
Waterweek duur van die 20ste tot die 26ste Maart en Waterdag is op die 22ste Maart.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Maart 4, 2022
afrikaans water, waterweek, waterwys Lewer kommentaar
Waterweek duur van die 20ste tot die 26ste Maart en Waterdag is op die 22ste Maart.
Maart 14, 2021
2021 water, waterdag, waterweek Lewer kommentaar
Waarom is daar ‘n waterweek? Hoekom leer ons daarvan?
Fokus gerus hierdie week op praktiese idees…Wat gebeur as die skool skielik nie water het nie? Hoe gaan jy jou hande was of jou dors les? Hoekom vra die grootmense dat rommel in dromme gegooi word? Wat gebeur as ons een dag se eetgoed papiere in ‘n houer water gooi? Sal jy die water wil drink? Dink net hoe ‘n dorp se water sal lyk as almal hul rommel rondstrooi. Hoekom moet ons oor water in plekke ver van ons af bekommerd wees? Hoe raak dit ons?
Verf vandeesweek ‘n bietjie meer en fokus op die waarde van water vir klein lyfies. Hoe gebruik ander mense water en hoe gebruik ons water by die huis? Is dit altyd spaarsamig of mors ons soms?
Ons kan beslis nie al die probleme oplos nie, maar ons kan die outjies so ‘n bietjie laat wonder.
Maart 5, 2020
2020, afrikaans earth hour, water Lewer kommentaar
Praat gerus oor waterbesparing, die gebruike van water, die belangrikheid van water en waarom skoon water so belangrik is. Waar en wanneer gebruik ons dit? Wie gebruik water en kan ons daarsonder?
Plant ‘n Spekboom of twee. Wat van ‘n heining of ‘n rytjie al langs die skool se grensdrade langs? Is daar waterbronne om skoon te maak (bv. spruite, rivierwalle, ‘n strandgebied)?
Earth Hour is vanjaar op die 28ste Maart.
Bepaal dalk ‘n tydperk waar ‘n mens by die dag by die skool kan vier. Skakel die ligte af, skakel die elektronika af en raai die outjies aan om lanterns, kopligte of flitsligte te bring. Gebruik die uur om boeke te lees, bordspeletjies te speel of om tyd aan kuns en kunsvlyt te spandeer.
Hoe maklik of moeilik is dit om sonder elektroniese toebehore of elektrisiteit te wees?
Maart 23, 2019
afrikaans aarde, earth hour, grond, water Lewer kommentaar
Ons vier dalk Earth Hour ietwat meer gereeld…Gebruik dit om aan omgewingsbewaringsprojekte te dink of om ‘n paar te beplan.
Aarde dag gee ons egter die geleentheid om aan maniere te dink om ons omgewing te versorg en te verbeter.
Hoe lyk die skool se tuin? Is daar goeie ekosisteme – waar erosie beveg…waterbesparing en goeie gebruike aangemoedig word? Is daar natuurlike plantegroei wat bestuiwing sal aanwakker? Wat van projekte waar die kinders ertjie-, boontjieplante en sonneblomme aanplant? Hoe kan ‘n mens hierdie plante natlei? Vries dalk houers, vang die gekondenseerde druppels op en gebruik die water. Sal gesnyde plastiekbottels (as mini-kweekhuise) oor die nuwe plantjies werk? Is daar ‘n manier om skoenlapperruspes te laat ontwikkel en vry te laat in die tuin? Maak die strand of rivier oewer skoon. Plant bome. Samel geld in om bewaringsprojekte te ondersteun.
Is daar ‘n botaniese tuin waar ‘n mens meer idees kan bekom? Het julle ‘n natuurbewaringspesialis in die omgewing? Reël praatjies of uitstappies.
‘n Mens kan voortdurend ‘n projek per graadvlak by die skool bekend stel wat ‘n mens kort-kort aan goeie gebruike of die nut daarvoor herinner.
Maart 14, 2018
afrikaans water Lewer kommentaar
Waterweek duur van 17 – 23 Maart en op die 22ste Maart sal dit die Wêreld Waterdag wees. Waar kom jul skool of dorp se water vandaan? Reën dit hoofsaaklik in die somer of in die winter? Hoe bespaar die skool water en hoe kan ‘n mens ander dele van die land help waar daar nood is? Is daar nood in jou omgewing en hoe kan ‘n mens help?
Januarie 31, 2018
Maart 11, 2017
afrikaans water, waterweek Lewer kommentaar
Dit is binnekort waterweek – wanneer ons mekaar aan die waarde van water en die belangrikheid van besparing herinner. Loer gerus na vorige jare se idees en ook na hierdie skakels vir meer inligting om te betrek.
Maart 12, 2016
afrikaans aarde, earth hour, water, waterweek Lewer kommentaar
Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte. Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie. Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan. Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak? Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of twee voor die skole sluit.
Maart 13, 2014
afrikaans water, waterweek 2 Kommentaar
Dit is amper waterweek. Leer die outjies om waterwys te wees en loer na die idees in hierdie Engelse boekie. Leer die kleingoed om water op ‘n verantwoordelike wyse te benut deur:
Maart 13, 2010
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, ouers, skool bespaar, bewaar, water, water week Lewer kommentaar
Wêrelddag vir water is 22 Maart en volgende week is Waterweek (begin die 15de). Hier is ‘n paar aktiwiteite en mense met blink idees se gedagtes.
1. ‘n Lêertjie oor Engels klanksamevloeiings – met oulike druppels en sambrele. Jy kan dit selfs aanpas vir die Afrikaanse outjies of die leë raampies vir iets anders gebruik.
2. Die waterkringloop.
3. So kan ek help om water suiwer te hou.
4. Die VSA het ‘n paar oulike idees om kinders bewus te maak van waterskaarstes, suiwering en -besparing.
6. Water webwerf vir kinders
7. Water Wise
8. Besparing by die skool. (Video)
9. Bewarings aksies by die skool.
11. Driesie Druppel gaan op reis
Woorde