verjaarsdaeverjaarsdaghofie

Screen Shot 2015-12-06 at 9.30.04Screen Shot 2015-12-06 at 9.15.00

Hoe vier julle verjaarsdae in die klas?  Dit gaan dikwels met ‘n kroon gepaard.  Gebruik viltlap indien jy die kroon weer gaan gebruik of dikkerige karton.  As jy nie die kroon lank genoeg kan maak om rondom die kop te pas nie, gebruik ‘n rekkie met klitsgras (velcro) of draai ‘n “alice band” dwars voor die voorkop.  Versier die krone met groot, glinsterende stene (verkrygbaar by kunsvlyt- of materiaalwinkels) of teken met vloeibare gom en besprinkel dit met blinkertjies.  Vir ‘n ietsie ekstra, kan jy die ouderdom voorop die kroon aanbring.  Maak ‘n getal of twee en heg dit met klitsgras indien julle die kroon weer wou gebruik.   Neem ‘n foto van die kroondraer voor die datumbord en siedaar!

 Hiermee dan so ‘n paar kroonpatrone:

Ouderdom

Ouderdomme vir die krone:

Gebruik op kroon, kaartjie, as ‘n medalje om die nek of steek dit op die klere vas.

Verjaarsdaglyste vir die muur of om in ‘n boekie te bind (bv. as geskenk):

Vlaggies en boodskappe:

Druk op gekleurde velle of bruin karton.  Pons gate bo-in en ryg gare, lint, tou, rafia of ‘n vislyn deur.

verjaar (kaartjiewoorde)

verjaarsdagvlaggies

verjaarsdagvlaggies 2

Engelse verjaarsdaglyste/maande en met kleurvolle vlaggies

wie-verjaar-500x500