Tegnologie (en aanlyn hulpmiddels) maak aanpassings en toeganklikheid vir outjies met lees en spel uitvalle ietwat beter. Google Chrome se aanvullings bied spraak-na-tik, vertalingsfunksies, en dies meer.
Die Chrome Web Store verskaf verskaf verskeie gratis opsies soos Instant Translate wat ‘n webblad kan vertaal (en selfs lees). ‘n Elektroniese stem lees die stukkie as jy op die luidspreker klik. Die vertalings is nie altyd 100% korrek nie, maar gaan beslis die boodskap oordra. Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Sesotho en Shona is beskikbaar.
Indien jy slegs die voorleesfunksie gebruik, haal dit die spanning uit al die moeilike woorde. Vir meer lees-en-luister werk, kan jy Speak It installeer. Verlig of kies die gedeelte waarna jy wil luister en klik op die luidsprekertjie.
As die outjies Google Docs gebruik, kan jy nou by die aanvullings ‘n stemherkenningsfunksie aanskakel en praat sodat die rekenaar die dokument tik. Daar is opsies vir Afrikaans beskikbaar en wanneer jy jou boodskap op geneem het, sal die woorde in die dokument verskyn. Klik op Add-ons, dan Speech Recognition (om die Suid-Afrikaanse aksent of opsie te kies) en Config om aanpassings vir die leestekens te maak. ‘n Mens sal na afloop van die skryfwerk hier en daar ‘n aanpassing maak (bv. vraagtekens invoeg), maar die program maak die taak ietwat ligter.
Read&Write for Google Chrome sal Engelse webblaaie vir jou lees en Google Translate of Mate Translate sal ‘n verligte teks lees – Afrikaans ook.
Laat 'n boodskap