Dit is amper waterweek. Leer die outjies om waterwys te wees en loer na die idees in hierdie Engelse boekie. Leer die kleingoed om water op ‘n verantwoordelike wyse te benut deur:
- waterbekers/gieters te gebruik. Maak die klas se potplante met spesifieke hoeveelhede (bv. 1 blikkie) nat en maak dit ‘n reël.
- waterspel water te herbenut om die plante nat te lei.
- die waterspel water te gebruik om op die teer- of sementoppervlakte te skryf. Gebruik skoon kwaste en oefen patrone, syfers en klanke.
- ballonne met waterspel water te vul. Gooi en vang die ballonne met herwonne melkbottels.
- reënwater op te vang. ‘n Skool se dak het ‘n groot opvangsgebied en behoort heelwat water vir die tuin te kan opgaar.
- geld in te samel vir ‘n gerekenariseerde besproeiingstelsel vir die skooltuin.
- waterspel aktiwiteite bo-op gras uit te pak.
- druppende krane aan te meld.
- druppende krane toe te draai.
- ‘n loodgieter as gasspreker te kry.
- water uit ‘n opvangsbak te herwin tydens waterspel. Maak ‘n pypsisteem met tregters – sodat verskeie outjies gelyktydig kan speel.
- Vries ‘n strooitjie of ‘n kort stokkie in ‘n ysblokkie. Gee vir die kinders ‘n klein driehoekie om uit te knip en pons gate in twee van die hoeke. Gebruik dit as die seil vir jou ysbootjie en sien hoe dit op ‘n vlak dammetjie seil.
- Meng verf (bv. akriel) met water en vries. Plaas ‘n vel papier in ‘n vlak skinkbord en “verf” of “skryf” met die yskleure.
- Blaas borrels deur die onderkant van ‘n water- of sapbotteltjie af te sny. Trek ‘n ou sokkie oor die opening en bind met ‘n rekkie. Vul die bottel met ‘n sterk seepoplossing en water. Blaas!
- Drukbare waterbottelplakker
Inhoud
Apr 11, 2019 @ 15:28:12
Goeiemiddag, ek is nuut oie blad. Ek moet my kleinkind, sy is in Gr 2, help om die waterkringloop te bespreek maar moet van Dolla die waterdruppel gebruik maak en focus op die logiese volgorde van gebeure. Hierdie ouma sukkel so bietjie, en het raad nodig hoe om dit te doen,
Baie dankie
Alta Smit
LikeLike
Apr 11, 2019 @ 17:26:09
Middag, Alta 😉
Dit sal waarskynlik net die basiese stappe wees soos verdamping, kondensasie, neerslag (reën), ens. Gee ‘n sinnetjie per stap – asof die druppel deur die stappe beweeg, bv. “Ek verdamp as dit baie warm word. My druppellyf word lig en styg baie hoog in die lug op. Dit raak kouer hoe meer ek styg. As dit te koud raak, kondenseer al die druppels rondom my en word ons swaar…”
Loer gerus na hierdie moontlike voorbeelde.
LikeLike