LikeLike